1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9959376

Besoekers aanlyn

Ons het 68 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WAT WORD VAN DIE NP SE SKULD?

Die hof het mnr. Phillips gelyk gegee dat hy die reg het om ’n eis in te stel.

'n Insiggewende berig in Die Vryburger oor grondeise deur Blankes, laat ʼn mens terugdink aan De Klerk se uitlatings destyds teenoor Fanie Jacobs, (LV, Losberg), oor Jacobs se besware van Swart indringing in 'n landbouhoewe-gebied in sy kiesafdeling. Grondeienaars sal deur die staat vergoed word indien hulle skade ly weens swart indringing, was sy versekering. Sal de Klerk nou daarvoor begin instaan? Al die leë beloftes van eie skole, eie woongebiede, wigte en teëwigte begin de Klerk en sy mede amptenare nou vinnig inhaal! Blote kritiek op die regime maak nie hulle beloftes ongedaan nie en is onaanvaarbaar in die lig van die steun wat verkry was op sterkte van al hierdie leë beloftes. Daar sal uit ‘n regsoogpunt noukeuriger gekyk moet word na aanspreeklikheid!

Die berig op Die Vryburger:

 

 

Baie honderde boere, of hulle nasate, kan voortaan grondeise instel teen die regering.

Die eise kan ontstaan as gevolg van honderde landbouers wie se grond onteien is tydens die apartheidsjare om tuisland konsolidasie te bewerkstellig.

Hierdie boere, of hulle nasate, kwalifiseer nou om eise in te dien as die afsnydatum vir sulke eise tot einde 2018 verskuif word.

In onlangse hofuitsprake het die grondeisehof die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming se standpunt verwerp. Die Minister was van oordeel dat dié boere nie weens ras-gegronde wetgewing of praktyke van hul reg op grond ontneem is nie. Volgend die Minister is hulle van ’n bevoorregte rassegroep, of te wel, blankes, wat nie kwalifiseer vir sulke eise nie.

Een boer, Ivor Phillips, het byna al sy plase tussen Queenstown en Tarkastad in die Oos-Kaap verloor toe dit as deel van Ciskei gekonsolideer is. Die hof het mnr. Phillips gelyk gegee dat hy die reg het om ’n eis in te stel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie