Ek sit en prewel saggies “soos ons vadere vertrou het” terwyl my oog val op ‘n half-opgerolde Republiekvlaggie wat op die kant van my lessenaar lê.
Ek peins oor die lewe wat nog in ons volk oor is. Ek wonder in hoeveel volksgenote se huise is daar nog simboliek van ons volkie se roemryke en heldhaftige geskiedenis? Ek wonder in hoeveel volksgenote se huise is daar nog plek vir die huisaltaar – is daar nog plek vir God se gesag. Ek wonder in hoeveel van ons volkshuishoudings is Hy nog welkom? Ek wonder in hoeveel volksgenote se harte is die vryheidsug soos ‘n bruisende storm om hul geloofsvryheid te mag handhaaf, te behou vir opkomende geslagte en op ‘n daaglikse basis uit te leef? Ek wonder hoeveel volksgenote nog bereid is om te stry vir die behoud van laasgenoemde volgens die opdrag van Judas:3: “GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.”
Daar is ‘n alombekende spreekwoord wat lui: “As jy nie bereid is om vir iets te sterf nie, het jy niks om voor te leef nie.” Hierdie stelling is nie alleen van toepassing op individue nie, maar soveel te meer op volkere.
My gedagtes neem my terug met ‘n arendsvlug deur die geskiedenis van die Afrikanervolk. Gelowige Christene wat vlug uit Europa om teregstelling weens hul geloof in Jesus Christus te ontvlug en gevestig word aan die Suidpunt van Afrika waar hulle hul geloof verder kon uitleef. Hierdie was mense wat nie in die stilligheid hul geloof in die geheim wou beoefen nie, maar juis hul geloof wou leef! Al sou dit beteken dat hierdie mense huid-en-haard moes agterlaat ten einde hul gelowige lewenswyse te handhaaf, was selfs hierdie prys nie te hoog om te betaal nie.
Ek dink hoedat ‘n volk die vreemde-in moes trek ter behoud van hul geloofsvryheid. Ek dink hoedat suksesvolle plase, familiebande en kinderlewens op die altaar geplaas moes word ten einde geloofvryheid as ‘n lewenswyse vir opkomende geslagte te verseker. Ek dink hoedat dure offers by Wenen, Slagtersnek en Bloukrans gebring is – van hierdie offers wat kleine kindertjies se lewens gekos het en ek wonder of die ouers wat hierdie offers moes bring ook gehoop het op die belofte van ‘n talryke nageslag in ‘n vrye land? Is daar enigiets anders as geloof, hoop en liefde wat ‘n mens kan oorhaal om sulke dure offers te betaal?
My gedagtes slaan ankers vas by ‘n donker dag toe die mag van die duisternis gedreig het om hierdie lewendige volkie te oorweldig.
Wat ‘n verskrikking vir die naïewe liberale politici en hulle navolgers in Suid Afrika, wat met Mikhail Sergeyevich Gorbachev van Rusland se Glasnost en Perestroika in 1986 en feitlik gelyktydig F.W. de Klerk se hervormingsbeleid in Suid Afrika om die “demokrasie “ te vestig wat ons dan kwansuis nooit gehad het nie, nou deur die katastrofale gevolge daarvan gekonfronteer te word!
Kommunisme is dood was hulle slagkreet. So asof die stryd tussen lig en duisternis sy einde bereik het, is die een na die ander volksontroue se lof besing vir die “grootse” bydrae tot die lankverwagte democracy wat nou oor ons neergedaal het. Die teenhang van apartheid wat ‘n einde sou bring aan die “onderdrukking”, “rassisme”, “verontregting” en “diskriminasie” teen die nie-blankes in Suid Afrika is gevestig. Utopia is in sig!
Met integrasie wat op diaboliese, verraderlike en geheime geknoei agter die skerms in 1994 tot stand gekom het, moes die pad nou oop wees na gelykheid, vryheid en broederskap, vrede en voorspoed vir almal. Wat ‘n ontnugtering om te moet sien dat instede van gelykheid, ongelykheid, in plaas van vryheid, beperking en in die plek van broederskap, verskerpte vyandskap ontstaan het. Dat vrede met onverdraagsaamheid vervang is en dat voorspoed vir almal, slegs sommige insluit, solank as wat daar nog iets daarvan oorbly.
Nadat Boraine en genote die Nuwe Suid Afrika tot stand help bring het met ‘n uiterste geknoei agter die skerms, soek hulle nou “nuwe leiers”! Wat het dan nou fout gegaan met die “wonderlike” gelykheidsinisiatief van hulle?
