Luk. 6:17-49:“Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” (:36).
Twee dinge is vir my baie duidelik uit hierdie gedeelte in Lukas 6. Die eerste is dat God van ons verwag om barmhartigheid in ons lewens te openbaar – m.a.w. barmhartigheid moet deelvorm van die kind van God se karakter. En die tweede is dat barmhartigheid ’n eienskap van God self is. Hierdie eienskap wat Hy ook in die lewe van Sy kinders wil sien, geliefdes – daarom die duidelike opdrag in Lukas 6 om Sy voorbeeld hierin na te volg. Die Woord van God maak op verskeie plekke van God se barmhartigheid melding. In Psalm 103 lees ons van koning Dawid se getuienis hiervan. “Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.” (Ps. 103:8). En dan lees ons ook in Ps. 78:38 van koning Asaf se getuienis hiervan. “Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie, dikwels wend hy sy toorn af en wek nie al sy grimmigheid op nie.” Dit was nie net konings wat hiervan getuig het nie.
1, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
2 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.
3 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het —
4 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
5 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
6 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
7 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,
8 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
9 onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! (Psalm 8, 1933 vertaling)
Goeiedag Afrikaner volksgenoot!
Hos. 6:1-11
“Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (:6).
In Paulus se brief aan die Korinthiërs spreek hy hulle oor ’n saak aan wat vandag ook ’n
algemene gesig onder mense is. Hy spreek hulle aan oor hul gebrek aan kennis van God. “Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.” (1 Kor. 15:34). En hoe hartseer is dit nie dat hierdie ook vandag met reg van die samelewing en van ons volk in die breë gesê kan word nie – selfs van diegene wat veronderstel is om as herders en leraars vir mense ’n kennis van God te leer. Laasgenoemde is immers ’n leraar se verantwoordelikheid eerder as om saam met lidmate na verskonings te help soek of hulle te troos dat hulle onder “die liefde van Jesus” in ’n lewe van sonde kan volhard.
Die onteenseglike realitieit is dat die DA en VF+ resonansie gevind het met die ANC se visie vir die Afrikaner. Kollektief word saamgesit om die gifbeker vir ons om te stuur. Die DA en
VF+ as woke divisie van die Afrikanerdom propageer dat ons heil te vinde is in die swart gedomineerde politiek, ten spyte van hul kwaadwillige voetspoor die afgelope drie dekades. Hulle hallusineer dat natuurlike onderskeid van afkoms, geloof, kultuur en leefwyse deur papierwette weggevee kan word.

Met die Verenigde Koninkryk se weiering van ‘n visa aan Malema, is dit onvermydelik dat Renwick se assosiasie met Malema, toe nog die dreunsanger van “Kill a farmer, kill a boer”, by jou sal opkom.
Dit is dan ook onafwendbaar dat die name van Margaret Thatcher, Harold MacMillan, Lord Carrington, en verder na die VSA, Kissinger, Chester Crocker, Gondalesa Rice, George Bush, Bill Clinton en stringe ander wat betrokke was by die aftakeling van Nasionalisme wat sy sterkste basis in Suid Afrika gehad het!Lord Renwick: a ‘great operator’ Credit: Andrew Crowley
Sonder twyfel almal op een of ander wyse in diens van die Internasionale wêreldgeldmag met sy oog op Een Wêreldregering! Om die gebeure in Suid Afrika, na die sluipmoord op dr. Verwoerd te verstaan, is dit noodsaaklik om terug te kyk na waarvoor dr. Verwoerd hom beywer het en dienooreenkomstig, uit die weg geruim moes word.
2 Kor. 13:1-13: “Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (11). Vrede, iets só kosbaar waarvan ons minder-en-minder in die wêreld sien. En die rede hiervoor? Dit is tog sekerlik omdat daar minder-en-minder van God in die mens van ons tyd te bespeur is – die mens wat meer-en-meer van God afvallig raak. Vrede is immers een van die karaktereienskappe van God – Hy is ’n God van vrede. “En die God van vrede sy met julle almal. Amen.” (Rom. 15:33). “want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor. 14:33).
Matt. 5:13-48: “JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (:13-16).
Daar is seker nie ’n beskaafde mens wat nie weet wat sout is nie. ’n Mens maak van kindsbeen af kennis met hierdie kosbare bestanddeel. ’n Kommoditeit wat dalk vryelik beskikbaar is, maar waarsonder ons nie sal kan klaarkom nie – die waarde daarvan heeltemal onderskat.