1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961117

Besoekers aanlyn

Ons het 127 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

SO LYK DIE “NUWE” SUID AFRIKA ONDER ANC REGIME, DIE MAAKSEL VAN DIE 1994 NP- VOLKSVERRAAIERS.

altU is veilig by die NP.  U het ‘n toekoms by die NP.  Stem vir u toekoms. Stem vir u veiligheid” Aldus ‘n verkiesingspamflet in 1988 van die NP!

DRAGTIGE OOIE KEELAF GESNY, KARKASSE IN DIE VELD LANGS DIE PAD GELOS (Reginald Witbooi        

Dinsdag 05 November 2013) (‘n Berig wat in Volksblad verskyn het) 

REITZ. – ’n Boer het altesaam 23 van sy dragtige ooie verloor toe hulle keelaf gesny is. 

Hennie Cronjé van die plaas Beta was Sondagoggend saam met sy familie op pad kerk toe, toe hulle op die slagting afgekom het.

 

Drie van die karkasse is verwyder en 20 is op die plaas gelaat. Die karkasse wat nie gesteel is nie, het naby die pad langs die draad gelê.

’n Emosionele Cronjé sê die feit dat sy skape se kele afgesny en net op die plaas gelos is, is vir hom tragies.

“Ek meen, as hulle die skape doodgemaak en verwyder het, was dit ’n ander saak. Niks wat ons nou kan doen gaan hulle terugbring nie.”

Hy sê dit is die eerste keer wat so groot slag hom tref.

“Ander tye word een of twee skape gesteel.

“Ek gee nie daarvoor om nie, want dit is sekerlik mense wat honger is.”

’n Klag van veediefstal is by die polisie ingedien.

Die skade is sowat R40 000.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie