
As die steelbare belastinggeld en ander bronne soos krag en water nie meer genoeg oplewer om die geldhonger amptenare, ministers en veiligheidsdienste onder die tafel deur te befonds nie, is daar darem nog altyd die petrol, diesel en parafien wat 'n ietsie kan bybring. Die volgende nuwigheid is TV en selfoonbelasting wat moontlikhede inhou, saam met minimum loonverhogings. Die beplanning om alle maatskappye, BK's en privaatondernemings te dwing om hulle arbeidsmag, bestuur en direksies volgens die bevolkingsdemografie in te rig sal ongetwyfeld die kameel se reeds geknakte rug 'n finale nekslag toedien!
Die opskrif in hierdie mediablad is betekenisvol. Dit val op dat daar onmiddellik twee sake is wat die oog vang. Die eerste is dat dit 'n swarte is wat die opmerking maak. 'n Aanduiding dat na na bykans 27 jaar se wanprestasie, en in alle waarskynlikheid deur iemand wat iewers ingedoen is, openlik kritiek teen die ANC deur 'n swarte uitgespreek word in die media.
DIE ACE HOUDING
Dit is baie duidelik dat Ace Magashule nie soos 'n slagskaap, weerloos in die drukgang tronktoe gedruk gaan word nie. Die interressante ding is dat die media hulle bes doen om Ramaphosa voor te hou as die party wat die meeste steun het en besig is om die oorhand te verkry, gemeet aan sy ontvangs in Oos Transvaal waar hy met werwingswerk doenig is.
Gal. 1:1-21
“terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.” (:16).
Geseënd die Naam van onse Here Jesus Christus! Hy aan Wie ‘n naam bo elke naam gegee is nadat Hy in volkome gehoorsaamheid aan God die Vader ons Saligmaker geword het.
DOMINEE KORT: "EK IS BEREID VIR DIE SAAK VAN CHRISTUS TE STERF"
Geagte leser. In hierdie derde onderhoud met ds. Kort, die predikant van die Mieraskerk van die Ou Gereformeerde Gemeente sal ons hom vrae stel oor wat aangegaan het op Sondag 28 Maart.
Toe is die kerkgangers wat 'n diens wou bywoon namelik lastig geval deur talle joernaliste, wat by die ingang gestaan het en ongevra mense 'n mikrofoon onder hul neus gestoot het. Hierdie kerk het dit namelik gewaag, ondanks die riglyne wat die outoriteite uitgevaardig het om meer as 30 mense toe te laat. Baie kerkgangers het hul so bedreig gevoel dat enige van hul vies geword is dat die Pers nie die Sondagsrus gerespekteer het nie. Hulle het een verslaggewer geslaan in sy maag en gesê dat hy moet vertrek.
Die voorval het geresulteer in 'n vuurwerkbom wat op Dinsdagmôre 30 Maart omstreeks halfvyf deur onbekende gegooi is en die voorkant van die kerk beskadig het. Op Woensdag 31 Maart het die predikant by sy huis 'n dreigbrief ontvang waarin aangekondig word dat die gebou aan die brand gesteek sal word. Sedertdien bewaak die polisie die kerkgebou.
Die onderstaande artikel is uit ander media bronne geneem en vertaal om u insae te gee na die mate van veiligheid en beskerming wat u te wagte kan wees terwyl hierdie karakters in beheer is! Kan 'n mens verkwalik word as jy in die lig van hierdie inligting sinies is oor de Klerk se nalatenskap?
Die Nasionale Polisiekommissaris wil sy kant van die storie gee oor die 'Nasrec-gryper' (Grabber)

Nasionale polisiekommissaris-generaal Khehla John Sitole veg vir behoud van sy werk.
Sitole veg in 2021 vir sy werk nadat minister van polisie Bheki Cele 'n ondersoek gelas het na sy bevooegdheid om sy amp te beklee in die lig van 'n striemende hooggeregshofuitspraak dat Sitole en twee van sy adjunkte hul pligte oortree het.
Misdaad is buite beheer oral in die land en wanneer Boere optree om hulle en hulle eiendom te beskerm teen opstokers en aanvallers, word hulle toegesluit!
Misdaad konsentrasiekolle soos Khayelitsha, Delft, Kraaifontein, Nyanga Harare, is in die top-30 Philippi-Oos polisiestasiegebiede, met die meeste kontakmisdade soos moord, poging tot moord, gewelddadige roof en seksuele misdrywe. In die afgelope week en gedurende die langnaweek is 100 mense dood deur messteek óf is in dié provinsie doodgeskiet.