GALÁSIËRS 6-9
6 EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe,
7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
8 Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!
9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!
Dat ons standvastig sal bly, in die genade en onmeetlike liefde van God onse Vader, deur Jesus Christus ons Verlosser en die kragtige werking van die Heilige Gees, is ons gebed, met danksegging aan U, ons alleen Wyse God en Vader aan wie toekom al die eer en heerlikheid, tot in ewigheid. Amen.