1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959369

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

Republiekdag 2013

altOns situasie is nou selfs erger as op 31 Mei 1902.

Wanneer Suid-Afrika vandag met die republiek van 50 jaar gelede vergelyk word, is daar bitter min ooreenkomste. Suid-Afrika in 1963 was ‘n toonbeeld van vrede, voorspoed en veiligheid, terwyl die land vandag ‘n rommelhoop is. Feit is, swart regering het misluk. Swartes is inherent nie in staat om ‘n Westerse demokrasie in stand te hou nie. Brittanje weet dit, maar dit pas hulle dat Milner se begeerte om die Afrikanerdom te vernietig nou deur Swartes namens hulle voltrek word.

Ondanks die realiteit van die huidige situasie is die liberalis steeds besig met sy knoeiwerk om volksgenote te oortuig dat die alternatief “too ghastly to contemplate” was. Ons situasie is nou selfs erger as op 31 Mei 1902. Daardie Afrikaners het hulle selfrespek behou; ons s’n is aan flarde. Ons het vandag niks om te vier nie. Ons land is oorgeneem deur ‘n terroristebende wat nie in staat is om ‘n munisipale rioolstelsel in stand te hou nie, laat staan nog ‘n land. Hulle gee natuurlik nie ‘n flenter om nie. Die barbaar stal maar net sy ware kleure uit.

 

Terwyl ons in hierdie benarde situasie is, is daar steeds Afrikaners wat saam met die Afrikanerbond knoei in ‘n sogenaamde strategiese komitee om oor die toekoms van die Afrikaner te besin. Die AB het in die tagtigerjare verklaar dat swart meerderheidsregering ‘n voorwaarde is vir Blanke voortbestaan! Dus, die AB kan nie vertrou word met enige toekomsbeplanning vir Afrikanervryheid nie. Mense en organisasies wat saam met die AB knoei met sogenaamde beplanning vir Afrikanervryheid, eweneens nie. Hierdie “liberale demokrasie” is ‘n maaksel van Brittanje in samewerking met die NP en die AB. In hierdie “demokrasie” sterf derduisende Afrikaners jaarliks gewelddadig aan die hand van die swart barbaar. Hoe pateties het sommige van ons nie geword as ons nie eers meer in staat is om duidelike onderskeid te tref nie.

Ons land het, anders as 50 jaar gelde, niks meer om op te roem nie. Niks wat meer ons eie genoem kan word nie. Die barbaar bepaal wat die waarde van ons geldeenheid sal wees; of ons nog more die reg op lewe het. Ons is geïndoktrineer en gekondisioneer deur die geldmagte se media wat, te midde van doodslag waaroor daagliks berig word, steeds die lof van “ons demokrasie” besing. Ook die liberalis sal hierdie revolusie nie oorleef nie, juis omdat die revolusie sy eie lofsangers gaan verteer.

Hoe moeilik dit ookal vandag is, moet Afrikaner-nasionaliste vir mekaar sê dat ons nie berus in hierdie toestand nie, dat ons hierdie “onomkeerbare” toestand sal omkeer.

As ons glo in die Godsplan van verskeidenheid, dan kan ons nie berus in hierdie verraderlike toestand nie. Ons republiek van 50 jaar gelede sal moet herleef. Daartoe is ons geroep.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie