Op hierdie webwerf is al dikwels aandag gegee aan redes waarom die AVP aanvoer dat die hele oorgaweproses van FW de Klerk aan die ANC-regime in sy geheel as onwettig beskou behoort te word.
GALÁSIËRS 6-9
6 EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe,
7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
8 Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!
9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!
Dat ons standvastig sal bly, in die genade en onmeetlike liefde van God onse Vader, deur Jesus Christus ons Verlosser en die kragtige werking van die Heilige Gees, is ons gebed, met danksegging aan U, ons alleen Wyse God en Vader aan wie toekom al die eer en heerlikheid, tot in ewigheid. Amen.
Want wie vir hom ‘n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie.
Villas des Pierriers, 17 Clarens (Vaud) Switserland 29 Junie 1904.
Geagte Generaal.
Dit is vir my ‘n groot voorreg om die ontvangs te kan erken van u kabelgram van die 25ste Mei en van u brief van die 29ste van dieselfde maand, waardeur aan my die groete oorgedra is van die kongres van 23 tot 25 Mei, gehou te Pretoria.
By alle treurigheid en leed, wat my lot is, het hierdie groete my tot dankbaarheid gestem. En van ganser harte dank ek almal wat bymekaar gekom het om te beraadslaag oor die hede en die toekoms, aan hul ou Staatspresident gedink het en daardeur getoon het dat hulle die verlede nie vergeet het nie.

I’VE GOT PRINCIPLES, BUT IF YOU DONT LIKE THESE....I’VE GOT OTHERS! So gaan dit met jou beginsels as jy jou gewig by die Volkstaters ingooi!
Volgens Andries Breytenbach se brief aan De Klerk is daar nie ‘n konstitusionle wyse waarop die “Boere-Afrikaner” van die huidige bedeling kan ontsnap nie. Maar as leier van die Afrikanervolksraad het hy verkondig dat die huidige Grondwet wel voorsiening maak vir soewereine onafhanklikheid van die Afrikanervolk met ‘n beroep op artikel 235.
U is veilig by die NP. U het ‘n toekoms by die NP. Stem vir u toekoms. Stem vir u veiligheid” Aldus ‘n verkiesingspamflet in 1988 van die NP!
DRAGTIGE OOIE KEELAF GESNY, KARKASSE IN DIE VELD LANGS DIE PAD GELOS (Reginald Witbooi
Dinsdag 05 November 2013) (‘n Berig wat in Volksblad verskyn het)
REITZ. – ’n Boer het altesaam 23 van sy dragtige ooie verloor toe hulle keelaf gesny is.
Hennie Cronjé van die plaas Beta was Sondagoggend saam met sy familie op pad kerk toe, toe hulle op die slagting afgekom het.
“Now that various interest groups and political parties are about to negotiate to establish a platform for a new South Africa, it was vitally important to have a strong Defence Force to act as a protective shield behind which the future negotiations could take place without interferance or intimidation.” (Genl. George Meiring)
Die hoë standaard van militêre opleiding, opvoeding en afronding wat aan jong blanke seuns en dogters in die vyftig- en sestiger jare die standaard was, het ongetwyfeld ‘n klimaat van sekuriteit onder Afrikaners gevestig en tot en met 1966, ‘n geweldige bydrae gemaak tot die versterking van die Christelik-Nasionale inbors van die Afrikaner waarvan baie van die ouergarde vandag sal kan getuig.
En wen wat?? Die AVP het al by herhaling gewaarsku dat as jy aan die verkiesing deelneem, jou handeling erkenning verleen aan die wettigheid van die ANC-regime as sou hulle die reg het om aan bewind te wees, terwyl deur buite die bestel te bly, ons die ANC se onwettige en onregmatige beheer van die politieke mag bevestig. Ons het ondermeer ook talle kere beklemtoon dat die getalle oorwig van swartes, dit onmoontlik maak vir blankes om by die stembus enigsins ‘n indruk te maak. Om swart steun te verkry moet jy hoër bie as die swart partye en ook sterker kan intimideer. Malema beloof om die myne te nasionaliseer, ons grond te vat, ons besighede, huise, spaargeld en ons “wittebrood” in die land te be-eindig. Wat gaan die DA aan die swart kiesers bied bo en behalwe die grondherverdeling, aborsies, gemengde huwelike, homoseksuele huwelike en derglike meer waartoe hulle alreeds met die ANC eens is?