Kan daar dan ‘n groter gevaar as oorlog wees wat ‘n volk se voortbestaan bedreig? Die antwoord setel in ons volk se afgelope geskiedenis sedert sy ontstaan. Sonder om elke oorlog waarin ons volk betrokke was sedert die 1700’s tot en met die laaste wêreldoorlog in besonderheid uiteen te sit, was ons volk se betrokkenheid in die verskillende oorloë voldoende om ons volk se voortbestaan tot vandag toe te bevestig. Om die waarheid te sê was ons volk na elke oorlog hegter gebind en spreek ons taal in sy digkuns, letterkunde en woordeskat van nasionalisme, volkstrots, vaderlandsliefde en Godsbegrip wat aangrypend en internasionale verbasing en respek afgedwing het, aanduidend van die feit dat oorlog nie die einde van ‘n volk beteken nie!
Neh. 8:1-19:“En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is. Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die Here julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor. Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.” (:9-11).
PARTYLEIER MNR. BART VAN DER TANG VAN DIE SGP-TAK RHENEN: "NA DIE MENING VAN ONS PARTY IS DIT BAIE BELANGRIK DAT DAAR VOLDOENDE ONDERSTEUNING ONDER ONS INWONERS IS, ANDERS IS ONTVANGS OP DAARDIE PLEK NIE VERSTANDIG NIE"
Geagte leser. Ons het 'n interessante onderhoud in Nederlands gehad met mnr. Van der Tang, die partyleier van die Rhenense afdeling van die Staatkundige Gereformeerde Party n.a.v. die feit dat 'n asielsoekersentrum vir 200 bewoners, wat by die Prattenburg-landgoed gevestig sou word, nou
geskrap is. Op 23 Januarie het honderde inwoners van die dorpie Elst 'n inligtingsvergadering oor hierdie asielskuiling by die Prattenburg-landgoed bygewoon.
Die naweek het vrywilligers van 'n aksiekomitee, wat deur mnr. Jan Scheffer in die dorp gestig is, reeds 2 800 handtekeninge teen die asielhuisvesting ingesamel deur 'n petisie.
Talle inwoners van Elst wou hê die munisipaliteit moes hoogstens 120 vlugtelinge huisves en dat hulle ook eweredig onder die drie dorpsentrums verdeel moet word. 70 in Rhenen, 25 in Elst en 25 in Achterberg. Die burgemeester het nie gedink dit is 'n goeie plan nie, want verspreiding oor die drie dorpsentrums sou veels te duur wees. Ons het mnr. Van der Tang o.a. vrae gevra welke party in die raad voorstander was van dié blyplek en wat die rede was dat hulle daar mee ingestem het.
2 Kor. 12:1-10: “En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” (:9). Elkeen van ons het sekerlik al die hoogtepunt sowel as die laagtepunt van krag in ons eie lewe ervaar. Daardie kere wat dit gevoel het asof ons onstuitbaar is en geen ding op aarde vir ons ’n hindernis te groot of te klein kan inhou nie. En hoe maklik is ons nie deur klein hindernisse van hierdie hoogte afgewerp nie! Ons beland dan dikwels só laag in die afgrond van moedeloosheid dat dit voel asof niks in hierdie ganse heelal ons weer sal kan opbeur nie.
Die sosiale media het die afgelope tyd ontplof in ‘n orgie van rassehaat teenoor Afrikaners. Die ANC, EFF, DA en VF+ sweer hoog en laag dit is nie hulle skuld nie. Lede van die ANC en EFF het ‘n wanpersepsie van boerebloed is hemels. Die DA en VF+ het ‘n sagter ingesteldheid dat slaafse onderdanigheid aan die ANC hulle vervul met vreugde. Die kern van die saak is dat saamwoon van rasse in een land, mense nie dieselfde maak nie. Stammentaliteit is altyd ‘n klip in die skoen wat lei tot polarissasie. Om sosiale binding in Suid-Afrika te bewerk deur politieke korrektheid is gedoem.
Is ons volksgenote nog steeds vasgevang in Harold MacMillan se vernietigende “winds of change” soos in die laat negentien sestigs? Toe die beginselstandpunt van die HNP onder leiding van mnr. Jaap Marais as “hap-na-pap” en “julle ry nog op die ossewa”, en “tye het verander” en derglike argumente uit die mond van ons volksvyande oorgeneem, die regverdiging was vir afwyking van die enigste bewese suksesvolle politieke beleid.