Die omstrede President van Belarus, Alexander Lukashenko het die bewering gemaak dat die 500biljoenrand wat deur die IMF aan Suid Afrika geleen is, 'n persoonlike omkoopaanbod aan Ramaphosa was om Suid Afrika in grendeltoestand te plaas en daar te hou.
Lukashenko beweer dat die IMF hom $940 aangebied het met voorwaardes daaraan gekoppel van uiterste inperkings interme van die Covid "pandemie". 'n Bietjie navorsing het ons uitgebring by 'n vraag en antwoordsessie van die IMF waar 'n ondersoekende joernalis, Matthew Lee, hierdie vraag aan Gerry Rice van die kommunikasie Departmentvan die IMF OP 10 September 2020 gevra het. Die AVP plaas daardie uittreksel uit die onderhoud sodat uself kan besluit wat die doel van die "lenings" is:
Dit is hierdie gewaande "briljante" selfaangestelde "leiers" wat hulle aanmatig om namens en vir die Afrikanervolk die "nuwe" politieke weg aan te dui en in hulle slimmigheid alle waarskuwings vanweë hulle "beterwete" oorboord te gooi. Hulle aandeel in die remming van ons volk se vryheidstryd kan nie meer bekostig word nie en daarom die herhaalde plasing van relevante artikels om volksgenote opnuut te wys op die gevaar waaraan hierdie liberale postmoderniste ons volk blootstel! As hulle na al die moorde, korrupsie en voortstuwing na totale uitwissing van ons volk nog nie oë het om te sien en ore om te hoor nie, sal ons kranksinnig wees om nie van hulle af te skei nie!
Sou hulle erken dat hulle fouteer het, is daar vooruitsig vir samewerking binne die riglyne van wat ons weet en bewys het dat dit werk!
1 Samuel 15:1-35
“Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE
verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (:22&23).
Saul gaan vir Samuel ewe selfvoldaan tegemoet nadat hy teruggekom het van die oorlog teen Ámalek. Hy het ‘n groot oorwinning behaal. Hy het die vyand se land met die banvloek getref. En dan het hy boonop met ‘n groot buit teruggekom wat hy van voorneme was om
aan die Here te offer.
RAS: 'DIT BESTAAN NIE' sê Jurie van den Heever en Chris Jones op 16 November 2020 in Nuus 24 se Beeldkoerant. Daar is net één ras, verklaar hulle, en dit is die menseras! Nou hoe nou? Ras sê hulle, bestaan nie, maar dan sê hulle daar is 'n ras! Is daar nou 'n ras of is daar nie 'n ras nie?
Indien jou vermoë om jouself verstaanbaar uit te druk só ver tekortskiet is jy bepaald 'n gevaar vir die samelewing, wat nog te sê vir die studente wat jy op Universiteit moet oplei? Dit was professor Lyle Rossiter, skrywer van die boek "The Liberal Mind" wat gesê het dat as jy dit wat jy met jou oë kan sien nie glo nie, moet jy kranksinnig wees!
Daar is verskillende beesrasse, honderasse, wildrasse maar nie mensrasse nie? As die omstandighede só dwingend geword het dat die vrees om 'n rassis genoem te word jou die waarheid en die werklikheid só akademies laat beknoei dat dit nie meer bestaan nie, dan verval die ou Afrikaanse gesegde dat perdedr...e nie vye is nie! Jy kan dit dan maar eet vir vye want dan is daar mos nie meer verskil nie, of hoe?
Is daar aan die hand van onderstaande kriteria nog Afrikanerleiers sigbaar? Kan 'n Afrikaner, of selfs 'n Boer as u wil, wat sy gewig agter die VF-Positief of DA ingooi regtig ernstig wees met ons volk se toekoms?
Die Afrikanervolk het ʼn geskiedenis wat ryk is aan voorbeelde van voortreflike, intelligente en beginselvaste leiers. Daar was helaas ook die uitsonderings! In terugskouing was dit die eerstegenoemdes wat die Afrikanervolk tot hoë hoogtes gelei het. Wat ‘n swart, Kommunistiesbeheerde meerderheidsregime nou al vir meer as twintig jaar met hulle Afrikamentaliteit nie ten gronde kon rig nie, is dié wat in die ná era van Verwoerd gekom het en beginsel en beleid versaak het.
Markus 8:28-34
“En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” (:31).
Die naasteliefde – so ‘n kosbare deugde waaraan ons samelewing ‘n geweldige gebrek aan het. En hoe ‘n groot bydrae het dwaalleraars nie in die vernietiging daarvan nie. Hoe groter die verkondiging van ‘n skewe “God is NET LIEFDE” teologie word, hoe kleiner word die mens se liefde vir God en vir sy naaste. Ja, hierdie ketterye dat jy onder die “sogenaamde liefde van God” maar net elke begeerte wat in jou hart opkom kan navolg en dat daar géén skepsel so kosbaar en dierbaar as jy is nie is soos petrol op die vuur wat ons liefde vir God en die liefde vir ons naaste verteer. Ja, daardie vuur van selfsug en selfliefde wat ‘n spoor van verwoesting agterlaat.
"SKRIBA MNR ALBERT BOUWMAN: "ONS HET NOGTANS DIE KORONA REËLS GEHANDHAAF, DUS DIE VERWYTE AAN ONS ADRES IS ONGEGROND EN NIE TEREG NIE"
Op Sondag 4 Oktober het daar 'n bohaai ontstaan omdat die Herstelde Hervormde Dorpskerk van Staphorst in totaal drie dienste toegelaat het en dat daar 600 gemeente lede aanwesig was. Op hierdie dag het die koerante en televisie opname gemaak en kerkgangers belaglik gemaak en heeltemal geen rekening gehou met die Sondagsrus nie.
Deurdat buitedien die 'nuus' na buite gebring is dmv. die nuusbulletins het baie mense skande gepraat oor hierdie kennelike' oortreding van die koronareëls. Die gevolge is nie uitgebly nie.
Die skriba mnr, Bouwman waarmee ons nav. hierdie konsternasie, 'n baie insigewende onderhoud gehad het, het aan ons gesê dat nadien allerhande verwensings, bespottings en hoon sowel per e-pos as per telefoon sy deel en dat van sy eggenote was.
Wat net 'n storm in 'n teekoppie was, het gely tot algemene afkeuring en vrae soos bv. 'Hoekom mag hierdie kerk wel soveel mense binnelaat en sportklubs nie'. Dat hierdie verwyte nie tereg is nie, wys die feit dat mense verdeeld was oor drie dienste en dat daar alles aan gedoen was om die afstand van 1,5 meter te waarborg.