Die Covid 19 Pandemie se entstofprogram word befonds deur filantrope, mediese fondse reserwes en skuld. Die ANC se sakevleuel, die Progressiewe Sakeforum (PSF), beding vir sy lede wat gehelp het om die party te finansier, om 'n aandeel vir hulle van die kontrakte vir die entstofvoorsieningsketting te verseker, is die mening van Kganki Matabane, die HUB van die "Black Business Council".
Luk. 1:46-56
“EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my
Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk,
van nou af sal al die geslagte my salig noem.” (:46-48).
Wat ‘n lieflike lofsang uit die mond van Maria! Sy maak ook in hierdie lofsang van haar aan
ons een van die redes bekend waarom God haar uit soveel mense tot hierdie grootste eer
verkies het. Dit was nie omdat sy een van die aansienlikste vroue in haar tyd was nie. Dit
was nie omdat sy van buite een van die beeldskoonste vroue was of uit een van die mees
welgestelde families gekom het nie.
"Nee, hoekom moet ons 'n persoon skors wat glo in dit waarin hy glo?" was Ace Magashule, ANC Sekretaris Generaal se kommentaar op media vrae. President Zuma het niks verkeerd gedoen nie, sê Magashule IOL Reporter 14 hrs ago. ''President Zuma is 'n Suid-Afrikaner. Hy het sy eie regte, sodat jy my nie kan vra om namens President Zuma te praat nie... President Zuma het die reg om te doen wat hy wil doen.''
Hierdie gesprek met Magashule het veel meer om die lyf as wat die media wil voorgee. Dit het veel meer te maak as met Magashule se eie korrupte en misdadige rekord wat hy probeer verskuil agter Zuma se uitdagende optrede om hom nie te onderwerp aan hofbevele om voor die Zondo kommissie te verskyn nie. Verder het dit veel te make met waarom Ramaphosa feitlik magteloos is.
“Ek sê ek wil bieg. Ek dink ek moes Flip Buys se idees oor selfversorgendheid al vroeër ernstig opgeneem het.” (Max du Preez)
Só het Max du Preez verlede week in sy Vrye Weekblad-rubriek “Maandag met Max” geskryf. Hierop het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, onder meer soos volg in Rapport gereageer:
Du Preez wat in voorkoms en politieke insig nie veel verskil van Niehaus nie, bieg nou oor Flip Buys se onlangse "Nugterheid" oor die sigbare tekens van verval in Suid Afrika wat hy nie wou glo uit die voorspellings van dr. Verwoerd nie, ook nie van mnr. Jaap Marais nie. 'n Federale werklikheid?? Het Buys dan niks tussen sy ore nie? Ek wil nie eers vra van du Preez nie want duidelik is daar net 'n lugleegte! (AVP)
Spreuke 3:1-35
“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (:6).
Ons moet baie versigtig wees hoedat ons met hierdie woorde van God handel, geliefdes. ‘n Mens sien so maklik dat mense ‘n mooi belofte soos hierdie, ‘n wonderlike versekering soos hierdie, kan probeer buig om hul in die gehoor te streel. Maar tog, geliefdes, die mens kan probeer buig en verander aan God se woorde soos hy wil, maar daar is geen sterfling wat Hom daardeur sal kan dwing om na die mens se hart te handel nie.
In die lig van die afgelope 26 jaar van Swart Meerderheidsregering, saamgestel uit Kommunistiese Terroriste wat die "Freedom Charter" as bloudruk vir hulle regeringsdoelwitte gebruik, is Afrikanerbesinning dwingend noodsaaklik!
Hierdie noodsaak vir Afrikaners het sy oorsprong in die duidelik uitgesproke en sigbare afwyking van die eens algemeen aanvaarde beleidstrewe van Genl. Hertzog, naamlik " Suid Afrika Eerste", na "Black First Land First" wat neerslag gevind het in Continuous Black Hand First!
1 Tim. 6:3-21
“Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.” (:6).
Ons leer hier van twee besonderse kosbare deugde, geliefdes – godsaligheid en
vergenoegdheid. Ja, deugde waarvan die hedendaagse mens min besit. En boonop is daar
seker nog minder mense wat hierna streef.
Daar lê vir ons ‘n fyn waarskuwing in God se Woord van die skade wat onvergenoegdheid
ons kan berokken.