Hoséa 6:1-11: “Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (:6).
In die tyd van Hoséa roep hierdie profeet uit tot sy volk wat op daardie stadium in ‘n ellendige toestand verkeer. Hy roep sy volk daartoe op om tot die HERE terug te keer. “KOM en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.” (:1). En dan bied die profeet ook aan die volk raad oor wat dit beteken om tot God terug te keer asook die wyse waarop dit gedoen kan word. “En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken;...” (:3).
Met die moontlikheid van verklaring van ‘n Nasionale Ramptoestand deur die regime, het daar ‘n voortsetting van sigbare nasionale politieke wanstaltigheid onder die liberale politici toegeneem. In ‘n toestand van politieke mistasting van die betekenis en gevolge van besluitneming, pleit die DA byvoorbeeld eers vir ‘n nasionale ramptoestand om enkele maande later met die hof te dreig teen die implimentering van só ’n toestand!
Die kerk se klok het drie keer gelui. Die evangelie is vervang met plurale politiekery. Die realiteit van die skepping dat rassediversiteit ‘n feit is soos ‘n koei, is by die kerkdeur, nogal die voordeur, uitgegooi. Rassuiwerheid het volgens die nuwe “NIE-RASSIGE” evangelie ewe skielik in 1986 ‘n goddelose aanklag verkry. ‘n Nuwe geloofslandskap is geskep wat neerkom op kettery of leerdwaling.
Kol. 3:18-25 “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,”(:23). Daar is weinig van ons wat nie in enige gegewe week die frustrasie van absolute swak dienslewering ervaar nie. En die voorbeeld aan die samelewing word deur die goddelose, korrupte staatsamptenare wêreldwyd gestel. Sogenaamde hooggeplaastes, maar eerlose mense. Oneerlike mense,onsedelike mense, selfsugtige, geldgierige, magbehepte mense – ja, goddelose mense.
Waarom moet die Afrikanervolk gelate sit en toekyk hoe belastinggeld in die drein afgespoel word deur totaal politiek onbevoegde karakters wat net ingestel is op vermaak, onthaal en selfverryking terwyl alles om hulle besig is om tot niet te gaan!
‘n Borg van Een Biljoen Rand vir die “Tottenham Hotspur Squad” sokkerspelers in ‘n klimaat van totale finansiële chaos en verval van infrastruktuur regoor Suid Afrika, spreek van kranksinnigheid en totale wanbestuur.
Met erkenning aan DM.
Sekuriteitskenners en die versekeraar Auto & General het Suid-Afrikaners gewaarsku om waaksaam te wees aangesien lang tydperke van beurtkrag gelei het tot 'n skerp styging in misdaad in die land.
Die groep het gesê dat hulle 'n toename van 40% in die aantal inbrake in die eerste twee weke van 2023 gesien het vergeleke met dieselfde tydperk in 2022.
In die volksmond word daar nie verniet gepraat van donker Afrika nie. So ervaar u dit ook nou in die nuwe of sal ek sȇ, donker Suid-Afrika. Dit het nie enkel en alleen te doen met Eskom nie, maar in ‘n groter mate met dit wat in die Afrika mense se koppe aangaan. Elke volk het sy eie storie, maniere en gewoontes. Wysheid leer mens om mense te aanvaar soos hulle is, maar plaas hulle in ‘n eie geografiese gebied waar hulle elektriese kabels kan uitgrawe en verkoop vir skroot na hartelus, om nie eers te praat van die verwydering van spoorstawe en stroop van moderne spoorwegstasies ten koste van 'n effektiewe vervoernetwerk in ruil vir individuele selfverryking nie! Temidde van dit alles is dit verbysterend dat daar steeds volksgenote is wat horende doof en siende blind, meehelp aan die toenemende verdonkering van Suid Afrika!