Dit was bewys dat mense wat ingeënt is 9X meer geneig is om in die hospitaal opgeneem te word as wat nie ingeënt is nie.
Dit is moeilik om deesdae om een of ander rede goeie, eerlike data uit hospitale te kry. Ek het geen benul hoekom dit is nie. Jy sou dink dinge sal deursigtiger wees.
’n Besorgde geneesheerassistent, Deborah Conrad, het haar hospitaal oortuig om die Covid-19-inentingstatus van elke pasiënt wat in haar hospitaal opgeneem is, noukeurig op te spoor. Die resultaat is skokkend.
Luk. 14:15-24
“EN toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.” (:15).
“Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.” (:24).
Geliefdes, ons word uit hierdie gelykenis herinner aan iets waarmee die mens deur die eeue
heen tog so goed is – verskonings, verskonings, verskonings. Ons dink aan die eerste
geskape mense – Adam en Eva. Adam wou homself verontskuldig met die verskoning dat
Eva, die vrou wat God aan hom gegee het, hom tot sonde gelei het. Eva wou haarself weer
verontskuldig deur aan die slang die skuld te gee. En hierdie eienskap het die mens tot
vandag bygebly.
Op 1 Februarie 1999 het mnr. Jaap Marais die volgende te sê gehad oor verskoning vra. In Maart van 2021, kort voor sy afsterwe het F.W.de Klerk ook weer verskoning gevra vir die laaste keer! Kom ons vergelyk die ooreenkoms!
Die Britte skuld die Afrikanervolk 'n verskoning
Die Britse Koningin vra verskoning aan 'n Maorivolk in Nieu Zeeiand vir 'n oorlog van
150 jaar gelede. Maar sy weier om aan die Boerevoik verskoning te vra vir die Britse
gruweldade van 100 jaar gelede. Mnr Tony Blair, Britse Eerste Minister, vra
verskoning aan die lerse volk vir Britse versuim 150 jaar gelede tydens die
aartappelhongersnood van 1845-49.
MNR. THOMAS JAN VAN ELST: "TERWYL IEWERS IN DIE LAND NOG BAIE MIN PROTES KLINK TEEN DIE AFBRAAKBELEID VAN ONS TRADISIES, SAL ONS IN ALKMAAR NIE TOEGEE NIE"
Geagte leser. U sal ongetwyfel onhou het, dat die Nederlandse en Vlaamse tradisies soos die Sinterklaasfees nou elke jaar geteiken word. Dié kultuurbarbare bly die fees versteur met hul
geskree en intimidasie, afdreigings en geweld.Net in stede soos bv. Eindhoven, Breda, Arnhem ens verset die inwoners hul teen hierdie barbaarse aanvalle.
Ook in die Noord Hollandse stad Alkmaar egter lê die burgers nie wakker van al die gemors nie. Mnr. Thomas Jan van Elst waarmee ons 'n insiggewende onderhoud gehad het, beplan om tydens die intog, die res van Nederland te wys dat nie op alle plekke die inwoners geswig is vir die bogenoemde afbraakbeleid.
Sag. 7:1-14
“So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.” (:9). Geliefdes, luister na hierdie opdrag van die HERE wat deur die mond van die profeet Sagaría aan ons gebring word. Die HERE beveel ons om, in lyn met die tweede gebod, liefde en barmhartigheid aan mekaar te bewys.
Die tyd waarin ons leef is ‘n tyd waarin selfsug nie ‘n onbekende gesig is nie. Die humanistiese afgodediens speel natuurlik ‘n baie groot rol hierin.
Die mens wat in sy eie oë tot ‘n tipe van ‘n god verhef word en sy eie wil en geluk is eintlik al wat vir hom saak maak. Alle besluite wat gemaak word, is net om homself te bevoordeel. En wat die invloed daarvan op ander sal wees, is vir hierdie mens onbelangrik.
Daar was en word nog steeds verwys na die "eerste" en daarby die mees moderne demokrasie in die wêreld, wat Suid Afrika gekry het na die veelrassige verkiesing in 1994. Die insinuasie dat die blanke regering nie demokraties was nie, is in geen onduidelike terme by elke moontlike geleentheid benadruk. Nie net hier plaaslik nie, maar ook internasionaal. In kort is die Afrikanervolk as diktatoriaal, ongenaakbaar en onderdrukkers beskryf en beskou
Dit was destyds 'n propagandistiese leuen en is dit vandag nog!
SOOS DIE DOOIE PERD! apologie aan R.K.Belcher
'n Bus het hom vanmiddag doodgestamp:
nou lê hy in die drie-uur son en swel
met treksweet tot salpeterwit verdamp
en plek-plek steek sy ribbes deur die vel.
Die deurgeskuurde dye is bevlek
met papsels mis wat wat uit die pens uitstoot
en vlieë swerm in die neus en bek
Waar strooigeel tande dom kners teen die dood.
'n Trekker sal hom wegsleep uit die straat
en buite waar hy lê sal wurm en son
langsaam die lyf tot kaal gebeente stroop,
en so word hy in al ons dink en praat
meteens die skrik as ons hom op die middag sien:
die dood wat wit gryns op 'n vullishoop.