Die gesamentlike besluit van die "minister" van polisie en die "kommisaris" van polisie om nie teen Zuma op te tree ingevolge die beslising van die hoogste hof in Suid Afrika, word beskou as nog 'n oorwinning van Zuma teen die reg! Tot en met die Afhandeling van die litigasieprosesse wat Zuma aan die gang gesit het met sy vertoë na die Hooggeregshof in Pietermaritsburg om 'n interdik teen sy arrestasie, kan hulle nie teen hom optree volgens dié twee "justisiemanne".
Terwyl Juniemaand se plaasaanvalle en moorde die voorafgaande maande se syfers opvolg en selfs daarop verbeter, skuif dit na die agtergrond terwyl Zuma die Grondwethof se gesag tot die uiterste beproef.
Met ondersteuning uit Zulugeledere wat saam met die Mkonto We Siswe oorlogsveterane onderneem het om te sorg dat Zuma nie ge-arresteer of toegsluit word nie, is dit interressant om te sien hoe die werklike vyande van Suid Afrika wat agter die skerms knoei, hulle bes doen om militêre konflik te vermy.
Dit was dr. Willie Lubbe wat by geleentheid gesê het: "Moet nooit jou gewete ignoreer nie, omdat jou gewete geskool is uit die Bybel". In wese beteken dit dat jy aanspreeklik is vir wat jy sê of doen of selfs dink en beplan en jou gewete jou daaroor adviseer het, hetsy positief of negatief.
By nadere ondersoek bevind ons dat dit inderdaad 'n beginsel uit die Bybel is. Naamlik om nie jou gewete te ignoreer, wat as riglyn vir 'n gelowige 'n geweldige betekenis het.
MNR. STEEF DE BRUIJN: "DIT IS VIR MY DIE ALLERBELANGRIKSTE DAT ONS LESERS ALTYD DAAR STAAT OP KAN MAAK DAT HULLE 'N KOERANT KAN LEES WAT SY CHRISTELIKE BEGINSELS HOOG IN DIE VAANDEL HET STAAN".
Geagte leser. U sal u ongetwyfel nog die vraaggesprek onthou, wat ons op 15 Mei nav. 50 jaar Reformatoriese Koerant gehad het met ds Oosten. As vervolg op waar ons storie geeindig het, was mnr. Steef de Bruijn, die huidige hoofredakteur van hierdie koerant bereid om nog meer te vertel oor al die jare dat die RD nou reeds mag bestaan. Met hom maak ons 'n reis deur die tyd en beleef u as leser hoe die dagblad hom ontwikkel het.
Hos. 6:1-11 “En laat ons ken – laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (:3). Geliefde, ken ú die HERE? Luister mooi – ek vra nie of u van Hom weet nie – ek vra: “KEN u die HERE?” Daar is bepaald ‘n verskil om te weet van iets of iemand en om iets of iemand te ken. Ek weet byvoorbeeld dat my motor ‘n enjin het, maar ek het baie min kennis van die werking daarvan.
Dit is 'n verhaal getrou aan Afrika gedrag. 'n Oordosis van selfvertroue is 'n baie sterk wapen om dom stemvee wys te maak dat jy rein van hart is. Dit verseker 'n indrukwekkende swendelaarsloopbaan in Afrika politiek. Die triekster projekteer 'n transmorfikasie om sy prooi (die kieser) te bedrieg. Op 'n ironiese en dubbelsinnige manier bly die dom stemvee steeds aan sy kant omdat hy hom onderskei in die uitoefening van “how to beat the system”.
1 Pet. 1:13-25
“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap; omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam sonder gebrek en vlekkeloos,” (:15-19).
U het sekerlik al gehoor – “niemand is volmaak nie.” En dit is ook heeltemal waar geliefdes.