Daar was in die tyd toe mnr. Jaap Marais voorspel het dat hierdie bestel deur geweld uitmekaar sal spat, baie Afrikaners wat dit nie geglo het nie en nou nog baie wat dit nie glo nie. Sy oordeel was dat omdat daar, soos in Afrika'n onverdraagsaamheid tussen die onderskeie swart etniese volke bestaan. die potensiaal vir botsing in Suid Afrika veel hoër is vanweë die groter verskeidenheid ter plaatse.
Ramaphosa se beste pogings en uitsprake om korrupsie aan bande te lê, kon dusvêr die ekonomiese agteruitgang nie stop nie! Die oorsaak, of jy dit wil glo of nie, het nie 'n ander oorsprong as binne getallepolitiek nie. In 'n veelvolkige samelewing waar jy 'n samevoeging van verskeie etniesanderse swart volke in 'n een-mens-een-stembedeling het, het jy 'n resep vir onderlinge weerstand van een volk teen 'n ander!
Vir 'n Venda om gesag te handhaaf oor 'n Zoeloe of 'n Khôsa sonder weerstand, is wensdenkery en in elkgeval, 'n oefening waarmee hy sy lewe op die spel plaas. Maandelange ondersoeke, skorsings met vol betaling, komisies van ondersoek, herontplooiing van kaders en derglike eierdanse is die enigste wyse waarop so 'n "president" en/of amptenaar sy pos en lewe kan behou. 'n Effektiewe maatreël teen korrupsie maak egter nie deel uit van al hierdie speletjies nie.
VLAAMS BELANG LID MNR. OSWALD NAUDTS: "ONS HET NET 'N VREEDSAME BETOGING GEHOU OM DIE SLAGOFFER VAN GEWELD DEUR MOSLEMSE VUILGOED 'N RIEM ONDER DIE HART TE STEEK. HIERDIE SOVEELSTE VOORVAL IS DIE STROOI WAT DIE KAMEEL SE RUG GEBREEK HET"
Geagte leser. Dit sal u bekend wees dat daar in Nederland en Vlaanderen nou amper daagliks geweld gepleeg word deur Islamitiese vreemdelinge wat dikwels as vlugtelinge in België beland.
Op Sondagmiddag 11 Oktober het 'n seun afkomstig uit die dorpie Puurs die slagoffer geword van gruwelike mishandelinge en vernederinge in die ingangsportaal van die biblioteek van Puurs. Die Vlaamse seun is skielik omring deur 'n groep immigrante, is in die ingangsportaal gedruk en toe uitgebreid mishandel. Die oortreders het foto's van hul wandade gemaak. Die seun word geslaan, gestamp, met vuiste en voete hanteer.Hy word gedwing om op sy knieë te gaan deur daardie geweld: 'n rasvernederende daad wat deur die BLM-terreurbeweging in die VSA ingestel is. Dit dwing ook blankes om voor immigrante te kniel. Die Vlaamse seun word ook gedwing om lawwe danspassies te maak. As dit nie vinnig of breed genoeg gedoen word nie, sal hy weer getref en getrap word. Nav. die soveelste geval het Nasionaliste die plan opgevat om op Vrydag 16 Oktober 'n vreedsame protesdemonstrasie te hou op op hierdie wyse te laat weet dat genoeg genoeg is en ook om die seun en sy ouers 'n riem onder die hart te steek. Dat die andere Moslems hierdie gebaar nie waardeer nie wys die geval dat toe die deelnemers na 'n toespraak wou verder loop 'n motor met daarin drie vreemdelinge baie vinnig op hul in af gery het. Ons het nav die feit én die protesdemonstrasie 'n baie insiggewendevraag gesprek gehad met een van die deelnemers, meneer Oswald Naudts.
Deut. 6:1-25
“Hoor, Israel, die HERE onse God is ’n enige HERE.Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.” (:4-8).
Die Here herinner Sy volk daaraan hoedat Hy hulle van hul slawerny in Egipte verlos het. Hy beveel hierdie volk wat Hy vir Homself as eiendom verkry het om hulself met oorgawe aan Hom te wy. Hy eis hul onverdeelde liefde en trou.
Kuisheid volgens oudregter Johan Kriegler, is gelyk aan "vry en regverdig" wees. Of hy dit nou net bedoel gehad het met betrekking tot verkiesings in Afrika, is moeilik om te sê as die verloop van veral die politiek in Suid Afrika na daardie veelbewoë 1994 verkiesing in aanmerking geneem word.
Nietemin kan daar met stelligheid vanuit veral behoudende Afrikanergeledere 'n geldige befronsing geskyn word op die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing! Was dit dan nie juis ons "regse" Afrikaners wat met 'n geldige verwagting van oorweldigende welslae op die uitkoms van die ja/nee referendum, gebaseer op die voorafgaande tussenverkiesingsuitslae, ontnugter is met die onverwagte oorwinning van die ja-stemmers nie?
1 Joh. 2:3-17 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (:15-17).
Geliefdes, wat ‘n uitdagende vermaning is dit nie wat ons hier ontvang nie! Ja, as ons absoluut eerlik moet wees, sal ons ruiterlik erken dat ons almal dikwels hierin struikel. Ons is dan hier op aarde. Ons leef dan hier. Ons bring dag na dag ons tyd hier deur. En in die proses streef ons daarna om die tyd hier benede so gelukkig as moontlik te wees. Ja, ons wens om voorspoedig en gelukkig te wees. Ons raak ongelukkig dikwels in die nastrewing van ons geluk en voorspoed so maklik daarin verstrengel om ons doelwitte te bereik dat ons God se wil nie meer in ag neem nie.

UITGEKRUIS
In ruil vir jou gekose kruisie
kan jy van utopia niks wys nie
In die "bosse" buite jou huisie
is alles duidlik nie meer pluis nie
dit was toe al die tyd jou "huisie"
uitgekruis met 'n "gelaaide" kruisie
Pynlik moet daar maar weer en opnuut besef word dat die ankertoue van 'n volk is bloed en grond.