Die AVP was waarskynlik die eerste indien nie die enigste politieke party wat die aanvang van die fiktiewe “pandemie” in 2020 as ‘n politieke slenter van die Nuwe Wêreld Orde bestempel het. Ons was in die lig van uitlatings en optrede van die tyd, daarvan oortuig dat dit die eerste proeflopie vir die be-oogde Een Wêreld Regering was om die hele wêreld “bloedloos” tot gehoorsaamheid te dwing.
Volgens al hoe meer wetenskaplike getuienis dat die “pandemie”, die Covid 19 “virus” en die inspuitings wat van “innoculation” oftewel inenting, na “jab” herdoop is, daarop dui dat die bedoeling van meet af aan was om mense te dood, is die vraag én antwoord wat vlak in die gemoed van elke persoon wat op een of ander wyse hierdeur nadelig geraak is, wat gebeur nou met die skuldiges?
Op die oogaf lyk dit asof hulle skotvry gaan kom! Drastiese onregmatige en onwettige ingryping in jou lewe deur mense wat jy nie verkies het, wat jy geen mandaat gegee het om namens jou oor jou lewe, jou gesondheid, jou kinders se gesondheid en jou besluitnemingsbevoegdheid te besluit nie, desondanks is hulle plan om jou te ontneem van dit alles!
Die siel van die gene kon nooit duideliker gedemonstreer gewees het as voor die 1994 era, met dié na 1994 era vergelyk word nie. ‘n Bloedspoor is getrap deur die ganse land. Die inhoudelike van die eiesoortlike van die mens word nou weereens proefondervindelik ervaar. Die dekadensie in die politieke, ekonomiese en sosiale lewe is in oortreffende trap gedemonstreer.
Matt. 6:19-34: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.” (:31-34).
Wanneer ons na die media kyk, word daar ‘n somber prentjie vir die volgende kalenderjaar geskep, geliefdes.
In terugskouing vir die oningeligtes, is dit noodsaaklik om nou en dan om te draai en terug te kyk op jou spoor, teneinde vas te stel hoe jy uitgekom het waar jy jou nou bevind. In ‘n beknopte dog uiters geskiedkundig waardevolle opsomming, plaas die AVP met erkenning aan Gelofteland hierdie onderstaande artikel oor die verloop van ons volk se stryd sedert die 1899 oorlog teen Brittanje, die vredesluiting in 1902 en die verloop daarna tot vandag toe, met die name van die hedendaagse verraaiers, hensoppers en joiners sodat ons nie sal vergeet nie!
VERRAAIERS EN JOINERS
MNR. MARCEL BAS: "EK HET 'DIE ROEPSTEM' AANVANKLIK NET BEGIN OM DIE BELANG VAN DIE AFRIKAANSE TAAL TE BEKLEMTOON"
Geagte leser. Ons het die genoë gehad om 'n onderhoud te hê met mnr. Marcel Bas. Hy is nie net die hoofredakteur van die webwerf "Die Roepstem" wat hyself opgerig het nie, maar hy gee ook
privaatklasse in Afrikaans, en as 'n vertaler is hy sewe tale, waaronder Engels, Afrikaans, Duits en Nederlands magtig.
Hy is ook 'n outeur vir die Vlaamse nuus- en meningswebwerf Doorbraak, asook vir die Suid-Afrikaanse tydskrif Perspektief van die Vryheidstigting.
In die verlede het hy geskryf vir maatskaplik-kulturele tydskrifte soos Sta-Vast (1991-2000), Zuid-Afrika Nú (die tydskrif van die Nederland Zuid Afrikaanse Werkgemeenschap NZAW) en Saamtrek (1992-2000), Zuid-Afrika (1996), die SOS-Nieuwsbrief voor Metapolitiek (1999-2001), Weerwoord (1998-2002) en Bitter Lemon (2007-2008).
Daarnaas skryf hy oor maatskaplik-kulturele kwessies: sy boek Zwarte Piet: discriminerend of fascinerend? (2013) handel oor die oningeligte konsternasie wat ontstaan het oor die ou Nederlandse folklorekarakter Zwarte Piet wat nou glo rassisties is.
OU BOODSKAP VIR ‘N NUWE JAAR?
Ek herinner my as voormalige onderleier van die Herstigte Nasionale Party hoe daar tydens verkiesingsveldtogte deur Afrikanerlandgenote na ons verwys is as: “Julle hap na pap”, julle ry nog op die ossewa, julle het laertrek mentaliteit, julle sien nie die groter prentjie nie, julle is verkramp, ens.! Was u ook aan die ontvangkant daarvan of dalk het u daaraan deelgeneem? Nietemin het daar sedertdien tyd verloop en het baie van ons volksgenote die veilige laer verruil vir wat as veiliger, beter en polities as kundiger en meer in lyn met die veranderde gees van die moderne tyd voorgehou is. Was die veranderings en deel daaraan die oplossing?