MNR CONSTANT KUSTERS: 'EK IS VERHEUG DAT HIERDIE OPVOEDKUNDIGE INSTELLING GLO DAT JY IEMAND NIE KAN WEIER BLOOT OP GROND VAN SY OF HAAR POLITIEKE AFFILIASIE NIE'
Geagte leser. Ons het n.a.v. die feit dat 'n waarskynlik ver-linkse anonieme briefskrywer
geprobeer het om die benoeming van NVU se partyleier mnr Constant Kusters vir die ondernemingsraad van die Beekdal Lyceum te keer, 'n vyfde onderhoud in Nederlands met hom gehad. Daar was ook 'n klompie ouers wat geprotesteer het teen sy kandidatuur, dog die bestuur van hierdie opvoedkundige instelling voel dat hulle niemand kan weer net vanweë 'n politieke affiliasie of rigting nie.
Ons sal ook die funksies wat mnr. Kusters naas sy werk as partyleier doen bespreek, asook sy stokperdjies.
OP PAD NA 'N VOLKSKONGRES
Dit was in die laat vyftigs. My skoonmoeder het van ‘n besoek aan Duitsland af teruggekeer toe sy die opmerking maak dat sy ‘n berig gesien het dat daar veral in Angola, maar ook wyd in Afrika na Suid Afrika verwys word as AZANIA. Ek het dit afgelag as swart wensdenkery en in elkgeval ‘n onhaalbare swart droom!
Met die Nassionale party op die kruin van die golf, saamgelees met my jeugdige politieke naїwiteit, was so ‘n standpunt vir my niks anders as ‘n belaglikheid nie. Die afgelope tweede wêreldoorlog en die twee verliese van ons vryheid wat met verbete stryd teruggewen is, het in my ouderdomsgroep nie grondgevat nie en was daar niks wat vir ons ‘n bedreiging was nie.Dit was eers toe die Nasionale Party in 1969 geskeur het dat ek gewaar geword het van die verskuilde voortsluipende politieke bedreiging.
1 Joh. 1:1-10: “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ’n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” (:8-10).
Dit is vir geen mens lekker om sy foute of tekortkominge te erken nie. Hierdie woorde uit 1 Joh. 1 is egter op die man af, reguit en ondubbelsinnig. Daar is geen mens in die geskiedenis van die skepping wat voor God kan staan en hom- of haarself as onskuldig en sonder sonde daar kan stel nie.
Die teenhang van identiteit is identiteitloos. ‘n Niksheid, ‘n onidentifiseerbare wêreldling, kosmopolitaan, sonder grens, sonder trots, sonder perk en sonder plek! Die probleem daarmee is die mens se ingebore aard om soortlik te wees, soos in die spreekwoord soort soek soort. Wat voortspruit uit derglike identiteitloosheid is dat diésulkes hulle bes doen om ander te oortuig om soos hulle te wees en is hulle inderwaarheid verraaiers van hulle afkoms.
Dit is nie verniet dat elke land of streek se inwoners, die naam daarvan dra nie.
1 Sam. 26:1-25:“En Abísai sê vir Dawid: Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit ’n tweede keer te doen. Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf? Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrek in die geveg en omkom! Mag die HERE my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die HERE sou slaan! ...” (:8-11).
Die optrede van Dawid in hierdie saak is bewonderingswaardig, geliefdes. Hy vlug gedurig voor Saul vir die behoud van sy lewe. En dit terwyl daar niks is waaraan hy homself teenoor Saul skuldig gemaak het nie.
Dr Tobie Muller
Spreuke 1:7: Die vrese van die Here is die beginsel van die wetenskap.
Spreuke 9:10: Die vrese van die Here is die beginsel van die wysheid.
Plato, die beroemde Griekse wysgeer, het bokant die ingang tot die plek waar hy geleer het, hierdie woorde gesit: “Laat niemand wat nie bedrewe is in die geometrie hier inkom nie.”
MEV. PETRA DREVES: "NA MY MENING IS DIE OWERHEID NIE IN STAAT OM DIT TE VOORKOM NIE, WAARDEUR INWONERS VAN DIE NOORDELIKE PROVINSIES GEEN ANDER MOONTLIKHEID MEER SIEN AS OM HIERDIE WERK SELF TE DOEN NIE"
Geagte leser. 'n Groot meerderheid van 87% in Nederland ondersteun die burgergrensbeheeraksies wat omtrent 8 Junie begin het en uitgevoer word deur klompies
besorgde burgers onder leiding van aksieleier mnr. Jan Huzen. Die aanleiding is die feit dat die Duitse polisie glo in die nagtelike ure druk besig is om immigrante terug oor die grens te stuur.
Alreeds vanaf die oomblik dat die dorpie Ter Apel 'n asielskuiling gekry het, is daar voortdurende oorlas van 'asielsoekers' wat die inwoners terroriseer. Die misdadigers pleeg inbrake in huise of hulle gaan bv.met hul broek op hul knieë voor die vensters staan. Daar was al 'n geval toe so'n asielsoeker skielik in die slaapkamer van 'n jong meisie gestaan het. Kruideniers trek weg uit die dorp omdat hulle deur die dagelike diefstalle en intimidasies geen toekoms meer sien nie. Klante wat reeds jarelank die winkels besoek, is bang dat hulle aangerand of beroof word.
Mnr. Geert Wilders, die leier van die Party vir die Vryheid, het hierdie burgergrensbeheer-insiatief toegejuig en hy is van mening dat as die owerheid burgers nie die beskerming kan bied nie, die mense die sake in eie hande gaan neem.
Ons het n.a.v. hierdie aksies die genoeë gehad om 'n derde onderhoud in Nederlands te hê met mev. Petra Dreves, wat u ongetwyfel sal onthou van ons onderhoude wat ons in 2016 en 2023 met haar gevoer het..