“Hy het absolute konsistensie geopenbaar. Die gierigheid, die korrupsie, die gepeuter met die regstaatbeginsel en die gebrek aan respek vir die Grondwet het hom naar gemaak. Van Zyl moes eens aanskou hoe sy beginsels deur die NP vertrap word, en nou het dieselfde jammerlike verhaal voor hom afgespeel. Hy was gefrustreerd, hartseer en kwaad, aldus Boraine.
Om sulke kaf voor ‘n klompie studente kwyt te raak is behalwe dat dit opvoedkundig uiters nadelig is, ook ‘n spul leuens. Daar is niks in dié jammerlike verhaal van verraderlikheid wat as beginsels beskou kan word nie. Alles waaroor Frederik van Zyl Slabbert gefrustreerd, hartseer en kwaad geword het, is in vooruitsig gestel sedert 1948, indien die “beginsels” waarna Boraine verwys en wat reeds in Sir de Villiers Graaf se VP-Party die beleid was, eendag in Suid Afrika sou slaag, het Afrikanerleiers gewaarsku!
Wat meer is, toe die inligting van die Idasa Komplot deur wyle mnr. Jaap Marais aan die lig gebring is, is dit heftig ontken en is hy beswadder as leuenaar. Hulle was egter nie een bereid om saam met hom op ‘n verhoog te verskyn in debat nie! Die voorspelde gevolge is nou besig om hulle vinnig in te haal en hulle deelname aan die verraad te bevestig!(AVP)
Die artikel hier onder het in die nuus van die US verskyn.
Kol. 1:3-23
“sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,” (:10)
“Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;”(:21&22).
Ek wonder vir hoeveel mense is dit nog belangrik om hulself waardiglik voor die Here te gedra – oftewel waardiglik voor Hom te wandel? Mense mat hulself af om te ywer om groter besighede te bou, die nuutste motors aan te skaf en kinders te dryf om die hoogste prestasies te behaal sodat hul tog goed kan vertoon voor ander mense. Dit is juis hierdie gesindheid wat mense van ‘n gerusstellende vrede ontneem en veroorsaak dat mense verstrik raak in die najaag van die begeerlikhede van die vlees terwyl die geestelike lewe feitlik doodgaan.
Maar, ‘n Luiperd verander nie van kolle nie en ‘n jakkals verander van haar maar nie van snaar nie. Elke voël sing tog soos hy gebek is ( elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte). Gee so iemand dus die pinkie, dan vat hy die hele hand want as dit mos pap reën, moet jy skep! Om dus bloot te sê dat jy korrupsie gaan stop, is om te weet dat dit sal gebeur as die perde horings kry. Dit sal nooit gebeur nie. Hierdie berig in die Beeldkoerant het onder die AVP se aandag gekom en is ‘n sprekende voorbeeld van ons standpunt.
OG looi Prasa oor miljarde. Dok R17 milj. vir gratis grond op
Deur Leanne George en Pieter-Louis Myburgh Vrydag 31 Julie 2015 05:00
’n Bedrag van R17 miljoen wat blykbaar uit Prasa se koffers “verdwyn” het, is maar ’n druppel aan die emmer van besteding van minstens R4 miljard waaroor daar nou vrae is.
Romeine 8:1-17
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” (:14)
Ons moet mooi verstaan dat Jesus Christus se kruisdood die vervulling van die wet van God was en nie die vernietiging daarvan nie. Hy het vlekkeloos Sy lewe neergelê en hierdie volmaakte offer van Sy Soenbloed was die volle koopsom om al Sy kinders van die mag van die dood los te koop. Hierdie dure prys wat betaal is vir ons vryheid, mag dus nooit goedkoop gemaak word om misbruik te word om ‘n lewe van losbandigheid te lei nie.
Wanneer ons die omvang van die losprys begryp wat Jesus Christus vir elke ware gelowige betaal het, is ons veronderstel om ‘n lewe van ootmoed voor God te leef uit dankbaarheid vir Sy genade. Dit beteken dat ek uit dankbaarheid ‘n lewe sal nastreef waar ek in vryheid die sonde beveg en nie vry is om ‘n lewe van losbandigheid te leef waarin ek die sonde omhels nie. God het juis die vernietigende impak van sonde op die mens se lewe besef en daarom vir ons wette gegee om te onderhou om ons daarteen te beskerm.