Voor ons die vraag kan beantwoord is daar eers enkele sake wat in oënskou geneem sal moet word. Die eerste is, of daar werklik 'n oorlog is en tweedens of Afrikaners dit glo.
Soos wat verset veelkantig is. net so is oorlog 'n saak wat fisies gewelddadig militaristies in die vorm van 'n burgeroorlog of staatsgreep, anneksasie, gebiedsoorname deur buurstate of selfs internasionale wêreldoorlog met wapens gevoer, of 'n geestelike oorlog teen waardes, sedes, moraliteit, identiteit, taal, godsdiens, kultuur, ens. op subtiele maar met dodeliker nadraai as die eersgenoemde.
Job 1:1-22
“Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond gevalen gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” (:20 – 22).
Daar is soveel te leer uit die Godvresende lewens voorbeeld van Job. En hoe kosbaar sal hierdie lesse nie ook vir ons in hierdie tyd wees nie.
Dit is belangrik om terug te kyk na afloop van die Senekalsaga teneinde helderheid te verkry oor oorsaak, hantering, oogmerk en gevolg van die afgelope gebeurde.
OORSAAK
Dit is voor-die-hand-liggend dat daar vanuit ons grootliks verdeelde geledere verskeie en uiteenlopende sienswyses sal wees. Wat egter hier belangrik is, is watter is die régte sienswyse! Laat my sommer uit die staanspoor sê dat elke betoog oor swak regering, onbevoegde polisie, gebrek aan wet en orde, misdaad buite beheer, verswakte wit/swartverhoudinge, werkloosheid, armmoede en watter ander simptoom van die werklike oorsaak uitgedink of sigbaar is, ondergeskik is aan die politieke beginselafwyking wat een-mens-een-stem en uiteindelik 'n swart meerderheidsregime met getalleoorheersing tot gevolg gehad het.
1 Joh. 5:1-21
“My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.”
Geliefdes, in hierdie 5de hoofstuk van die eerste algemene brief van die apostel Johannes word ons herhaaldelik geleer van die kosbare skat wat ‘n gelowige in Christus Jesus ontvang het. Ons wat vêr van God was, het deur die dure bloed van onse Here Jesus Christus weer naby aan God gekom. “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.” (Efés. 2:13). En Johannes maan ons om hierdie kosbare skat wat ons ontvang het sorgvuldig te bewaar.
Die woord "goedgelowig" kan op verskeie maniere vertolk word. Dit het in die eerste plek egter niks te make met 'n geestelike gelowigheid nie en nog minder met 'n sterk, vaste of "groot" geloof nie! Goedgelowig is verwysend na iemand wat onvoorwaardelik glo dat dit wat vir hom gesê word, die waarheid is en ongeag die feitlike en/of sigbare bewyse en waarskuwings dat die teendeel waar is daarby staan.
In 'n tydvak van die Afrikanergeskiedenis waar die sigbare mislukking van veelrassige politiek elke dag duideliker demonstreer word, is die VF Positief breëbors oor die veelrassigheid van hulle organisasie wat in sy opset en uitlewing gedoem is om tot niet te gaan.
Die opportunisme van sommige blanke Afrikaners om stemme te werf en bo-oor rasgrense daarvoor te reik is in niemand se belang nie en sal uiteindelik tot konflik en verwydering tussen die relevante rasse lei.
Is dit bloot die barbaarse moord op Brendon Horner deur twee swartes wat honderde boere dwarsoor die land by Senekal in die Oranje Vrystaat laat saamtrek het? Of is dit dalk eerder die kommerwekkende afmetings van die moordsyfer in Suid-Afrika wat op 28 Oktober 2019 in 'n verslag van die SA Instituut vir Rassverhoudinge (SAIRR) gepublseer is, wat daarop dui dat die jongste SAPD-misdaadstatistieke saam met vorige statistieke toon dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 mense vermoor en 1 miljoen verkrag is. Dit beteken oor die afgelope 25 jaar 'n gemiddeld van ongeveer 20,000 moorde per jaar of 1,670 per maand of byna 55 per dag.