Rom. 5:1-11: “Want nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe – vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe - maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” (:7&8).
Ek dink dat enige gelowige kind van God wat tot ’n eerlike besef van sy eie sondigheid kom op een of ander stadium wonder of God hom of haar werklik liefhet. Hoe kan Hy liefhê as ek dan soveel verskriklike en verkeerde dinge in my lewe gedoen het? Sal God my regtig vir die een of die ander verskriklike sonde kan vergeef?
Núm. 21:1-10:“En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte
laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie,
en ons siel walg van die ellendige kos. Toe stuur die HERE giftige slange onder die
volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe. En die volk het na
Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u
gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het
vir die volk gebid. Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ’n giftige slang en
sit dit op ’n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. Toe het Moses ’n
koperslang gemaak en dit op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy
kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly.” (:5-9).
Die demonisering van die woord apartheid, om doelbewus daaraan ‘n ander betekenis te gee,is ‘n veragtelike ongeregtigheid wat verdien dat die lig daarop geskyn moet word! Dit is ‘n ontwerpte praktyk wat sy ontstaan het by die “verligte” liberale ideologiedrywers, om te pas by hulle wanstaltige denkvlugte.van onnatuurlike stelsels,leefwyses en beleidsrigtings.Met of sonder hulle bewustheid daarvan dat dit soos ‘n handskoen gepas het by die onheilge doelstelling van ‘n eenwêreld-regering, het hierdie liberale ideologiedrywers dus internasionale steun gehad. Hierdie onheilige strewe van een-regering-een godsdiens-een volk-een taal en een wêreld het duidelik sy oorsprong by die toring van Babel gehad waar die Mensdom in opstand teen God gekom het!
Mense wat hulle laat saamsleep en betrokke raak by sulke onnatuurlike afwykings, wat feitlik deurgaans met geweld, wetgewing, leuens en media misleidende oriëntering oorreed moet word om daarmee te kan volhou, is slawe van mensgemaakte stelsels. Skeldwoorde word dan ontwerp om diegene wat die natuurlike, ge-ykte en vanselfsprekende suksesvolle Bybelse riglyne volg, etikette om te hang.
Fil. 4:1-9:“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (:4).
Hedonisme – die denkrigting waarvolgens genot en geluk die primêre of belangrikste intrinsieke waarde en die hoogste doel van die menslike lewe is. En hoe wens ek nie dat niks hiervan in ons volkslewe sigbaar was nie, maar die teendeel is egter waar.
Ons sien hoedat mense van die een grashalm na die volgende in die lewe gryp in
die najaag van hierdie “hoogste doel” - naamlik om die grootste hoeveelheid genot en geluk uit die lewe te put – ongeag wat die gevolge in hierdie roekelose najaging vir ander mag wees.
MNR. JAN BAAK: "DIE ISLAMISERING HET SO GEVORDER DAT HIERDIE IDEOLOGIE NOU SPESIFIEK ONS CHRISTELIKE DORPE EN STEDE AANVAL"
Geagte leser. Na aanleiding van die feit dat die Suid-Hollandse dorpie Katwijk op Woensdag 14 Mei gekonfronteer is met skreeuende en intimiderende figure van 'Ummah for Gaza', ('ummah' verwys na die wêreldwyde
Moslemse gemeenskap) wat vir kerkgangers by die Nieuwe Kerk gewag het, het ons die genoeë gehad om 'n tweede onderhoud met mnr. Jan Baak te hê.
U sal hom ongetwyfel onthou van die onderhoud wat ons einde 2022 met hom gehad het, waarin die besoek wat hy saam met mnr. Peter van Vliet aan 'n sogenaamde Antifa-vesting gebring het, breedvoerig bespreek is. Mnr. Baak meen dat die Nederlanders nou 'n verenigde front moet vorm en nie te veel by buitelandse konflikte inmeng nie, omdat daar reeds genoeg in Nederland en Europa aan die gang is. Ons het hom onder andere gevra of hy dink dat hierdie ontwrigting van Christelike byeenkomste en kerkdienste en die teiken van spesifiek christelike dorpe verband hou met die voortdurende Islamisering en wat gedoen kan word om hierdie opmars te stuit.
LYS PIM FORTUYN SE PARTYLEIER MNR IWAN DIENJES: "STOP DIE MOORDE OP WIT BOERE. DIE WÊRELD MAG NIE MEER NET STAAN EN TOEKYK NIE"
Geagte leser. Dalk sal u nog onthou het dat ons in 2022 'n insiggewende onderhoud in Nederlands gehad het met mnr Iwan Dienjes, wat toe vir die Nederlandse stad Breda die leier was vir sy party, die Lys Pim Fortuyn (LPF).
Die onderhoud het toe plaasgevind n.a.v. die feit dat die LPF as enigste politieke party nie toegelaat was om deel te neem aan 'n sogenaamde Verskeidenheidsdebat nie, terwyl die ses politieke partye wat in Breda se mulisipaliteitsraad dien, wel toegelaat was omdat hulle amper dieselfde mening had oor die 'Reënbo(o)nasie', Suid-Afrika. In ons tweede onderhoud het meneer Dienjes aangedui dat hy baie bekommerd is oor die plaasmoorde wat Suid-Afrika sedert 1994 teister. Hy is van mening dat die wêreld nou nie meer net kan aanhou kyk nie.
Gén. 26:1-35 “En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het. So het Isak dan in Gerar gebly. Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.” (:2-6, 12).