Terwyl in 'n magsposisie, met Afrikaners nog in beheer van Suid Afrika, was die selfbeskikkingsbepleiters van huidig, juis diégene wat die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling teëgestaan het. Dié beginsel wat uit dure ervaring uit die geskiedenis na vore gedruk is om selfbeskikking vir elke volk in Suid Afrika te verseker. Die énigste beginsel wat ons Afrikanervolk instaat gestel het om temidde van elf ander nie-blanke volke oor onsself te beskik!
Met daardie beginsel as deel van ons grondwet het ons volksvoorgangers Suid Afrika uit die wildernis ontworstel, tenspyte daarvan dat hulle ook nog moes stry teen barbaarse aanvalle wat geloods was vanuit swart geledere om te plunder en te steel en selfs te moor, instede daarvan dat hulle ook die gebiede wat hulle beset het opgebou en ontwikkel het soos die blanke.
Die AVP vestig u aandag op 'n toespraak van sy leier op 31 Mei 2003 toe hy nog lid van die Herstigte Nasionale Party was. Die politieke rigting van die Nasionale Party wat die HNP voortgesit het nadat dr. Verwoerd vermoor is in 1966 en die NP daardeur ook sy koers verloor het, blyk duidelik uit ons leier se toesspraak van 2003. Dit was die beleid en beginsels waarop ons Afrikanervolk sedert 1948 leiers gekies en gevolg het en dieselfde beleid en beginsels waarin die Afrikaner Volksparty vandag nog geanker is en poog om ons volksgenote te oortuig om daarna terug te keer!
Standvastigheid is 'n bate in die politiek en nie pragmatisme en manteldraaiery na al die verskillende windrigtings op sterkte van die Engelse "Winds of change" nie!
OPENBARE VERGADERING VAN DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY OP 31 MEI 2003 IN DIE GOEDEHOOP LAERSKOOLSAAL SECUNDA
Temidde van sterftes en nadelige effek van inentings rondom ons, waarsku Ramaphosa van meer beperkings indien daar nie gehou word by sy nuwe beperkings op by-eenkomste, masker en afstandbeheermaatreëls wat hy ingestel het om die "pandemie" wat nie bestaan nie te beheer!
Waarmee is die man besig? Is hy só vasgevang deur sy internasionale "raadgewers" dat die toenemende bewyse van die grootste sameswering in menseheugenis by hom verbygaan? Het hy nie kennis geneem van die terregstellings in Nuremberg Duitsland in 1946 vir dieselfde oortredings waaraan hy homself skuldig maak saam met almal wat hierdy betrokke is?
"MNR. JEF ELBERS: "HIERDIE BOHAAI IS DUIDELIK 'N GEVAL WAT VOORTVLOEI UIT WOKE NONSENS"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad om 'n interessante onderhoud te hê met die Vlaamse sanger mnr. Jef Elbers. Meneer is sedert die Vlaams Blok opgerig het lid van hierdie politieke party en later, toe deur die hof hul hul naam moes verander vanweë 'rassisme', lid van die Vlaams Belang.
Die kunstenaar het in die loop van die tyd baie liedjies geskryf wat insiggewende tekste had soos 'In het midden van het gewoel', 'Mohamed Ambras' en 'De straten van Molenbeek' en 'Eer Vlaanderen vergaat'.
Vanweë sy kritiese tekste het die uitsaaikoörporasie BRT (Belgiese Radio en Televisie) en later VRT(Vlaamse Radio en Televisie) die besluit geneem om die sanger te boikot vanuit alle fronte.
By hierdie beslissing het ook 'n rol gespeel dat Jef dit gewaag had, om vroeër by 'n kongres van Vlaams Belang sy opwagting te maak. Ons sal hom oa. vrae stel hoekom 'n foto van 'n net sagte sponslekker in sy sjokkelade omhulsel soveel konsternasie veroorsaak het, sodanig dat 'n minister verskoning aangebied het.
Onder die bo-vermelde opskrif bevraagteken Elsabé Brits die waarskuwings teen inentings as fiksie en "dodelik". Die enigste afleiding uit haar betoog wat 'n mens kan maak is dat jy jou moet laat inent, omdat haar verklaring en verduideliking die waarheid is. Daarmee vee sy alle ander verklarings van proffessionele wetenskaplikes en selfs die verklarings van ontwerpers van sekere entstowwe van die tafel af! Sy bly ook ingebreke om te sê of sy haar laat ent het en met watter entstof?
Romeine 6:1-23 “As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (:8-11). Geliefdes, besef u dat daar baie kerkmense is wat nie die hemel gaan beërwe nie? Ja, daar is baie mense wat voor ‘n gemeente hul geloofsbelydenis afgelê het, maar nie deel het aan die koninkryk van God nie. Daar is talle mense wat in naam “Christene” is, maar beslis is hulle dit nie in hul hart en wese nie.
Tenspyte van herhaalde ontkennings op wetenskaplike gronde, hou regerings aan met publikasie deur die media van fiktiewe syfers van infeksie wat nie die positiewe of negatiewe toestand van besmetting kan bewys nie. Daarbenewens word die vreesdrywing van 'n sogenaamde "pandemie" wat in skynbaar vooraf bepaalde vlae op gegewe tye, die mensdom bedreig, volgehou!
Wat anders as die eerste volskaalse aanslag van die "Nuwe Wéreld Orde" om te beproef tot watter mate hulle daarin kan slaag om die ganse mensdom tot onbestrede gehoorsaamheid te dwing. Oppad na een wéreldregering, een godsdiens, een taal, een gemeenskaplike kosmopolitaanse wéreldbevolking!