DIE HEIL VAN DIE AFRIKANERVOLK EN ONS VRYHEID IS NIE TE VIND BY PRESIDENT DONALD TRUMP OF DIE VSA NIE.
Die AVP het by monde van sy leier mnr Danie Varkevisser ‘n boodskap aan die president van die
Verenigde State van Amerika, Donald Trump, gerig na aanleiding van die gebeure rondom die Wet op die Onteiening van eiendom sonder Vergoeding. In die skrywe word hy daarop gewys dat Amerika en Brittanje ‘n groot rol gespeel het in die onderwerping van die Afrikaner aan ‘n kommunistiese regime. Dit het gelei tot die vernietiging van Suid-Afrika as ‘n beskaafde en hoogs ontwikkelde land. Die genoemde wet is die onvermydelike uitvloeisel van die onregmatige oorname van die land deur 'n terreur organisasie en die talle Marxisties-sosialistIese wette oor die afgelope 31 jaar, waardeur die Afrikaner se voorstbestaan bedreig word.
Ps. 46:1-12:“God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.” (:2). “Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Sela.” (:11&12).
’n Mens staan verstom oor die histerie van mense oor die bevel van die Amerikaanse President om aan Afrikaners vlugtelingstatus na Amerika te gee. ’n Mens sou glo dat hierdie man die Afrikaner te hulp gesnel en die juk van ’n kommunistiese regering eensklaps van sy nek kom verbreek het. U moet maar verskoon dat ek nie in die meeste mense se opgewondenheid rondom hierdie saak deel nie. Die geskiedenis van die Afrikaner – en veral die rol van die Amerikaanse regering in die onderwerping van die Afrikaner aan ’n kommunistiese rowerbende oor die afgelope paar dekades – oorskadu egter op hierdie stadium enige opgewondenheid oor hierdie opspraakwekkende bevel.

Indien dit is om nog meer geld vir die Illuministiese geldmagnate te verseker soos wat in die artikel hieronder aangedui word, hoekom sal die grondgryp in Suid Afrika anders wees?
Dit is immers dieselfde magte en hulle diensorganisasies wat hier in Afrika doenig is. Dit was Dirk Mudge van Suid-Wes-Afrika wat ‘n nuwe, feitlik identiese grondwet in die geheim agter geslote deure in die Turnhalle , saam met mnre. A.H. du Plessis en Eben van ZYL saam met hoofman Clemens Kapuuo, pastor Njoba, dr. Ben Afrika en ander swartes vanaf 1 September 1975 tot 18 Maart 1977 uitgewerk het . ‘n Besoek van een van die Rothchilds seuns aan Mudge op sy wildsplaas is ‘n aanduiding van die Joodse geldmagbetrokkenheid in die skep van beheerstrukture waardeur hulle rykdom toenemend vergroot kan word met die oog op wêreldoorheersing,
Donald Trump het die ANC en sy meelopers in die Regering Van Nasionale Eenheid soos ‘n orkaan getref. Die rassehaat en meer spesifiek die Afrikanerhaat is nou ook ontbloot in die buitewȇreld. Die reënboognasie bedrog is nou aan die kaak gestel waarmee die DA, VF+, Solidariteit en Afriforum hulle vereenselwig het. Hierdie mense het hulle beywer vir swart oorheersing en pluk nou die wrange vrugte. Die ANC het Suid-Afrika grusaam getransformeer van ‘n eerste wȇreld land tot ‘n geroeste skroot-ashoop. Die dekadensie is oral sigbaar. Trump se optrede sal sekerlik die einde van die ANC verhaas, maar nie die geestelike skade genees van die reënboogmense nie.
Per definisie is ‘n hinderpaal ‘n obstruksie of belemmering wat voorkom dat ‘n doelwit bereik kan word. Dit is ‘n presiese beskrywing van die DA, VF+, Solidariteit, en Afriforum se politiek met betrekking tot voortbestaan in geregtigheid in ons land. Hul verklarings in die media betreffende die grondgryp wetgewing is ‘n openbaring in oortreffende trap van naȉwiteit. Die baanrekord van die ANC die afgelope 30 jaar was nog altyd om die een ding te sȇ, en dan die ander te doen. Lippetaal in die opebaar ter wille van fatsoenlikheid en ‘n agteraf geknoei om die teenoorgestelde te verwesenlik.
MNR. BERT SCHOUWSTRA: "EK VOLG MY HART, PROBEER OM NABY MYSELF TE BLY, DIE SWAKKES VAN DIENS TE WEES EN TEEN ONREG TE VEG"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad om 'n interessante onderhoud in Nederlands te voer met mnr Bert Schouwstra, wat, benewens 'n rubriekskrywer by 'Elkeen sy Eie', ook 'n toegewyde
Christen is en patriotisme hoog in die vaandel staan het. Die skrywer het vir ons gesê dat hy sekerlik nie gekant is teen die Party vir die Vryheid nie, en die afgelopen verkiesings vir mnr Martin Bosma gekies het. Hyself noem dit 'n weloorwoeë stem.
Ps. 22:1-32: “Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.” (:23).
’n Naam is een van daardie dinge wat ons dalk verniet ontvang, maar die waarde daarvan is bykans onberekenbaar. Luister gerus na die getuienis uit die mond van die wyse koning Salomo in hierdie verband. 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.” (Spr. 22:1). Dit is een van daardie dinge wat moeilik is om in stand te hou en maklik om te vernietig. ’n Goeie naam word gevestig en in stand gehou deur volgehoue goeie optrede en besluite terwyl dit deur slegte en verkeerde optrede vernietig word. Daar is nie alleen ’n persepsie van ’n persoon in ’n naam opgesluit nie, maar ook ’n verwagting. En hoe groter die verwagting daarin, hoe groter die naam.