Jos. 24:1-33
“Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.” (:14). As daar nou ‘n tyd was waar dit nodig was vir die mens om hierdie woorde te hoor, was dit in ons tyd. ‘n Tyd waarin godsdiens deur mense ingespan word om bekendheid te verwerf, hulself te verryk en hul eie eer te soek. Die Here Jesus Christus het ons hierteen gewaarsku, geliefdes. “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.” (Matt. 7:15). “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.” (Mark. 13:22).
Ek wonder of u ook die ironie raaksien, geliefdes?
In die onderstaande artikel uit Global Research (Met erkenning aan dié mediabron se prysenswaardige joernalistieke moed), as 'n waarskuwing aan elk en almal wat bereid is of oortuig is om inge-ent te word teen Covid 19, dat hulle gesondheid en selfs lewe deur die entstof waarna in die artikel verwys word, op die spel is.
Verder dien hierdie verwysing om aan elkeen wat siek word van hierdie "entstof" nadat hulle ge-ent is, dat daar in terme van die Nurenberg Kode en verwante beskerming, 'n misdryf teen u gepleeg word, wat as 'n misdryf teen die mensheid beskryf word en in alle waarskynlikheid met die dood strafbaar is.
Dit is duidelik dat Suid Afrika op elke lewensterrein besig is om drasties agteruit te gaan. Polities word daar 'n sluier getrek oor hierdie verval deur die fiktiewe "pandemie" en opgeblaasde syfers van "positiewe" infeksies en sterftes wat verband moet hou met die Covid19 virus, terwyl daar in die Kempton Park, Johannesburg en Pretoria ongekende ontwikkeling besig is om plaas te vind.
Rom. 10:1-21
“…Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (:8-10).
“Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (:13).
Geliefdes, die meeste van ons het sekerlik al gehoor dat ons in Jesus Christus moet glo om
gered te word.
ESEGIËL 18
181VERDER het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
2Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?
3So waar as Ek leef, spreek die Here Here, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.

Die WGO bevestig dat die Covid-19-PCR-toets gebrekkig is: Ramings van "Positiewe Gevalle" is betekenisloos. Die inperking het dus géén wetenskaplike basis nie
By Prof Michel Chossudovsky Global Research, 26 Maarct 2021
Die "Real Time Reverse Transcription Polymerase Chain Reaction (rRT-PCR) toets is op 23 Januarie 2020 deur die WGO aanvaar as 'n manier om die SARS-COV-2-virus op te spoor, na aanleiding van die aanbevelings van 'n Virologie-navorsingsgroep (gebaseer op Charité Universiteitshospitaal, Berlyn), ondersteun deur die Bill and Melinda Gates Foundation. (Vir verdere inligting sien die Drosten Studie)
Núm. 14:1-45
“Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en
oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die
vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.” (:18).
Hierdie gelese gedeelte is maar een van vele gedeeltes waarin ons leer dat God lankmoedig
is. Ja, Sy kneg, Moses, getuig van hierdie lankmoedigheid van God in Exodus 34:6. ”...HERE,
HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;”.