Hoe verskil die "nuwe Suid Afrika", met letwel, die mees moderne "demokratiese grondwet", van Afrika? Die donker gedeelte van Afrika? Dit terwyl ons Afrika vir letterlik honderde jare as aanskouingsles gehad het op sterkte waarvan ons deur die wysheid van ervaring, kennisname van sigbare tendense en begrip vir die gevolge daarvan, 'n beleid op beginsel aanvaar en toegepas het tot wedersydse baat vir elke volk hier ter plaatse.
16 JUNIE 1901 DIE AANVANG VAN DIE BRITSE MOORDKAMPE STAAN TEENOOR MAAR OOK PARRALEL AAN DIE ONWETTIGE GEWELD EN PLUNDERY VAN 16 JUNIE 1976 IN SOWETO
Vandag 16 Junie 2021 is ‘n amptelike vakansiedag met die naam Jeugdag soos bepaal deur die onwettige ANC-regeerders oor ons Volk in ons wettige Vaderland. Hierdie dag het sy ontstaan by
die wettelose geweld en plundery op 16 Junie 1976. Op daardie dag het ‘n geskatte 10,000 tot 20,000 skoolkinders aangehits deur die binnelandse anargiste van die destydse terroriste bewegings in die strate van Soweto met ‘n opmars na die Orlando-stadion begin. In hulle opmars het hulle al wat voorkom geplunder, vernietig en aan die brand gesteek. Die polisie was genoodsaak om die oproeriges met traanrook en later geweervuur onder bedwang te bring. In die geweld het 176 mense omgekom.
DANIËL 10
DAAR VERSKYN 'N ENGEL AAN DANIËL OM HOM IN TE LIG OOR DIE TOEKOMS VAN DIE JOODSE VOLK.
101IN die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is 'n woord geopenbaar aan Daniël wat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.
2In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.
3Smaaklike spys het ek nie geëet en vleis en wyn het nie in my mond gekom nie; en ek het my glad nie gesalf nie, totdat drie volle weke om was.
Brian Shivambu het 'n erkenning van skuld vir R4.55 miljoen met Vele Investments (VBS se hoofaandeelhouer, gesteun met VBS-geld), onderteken terwyl hy erken het dat daar "geen verdienstelike grondslag vir die betaling" was nie. Dié toelating is "beskerm" deur 'n vertroulikheidsklousule waarop sy prokureurs aangedring het. Dié R4,55 miljoen is slegs 'n gedeelte van die groter bedrag van sowat R20 miljoen in VBS-buit wat aan die EFF en sy leiers gekanaliseer is.
In antwoord op die artikel van Solidariteit van Maandag 8 Augustus 2016 met die gelyknamige opskrif. 'n Mens staan verstom op die ongelooflike vermetelheid van die liberaliste van ons tyd! Die onbeskaamde gees van ontkenning van die waarheid en die werklikheid vir die gevare en simptome wat in hierdie artikel beskryf en bespreek word asof dit bloot die regime se fout is, verbyster 'n mens!
Ieder en elk van die probleme waarna in hierdie artikel van Maroela Media verwys word, is al sedert 1912 en deurlopend daarna deur elke nasionalistiese Afrikanerleier behandel en die gevolge daarvan uitgespel en daarvoor gewaarsku. Ook die kleurlinge en Indiërs is spesifiek deur dr. Verwoerd gewaarsku dat as die beginsel van afsonderlike Ontwikkeling versaak word, hulle nie onaangeraak sal bly nie!
1 Sam. 16:1-13
“Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (:7).
Geliefdes, hierdie kosbare les uit die Woord van God moet ons dalk meer gereeld in ons dae hoor. Ja, die mens van ons tyd wat so maklik met dit wat voor oë is, bekoor word. Hierdie ydelheid en oppervlakkigheid het tot gevolg dat die mense met baie geld deesdae diegene is wat aansien geniet. Dit is die mense wat in leiersposisies en posisies van mag beland – ongeag of hulle bekwaam is en oor die wysheid hiervoor beskik al dan nie.
Nee, bepaald nie! Om die waarheid te sê, dit kom al uit die Bybel se tyd. JOSUA 2:10 "want ons het gehoor dat die Here die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het"