PEGIDA VOORMAN MNR EDWIN WAGENSVELD: 'EK IS BEREID OM VANWEë 'N PROTESDEMONSTRASIE WAT HEELTEMAL GEEN PROTESDEMONSTRASIE WAS 15 DAE IN DIE TRONK TE GAAN SIT"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad om 'n 3e onderhoud te hê met die voorman van Pegida ivm. 'n brief wat mnr. Wagensveld op 5 Julie gestuur het aan die Duitse offisier van justisie. U sal u ongetwyfel nog die protes teen die bou van moskeë onthou en teen die reeds bestaande Moslemse 'gebedshuise' wat werklik protesdemonstrasies was. Dit is snaaks dat die regter het geoordeel dat hierdie aksie uit 2017 ook 'n protesdemonstrasie was terwyl dit nie die waarheid was nie. Ons sal die voorman vrae stel oor sy veroordeling.
Jer. 9:1-26 “So sê die Here: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die Here is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die Here.” (:23&24).
Geliefdes, ek dink dat die meeste van ons vandag deur hierdie woorde van die Here beskaam word. Ja, ek dink dat die meeste van ons met aanhoor hiervan en ‘n eerlike beoordeling van onsself ons hoofde in skaamte laat sak.
Wat nou gebeur is presies wat apartheid ten doel gehad het om te vermy. Die vraag wat ons Afrikaners nou moet antwoord is of dit heilsaam is om ingetrek te wees by ‘n veelrassige bestel. Die getuienis sedert 1994 is nou oorweldigend dat die nuwe SA ‘n katastrofiese mislukking is. Om dit nie te erken nie, is om verraad te pleeg teenoor jou volk.
De Klerk se wigte en teenwigte lȇ aan skerwe.
Terwyl dit brand en rook en die voorsppelde anargie en chaos uiteindelik fisies sigbaar en hoorbaar oral in die land waargeneem kan word, kom die politieke vêrsig van ons Afrikanerleiers van weleer in die gedagte op. In 'n land met elf verskillende etniese volke is dit nie moontlik om hulle met dieselfde Westerse regeerstelsel gelukkig te hou nie.
Ons leiers het al gou besef dat blank en swart nie onder dieselfde regering in vrede met mekaar sal kan saamleef nie. Wat vir ons reg was is vir hulle verkeerd en andersom. Derhalwe was 'n beleid van skeiding as die enigste werkbare beginsel aanvaar soos wat dit aan die orde was onder die Britse regeerstelsels. Totdat die Afrikaner hulle juk finaal in 1961 afgegooi het en die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wetlik verfyn en implimenteer het, was die Engelse tweeslagtigheid en die binnelandse liberales se humanistiese neigings soos 'n sluimerende kiem wat ons volk bedreig het.
Joh. 1:35-52 “Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” (:48). Geliefdes, wat ‘n pluimpie is dit nie wat Natánael hier ontvang nie! Só ‘n kompliment van die Seun van God. Die oomblik toe Jesus hierdie man sien, maak hy meldig van hierdie kosbare eienskap van Natánael. Dit is duidelik dat hierdie vir Hom ‘n baie kosbare eienskap in ‘n mens is. Christus stel dit dat Hy kan sien dat daar geen bedrog in Natánael is nie. Hy kom na Christus met ‘n opregte gesindheid en nie met allerhande bybedoelings nie.
'n Ontleding van 'n reeks onopgeklaarde korruptiewe bedrywe, handelings en optrede en gebrek aan optrede van geweldige omvang het op die AVP se tafel beland waarvan die outeur aan ons onbekend is. Bepaald nie nuwe nuusnie, maar insiggewend vir die goedgelowiges wat rustig met die stroom saamdryf om dit bymekaar te kan sien! Ook vir die pryssangers van Ramaphosa en Bheki Cele wat voorkom asof hulle die reg laat seëvier het deur Zuma wat homself aangemeld het.
Waar lê die oorwig van korrupsie? By Zuma? Nee, ons dink nie so nie! Zuma was net die krokodil se snoet. Kyk na die lyf hieronder. Daar is nie genoeg water in Suid Afrika om dit te bedek nie en hy word al vetter en vetter van ons eie dom politici wat hom voer!
Zuma reis "vrywillig" kort voor die sperdatum vir sy arres 12uur nm. na Estcourt se nuwe opgradeerde gevangenis om homself aan te meld vir sy 15 maande gevangnisstraf. Op hierdie stadium is daar slegs fotos van voertuie en beskrywings van verklarings deur Zuma, maar geen foto van homself waar hy in 'n voertuig klim of sit, of uitklim by die tronk nie.