KONGRESTEMA: AFRIKANER, WAARHEEN NOU?
Mnr, die Voorsitter, elke lid van die Afrikaner Volksparty hier en u wat by geleentheid na ‘n opname van hierdie Kongresboodskap sal kyk, ek groet u met ‘n Warm Afrikanergroet, in seker die troebelste tyd van ons Afrikanervolk!
Inleiding:
As jy uit die Nasionale denkstroom “uitgeprop” is, Is nasionalistiese denke buite jou politieke denkraamwerk en vir jou ontoeganklik!
Ek rig terselfdertyd ook hierdie boodskap aan Solidariteit se Flip Buys en Dr. Cassie Aucamp Voorsitter van die Voortrekker Monument wat in nabetragting oor die 1982 “skeuring” onderskeidelik verwys na “veelheid eerder as eenheid” en dat die klop van ‘n Afrikanerhart nie gemeet kan word deur ‘n bepaalde politieke oplossing op ‘n bepaalde tyd nie. (Beeld 12 November 2022.)
Velkleur is ‘n visuele indikator van jou rasse afkoms en geesteswêreld. Die vel omsluit jou inhoudelike fisies en psigies. Hierdie diversiteit het niks te make met rassisme nie, veel eerder konstateer dit ‘n menslike realiteit wat nie ontken kan word nie. ‘n Zoeloe is nie ‘n Engelsman nie, en ‘n Engelsman is nie ‘n Zoeloe nie. Dit is ‘n feit soos ‘n koei.
Jer. 18:1-23 “En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk – soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker – maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Sal ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” (:4-6).
Rom. 13:8-14 “WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.” (:8-10).
Ek dink dat die meeste van ons nie daarvan hou om aan ‘n ander iets te skuld nie.
Dischem se transformasie van wit na swart is nou die nuwe volle evangelie in hul geledere. Benadeling van blankes is blykbaar ‘n doeltreffende kuur vir hul verhouding met die regime. Die palestynse kwessie bly maar ‘n turksvy. Pasiënte kan nou hul medisyne by ‘n eksklusiewe “swartmark” gaan koop. Om Dischem se winsgewendheid deur die dak te lig, het ek ‘n paar voorstelle om hul volledig in lyn te kry met die transformasie idee.
Slovo het dit geskryf, De Klerk het dit aanvaar, die ANC het dit in werking gestel en almal in die land ly daaronder. Die grondwet is in wese ‘n begrafnisbrief vir Suid-Afrika. Meer spesifiek word die vraag aan die Afikaner gevra: Witman hoe soek jy jou “necklace”, ‘n Goodyear of ‘n Firestone? Die mislukking van die Slovo grondwet is reeds in oortreffende trap gedemonstreer in die nuwe Suid-Afrika. Die belofte van vryheid, vrede en voorspoed lȇ aan skerwe. Ten spyte van die chaos wat heers in die land is die DA en VF met die swart plus, tevrede met die grondwetlike voorskrifte. Hulle beskou die grondwet ook as die “holy grail”. Só word die witman saamgesleep na ‘n arabiese lente.
'n Puik artikel wat bedoel was vir 2 November 2022 plaas ons graag vir die relevante inhoud daarvan!
Deur Jan-Tinus Smuts
Wyle mnr. Jaap Marais, tweede leier van die Herstigte Nasionale Party (HNP), sou vandag 100 jaar oud
gewees het. Sy afsterwe in die jaar 2000 was 'n gróót slag vir ons volk, sonder dat die meeste
volksgenote eers besef het wat se groot slag dit was.