2 Kor. 5:1-10: “Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.(:9). Hoeveel mense kan vandag soos Paulus sê dat hulle ywerig probeer om te doen wat vir God welbehaaglik is? Dit lyk eerder asof die mensdom ywerig besig is om die welbehae van die satan te doen. Dink byvoorbeeld aan die ywer waarmee gruwels soos homoseksualisme, geslagsveranderinge, materialisme, individualisme en dergelike dinge aangemoedig en bevorder word. Wat is dit anders as ’n ywerige diens aan die satan wat in God se skepping wil steel, slag en verwoes?
Dit is betekenisvol dat in die tyd van Abraham Lincoln, voormalige president van Amerika, hy op die vooraand van ‘n bepalende veldslag, aan sy bevelvoerders opdrag gegee het: “Let none but Americans stand guard tonight!”
Waarom sou ‘n volksleier só ‘n opdrag aan sy bevelvoerders gee? Dit spreek van insig, mensekennis en ‘n besef van verantwoordelikheid. Dit is tog ‘n wetmatigheid dat verraad nie van buite kan kom nie maar slegs van binne jou eie organisasie, volsgenote, party of regering! Alle aanduidings dat die moord op dr. Hendrik French Verwoerd, vanuit eie geledere gekom het en dat die afwyking van beleidsbeginsel deur hulle wat hom opgevolg het, teenkanting ontlok het.
Jos. 24:1-33: “Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die Here nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie. As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.” (:19&20).
Ek glo dat Josua se antwoord aan die volk vir hulle redelik onverwags gekom het. Hierdie antwoord wat hy aan hulle gee nadat hy vir hul die opdrag en keuse gee om God te dien. “Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die Here. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.” (:14&15). En hierop antwoord die volk dat hulle die HERE sal dien. “...Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God.” (:18).
Het jy al gehoor van kalkoene wat fantaseer oor krismis? Net so sotlik is die fantasie onder die ondersteuners van die Regering van Nasionale Eenheid. Die woord eenheid verwys natuurlik slegs na die ja-broer mentaliteit van die regeringskartel. Die DA se voetspoor van die verlede was nog altyd een van antagonisme teenoor die Afrikaner. Interressant hoe die ou Progge met hul Afrikanerhaat se bloedlyn in die DA oorgegaan het. In gelyke mate was die DA, ANC en de Klerk se verloopte regering verantwoordelik vir die dekadensie, wanbestuur, korrupsie, en bedrieglike politiek van die hede.
Nadat dít uitgeklaar is, is die volgende uiters belangrike onderwerp, die teenkanting van rasse-integrasie!
Waarom, sou u vra.
In die eerste plek, indien u ‘n gelowige is, omdat God, ons hemelse Vader dit van ons verwag! Dit was immers Hy wat rasse, volke en tale geskei het waaruit die verskeidenheid van Volke, Tale en Nasies ontstaan het.
Die AVP poog om lig te werp vir die ongelowige en oningeligte postmoderne Afrikaners wat met skuld belaai is oor ons Afrikanervolk se rassebeleid van Afsonderlike Ontwikkeling. ‘n Bybelfundeerde beleid wat verketter is deur die Engelse, Jode en veral liberale predikante wat dr. D.F.Malan se slagspreuk van Apartheid in 1948, wêreldwyd as ‘n euwele beleid wat so euwel is dat dit as ‘n misdryf teen die mensheid, wat strafbaar is met die dood, voorgehou is!
Vir die ware Afrikaner nasionalis was dit egter van meet af aan Bybelsverantwoordbaar en ‘n antwoord op God se skeppingsorde as teenvoeter vir die sondige Babeloniese eenmakingsbenadering waarvan ons die gevolge vandag beleef!
Hand. 17:15-34:“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, ...”(:26 – 28).
Kom ons begin by die begin. “IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.” (Gén. 1:1). God is die Skepper van die aarde. Hý het die aarde wat ons as mensekinders bewoon, geskape. Hy is die Eienaar daarvan. En Hy kan daarom besluit hoe dinge daarop behoort te geskied.
RAADSLID MEV. CHRISTEL ENGELEN: "'N NUWE TYD HET AANGEBREEK. DIE PARTYE 'PIT' EN 'VRIJ RANST' HET GEOORDEEL DAT DIE JARE SE UITSLUITING VAN ONS PARTY TANS VERBY IS".
Geagte leser. Saterdag 19 Oktober was 'n historiese dag vir die Antwerpse munisipaliteit Ranst. 'n Sogenaamde sanitêre kordon, wat al 35 jaar van krag was om Vlaams Belang uit bewind te hou,
het nou definitief gebreek. Dié party gaan nou vir die eerste keer aan 'n raad op 'n plaaslike vlak deelneem, en hy gaan 'n koalisie vorm met die partye PIT en Vrij Ranst. Mv. Christel Engelen van Vlaams Belang sal 'n openbare bestuurder (wethouder) word. Sy neem al 18 jaar lank aan verkiesings deel en glo dat diegene wat altyd beweer het "'n stem vir Vlaams Belang is 'n verlore stem", was verkeerd. Ons het vir haar onder andere gevra wat haar prioriteite in haar nuwe rol is en hoekom sy nie onder die naam 'Vlaams Belang' sal deelneem nie, maar onder die naam 'Ons Ranst'.