En wen wat?? Die AVP het al by herhaling gewaarsku dat as jy aan die verkiesing deelneem, jou handeling erkenning verleen aan die wettigheid van die ANC-regime as sou hulle die reg het om aan bewind te wees, terwyl deur buite die bestel te bly, ons die ANC se onwettige en onregmatige beheer van die politieke mag bevestig. Ons het ondermeer ook talle kere beklemtoon dat die getalle oorwig van swartes, dit onmoontlik maak vir blankes om by die stembus enigsins ‘n indruk te maak. Om swart steun te verkry moet jy hoër bie as die swart partye en ook sterker kan intimideer. Malema beloof om die myne te nasionaliseer, ons grond te vat, ons besighede, huise, spaargeld en ons “wittebrood” in die land te be-eindig. Wat gaan die DA aan die swart kiesers bied bo en behalwe die grondherverdeling, aborsies, gemengde huwelike, homoseksuele huwelike en derglike meer waartoe hulle alreeds met die ANC eens is?
Diegene wat teen die ware nasionaliste se waarskuwings oor die gevolge van die NP se linkse omkeer, tog vir hulle gestem het in die verkiesing van 2 Maart 1988, sal vandag moet erken dat hulle stemme bygedra het tot die klaaglike toestand waarin die Afrikanervolk hom vandag bevind. Beloftes soos (1) “Die NP se hervormingsaksie is gerig op die skepping van ‘n billike bedeling. Billik en regverdig óók teenoor die blanke. (2) Die NP is onwrikbaar gekant teen meerderheidsregering omdat dit tot oorheersing van die blanke én ander groepe sal lei. Dit is die waarheid. (3) Skaar u aan die kant van verantwoordelike, gesonde verstand. (4) U is veilig by die NP. (5) U het ‘n toekoms by die NP. (6) Stem vir u toekoms. (7) Stem vir u veiligheid” Aldus ‘n verkiesingspamflet vir daardie verkiesing.
As die Afrikaner Volksparty u vandag weer waarsku, Stem reg! Bly Weg! Volg dan asseblief die NP van destyds se goeie raad: Skaar u aan die kant van verantwoordelike, gesonde verstand en bly weg van die stembus af! Oortuig ook u familie en vriende om daar weg te bly. Die Afrikaner se heil lê nie by die stembus in Suid Afrika nie, maar in verset. Verset teen die onregmatige wyse waarop ons uit ons land uit verkul is. Om in die waan dat samewerking met die regime en die magte wat poog om die NSA te maak werk, die Afrikanervolk en in breër verband, die blankes in Suid Afrika se saak sal bevorder, grens aan waansinnigheid!
‘n Totale blanke afwesigheid by die stembus sal behalwe vir die kragtige boodskap wat daardeur verteenwoordig sal word, ook ‘n gees van samehorigheid vestig sonder enige verdere vermorsing van energie vir volkstemmings, afvaardigings na die VN, smeeksendings na die regime om ‘n stukkie van ons eie grond weer terug te bedel, of watter ander futiele aksie wat verdelend op ons vryheidstryd inwerk, ons saam bind en die grondslag vorm vir die terugwen van ons verlore eenheid soos wat dit was onder dr. Verwoerd. Behalwe dat dit van u vereis om oortuigingswerk onder u eie mense te doen, verg dit nie geld of enige ander opoffering nie, en tog sal die effek indien ons daarin kan slaag, onmeetbaar groter wees as enige ander inisiatief wat aangewend is om ons volk bymekaar te probeer kry om weerstand te bied teen die uitwissing wat teen ons gevoer word. Die stryd is eers verlore as u die wil om te stry verloor het!