Hy verswyg gerieflik die sluipmoord op dr. HF Verwoerd wat die pad moes oopmaak vir sy “demokrasie”
FW de Klerk, daardie Rooi Vrydag-toespraakmaker en die grootste weldoener aan die kommunisme sedert Josef Stalin, het weer in 'n toespraak, dit was nou verlede week by die SALDARRIAGA CONCHA FOUNDATION, BOGOTA,( 29 MAY 2013 SOUTH AFRICA), selektief met die waarheid omgegaan oor die konstitusionele wonderwerk wat hy oor ons land en die Afrikanervolk gebring het.
Hoewel, het De Klerk bygevoeg, daar tog 'n paar dingetjies is wat ernstig haper in die konstitusionele wonderwerk. Dingetjies soos die verlede en in 'n land verdeel deur konflik en dat daar ook tot 'n vergelyk tussen die strydendes gekom moet word wat hierdie verlede betref. En die werksaamhede van die Tutu-kommissie. Sulke goed wat haper, en ernstig daarby, as De Klerk geglo moet word.
Oor kommuniste en kommunisme het hy nie 'n woord gerep nie, dis nou wat die ANC se kommunistiese verlede en die land se kommunistiese hede betref en hoe die Afrikaner dan nou daarmee tot 'n vergelyk moet kom.
Die hof het mnr. Phillips gelyk gegee dat hy die reg het om ’n eis in te stel.
'n Insiggewende berig in Die Vryburger oor grondeise deur Blankes, laat ʼn mens terugdink aan De Klerk se uitlatings destyds teenoor Fanie Jacobs, (LV, Losberg), oor Jacobs se besware van Swart indringing in 'n landbouhoewe-gebied in sy kiesafdeling. Grondeienaars sal deur die staat vergoed word indien hulle skade ly weens swart indringing, was sy versekering. Sal de Klerk nou daarvoor begin instaan? Al die leë beloftes van eie skole, eie woongebiede, wigte en teëwigte begin de Klerk en sy mede amptenare nou vinnig inhaal! Blote kritiek op die regime maak nie hulle beloftes ongedaan nie en is onaanvaarbaar in die lig van die steun wat verkry was op sterkte van al hierdie leë beloftes. Daar sal uit ‘n regsoogpunt noukeuriger gekyk moet word na aanspreeklikheid!
Die berig op Die Vryburger:
The draft Expropriation Bill gives effect to the constitutional provision that property may be expropriated ....
Wie wil FW de Klerk en sy stigting beïndruk met hierdie onderstaande soort verklarings wat hulle nou uitreik? As dit is om hulle te verontskuldig omdat hulle nie die ANC se huidige optrede verwag het nie, is daar twee sake wat aan die orde kom. Die eerste is die misrabele politieke onbevoegdheid en gebrekkige insig wat daardeur geïllustreer word en dan tweedens hulle openlike weiering om na bekwame politici se raad te luister en boonop bewese voorbeelde uit die lesse van Afrika in die wind te slaan, wat dui op ʼn agenda wat nie in belang van die Afrikanervolk was nie. Indien hulle politieke handelinge wel in belang van die Afrikanervolk was, waarom al die geheime geknoei agter die skerms asof die Afrikanervolk gesamentlik nie oor genoeg intelligensie beskik het om oor hulle eie toekoms te besluit nie?
Hulle reflekteer op die Afrikanervolk se intelligensie en die geskiedenis sal hulle inhaal! Hulle optrede is benede die waardigheid van hierdie volk, ( nie die white South Africans nie), van wie hulle ʼn mandaat gehad het en wat hulle vertrou het met hulle land en besit. Om nou verklarings uit te reik wat ʼn erkenning is van hulle onbesonne optrede, vereis eerder ʼn openbare verskoning aan die Afrikanervolk as hierdie patetiese openbare demonstrasie van “optrede in belang van” white South Africans.
“For years we’ve been deceiving ourselves about this.
Die AVP waarsku ons Afrikanervolk opnuut! Kyk na die wêreld daarbuite en besef dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling die enigste beleid is wat vreedsame naasbestaan verseker. Dit het niks met diskriminasie te maak nie omdat dit op die beginsel van gun aan ander volke wat jy vir jouself toe-eien, berus. Die skelwoorde vir “apartheid” het sy ontstaan gehad in imperiale magsug wat geen lewe, geen reg, geen geregtigheid, geen norm of standaard ontsien in sy strewe om dit te bekom waarmee hy oorheersing kan bewerkstellig nie.
Verwerp gedwonge integrasie, die drywers en voorstaanders daarvan en kom in verset sodat daar samehorigheid tussen ons kan groei. Kyk hoe die wêreld rondom ons uitmekaar val in ‘n Babelse verwarring en wees dankbaar en trots op die nalatenskap van Afrikanerleiers wat aan ons die regte politieke pad gewys het! Ons was ‘n lewende voorbeeld vir die wêreld totdat ons toegegee het aan verraad. Daar is mos al baie gesê dat oorlog nie ‘n volk kan vernietig nie, net sy eie klein verraad van binne!
My constant question is: what did Nujoma do for the Boers to deserve such treatment?
In adv. Piet Pretorius se boek, Volksverraad... Waarom? voer hy aan dat Thabo Mbeki en Jacob Zuma albei poppe van die ou inligtingdienste van Suid-Afrika (die inligtingsdienste onder Afrikaner-bewind) was. Dat so 'n toedrag van sake baie voordelig vir die Afikanervolk kan wees, ly geen twyfel nie. Immers is sulke mense willose poppe na die smaak van die hanteerder, of hoe..? Die vraag is egter of sulke mense maar altoos poppe in die hande van die hanteerders bly.
Dit lyk in elk geval of die binnekring van die kommunistiese ANC Mbeki se dubbele rol weldrae besef en hom vervang het met Zuma ten einde die Suid-Afrikaanse Rewolusie weer met Zuma se hulp op koers te kry.
As adv. Pretorius se verduideliking aanvaar word – dat Zuma maar ook 'n pop van die inligtingsdienste was – is die afleiding nie verkeerd nie dat die Suid-Afrikaanse Rewolusie maar net nog 'n slag in die hande van iemand beland het wat die rewolusie bestuur en uitvoer ten behoewe van mense en instansies agter Zuma.
Adv. Pretorius verstrek baie goeie redes in sy boeke (Volksverraad en Volksverraad... Waarom?) waarom aanvaar kan word dat mnr. John Vorster 'n pion in die hande van die buiteland en in besonder die Amerikaanse inligtingsdiens, die CIA, was.
Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
JOHANNES 10:1-41
1 VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ’n ander kant af inklim, hy is ’n dief en ’n rower.
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ’n herder van die skape.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
5 Hulle sal ’n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
Mnr. FW de Klerk het uiteindelik ook onder Britse invloed gekom en die land holderstebolder aan Slovo en sy trawante oorhandig.