Joh. 20:19-31: “En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle! Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God! Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.” (:26-29).
1 Kon. 3:1-28:“Toe verskyn die HERE in Gíbeon in ’n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee. En Salomo sê: U het aan u kneg, my vader Dawid, ’n groot guns bewys, net soos hy voor u aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U hom ’n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is. Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is ’n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie. En u kneg is midde onder u volk wat U verkies het, ’n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie. Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kanregeer? En dit was goed in die oë van die Here dat Salomo dit begeer het.” (:5-10).
Die DA en VF+ se politiek is nou soos brommers op ‘n vuil ANC “nappie”. Nie alleen het hulle hul eie verkiesingsmanifeste oorboord gegooi nie, maar ook hulle identiteite ingeboet. Jou identiteit het vele fasette onder andere, geneties asook ‘n assosiasie komponent. Meng jou met die semels en die varke vreet jou op. ‘n Brommer vreet ontlasting vir soetkoek op. Daar waar dit stink, daar sal hulle wees. Waar is my vlieëplak?
VOORMALIGE SENATOR VIR VLAAMS BELANG MNR ROLAND VAN WALLEGHEM: "EK IS DAARVAN OORTUIG DAT DIE LINKS PARTYE NOU BUITE SPEL GESIT IS EN DAAR IN DIE HELE EUROPA VOORGOED 'N ANDER WIND SAL GAAN WAAI"
Geagte lesers. Ons het nav die verkiesings vir die EU parlement wat op Donderdag 6 Junie,
Vrydag 7 Junie en Sondag 9 Junie gehou is 'n interessante sewende onderhoud gehad met die voormalige Vlaams Belang se senator, mnr Roeland van Walleghem. Ons het hom vrae gevra hoe hy die ontwikkelings in sy eie land en in die res van Europa beleef het en hoe hy die uitkomste van die verkiesings dui. Ook het ons hom gevra of die bekende en ondemokratiese Koron Sanitêr dan nou eintlik sy langste tyd gehad het vanwee die feit dat sy party in seker 116 stede en dorpe 'n groot wins in die wag het kon sleep.
Gelykheid se destruktiewe gevolge is oral rondom ons te sien. Mense kan nooit gelyk wees nie, want mense het nie gelyke talente ontvang nie. Gelykheid is ‘n valse konsep wat opgedis word deur agtergeblewenes om presteerders te oorrompel. Die presteerder moet dus afgetrek word tot die vlak van die agtergeblewende deur misbruik van die leuenkonsep van diskriminasie. 'n Woord waarvan die inhoud en betekenis vereng is tot op die vlak van pigmentasie, terwyl die uitoefening van 'n voorkeur vir jou vrou of kind, diskriminasie regverdig teenoor elke ander vrou en kind!
Mark. 5:21-43: “En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe. En Hy het saam met hom gegaan. En ’n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring.” (:22 - 24). “Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig? Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.” (:35 & 36).
Rigt. 6:1-40: “En die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die Here is met jou, dapper held! Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die Here met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vanders ons van vertel het, deur te sê: Het die Here ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die Here ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete. Toe draai die Here na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete.