Die woord woke of wokeness is deesdae in algemene gebruik in die volksmond. Die woord woke het ontstaan in Amerika vanuit ‘n swart ideologie wat in wese anti-wit beteken het. Die term impliseer politieke korrektheid en ‘n patalogiese haat vir alles wat as westers beskou was. Die woord woke of wokeness is geskep om die Amerikaners ‘n bietjie dommer te maak met ‘n woordgebruik wat min mense werklik verstaan het. Met die verloop van tyd het die woord ‘n totale ander betekenis verkry en is ook ‘n uitgebreide betekenis toegeken wat insluit dekadensie, seksvryheid, veelgodery, geslagsverandering, satanisme en alles wat te doen het met die onderwȇreld.
MNR. JAN BAAK: "BAE MENSE WORD NIE DEUR 'N KOPDOEK GEPLA NIE EN GEE NIE OM DAT HULLE DEUR SO'N PERSOON BEDIEN WORD NIE, MAAR NA MY MENING NORMALISEER JY DIE UITDRUKKING VAN HIERDIE 'GODSDIENS', WAT ISLAMISERING MAAR NET VERDER KAN VERSNEL."
Geagte leser. Ons het 'n derde vraaggesprek in Nederlands gehad met mnr. Jan Baak, wat u
ongetwyfeld nog sal onthou het van ons vroeër onderhoude. Die aanleiding is die feit dat die Aldi-supermark onlangs dit nodig gevind het om via Facebook 'n vrou met kopdoek in 'n video te toon. Aan die einde van die video staan 'Meer werkplezier dan je denkt', wat 'n oproep inhou om te gaan aansoek doen.
Bekommerde burgers het ontsteld gereageer op hierdie uiting om die islamideologie te normaliseer en bevorder, en het aangedui dat hulle nie meer by daardie winkel hul inkopies sal gaan doen nie, maar hul geld elders gaan spandeer.
Jes. 29:1-24 “Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?”(:15). Hierdie dwaasheid waarvan ons in Jesaja 29:15 lees, is so oud as die mensheid self. Onthou maar hoedat die eerste mense, Adam en Eva, ook probeer het om hul oortreding en ongehoorsaamheid teenoor God te verberg deur vir Hom te probeer wegkruip. En nadat God hulle opgesoek het en hulle besef het dat dit onmoontlik is om vir Hom weg te kruip, het hulle hul sonde agter hul verskonings en die verskuiwing van aanspreekklikheid probeer wegsteek. Maar einde laaste het Adam en Eva ontdek dat daar niks is wat voor God se oë verborge is nie.
Namibië, Botswana en Zambië nou een land! Oornag ooreengekom om hulle grense te laat verval en ‘n nuwe grenslyn wat al drie lande insluit te aanvaar. Die oorweging is om al die bestaande wette met koloniale oorsprong te vervang met nuwe wette. Wette wat daarop gerig is om hulle lande se bevolking, mineraalregte, mynregte, eienaarskap van besighede en derglike dinge te beskerm!
Die onderlinge kultuurverskille tussen die onderskeie swart volke wat nog altyd deur al die eeue van hulle bestaan, een na die ander bewindsverandering, burgeroorloë, grensverskuiwings, politieke moorde, staatsgrepe ens. tot gevolg gehad het.
2 Kor. 5:11-21:”Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” (:14&15).
Hierdie gedeelte is ’n duidelike antwoord op die sake van individualisme en humanisme wat geil in ons volksakker groei. Die onverpoosde aanvalle op ons diepe geloofsoortuigings, vervreemding van die ware geloof en vervreemding van ons volk van sy God, die aftakeling van ons volksverbondenheid en verantwoordelikheid teenoor ons naaste en dergelike dinge lê aan die grondslag van ’n samelewing en probleme waarmee ons vandag sit.
MEV. HEIDI LOOY: "EK KAN SONDER OORDRYWING STEL DAT EK AS ENIGSTE VROU IN DIE BOER BURGER BEWEGING SE PROVINSIALE FAKSIE VAN SUID HOLLAND MY SPREEKWOORDELIKE MAN STAAN"
Geagte leser. U sal ongetwyfel onthou het dat ons in Maart en Julie 2023 insiggewende vraaggesprekke gehad het met Mevrou Heidi Looy, wat as Statenlid setel in die faksie van die Boer Burger Beweging.
Na ons siening wys albei die onderhoude van watter stoffasie sy gemaak is. Nav. die verkiesings vir die Tweede Kamer wat op Woensdag 29 Oktober gehou sal word het ons 'n derde vraaggesprek in Nederlands met haar gehad waarin ons haar oa. die vrae gevra het hoekom daar lede van andere politieke partye soos bv. Nieuw Sociaal Contract en die liberale VVD overstap na haar party en wat BBB reeds gerealiseer het sedert dat sy setels ingeneem het in die Provinsiale raad. Ook het ons ingegaan op mnr Marcel Kleijweg, die laaste Boer in die Suid Hollandse stad Den Haag wat, as dit aan Wethouder Barker van die Party vir die Diere lê sal moet verdwyn omdat sy grond glo nie goed bewerk word. Meneer se plaas wat reeds jare in sy besit is sou moet wyk omdat op die plek 'oorspronkelike natuur' weer moet kan ontstaan. Nav hierdie besluit van die Wethouder het 'n inwoner van Den Haag 'n petisie begin wat reeds meer as 6000 x onderteken is.
Die AVP merk op dat die gesagstrukture wat die verantwoordelikheid het om hierdie ernstige farmaseutiese vergrype te verhoor en na verdienste te straf, nêrens optree nie. Die vraag wat ontstaan is wie beheer die gesagstrukture in regerings en organisasies wat klaarblyklik beheer uitoefen oor wie wanneer gestraf mag word en vir watter misdade?? Hierdie oënskynlike onidentifiseerbare magte besluit na willekeur wie moet sterf en wie kan bly leef, terwyl regerings onmagtig blyk te wees????
Wat hier plaasgevind het is dat daar waarskynlik bepaal word hoeveel mense wêreldwyd gedood is teenoor wat in ‘n derde wêreldoorlog sou gesterf het indien die vorige twee wêreldoorloë as norm gebruik word.