As rampokkers regeer is demokrasie so dood soos ‘n mossie. Baie hooggeplaastes wat tot onlangs as terroriste beskou was, swaai nou die septer in ons land, wat onregmatig aan hulle oorgegee is deur verraad in Afrikaner geledere. Neem kennis dat die DA en VF+ ook nou gekoöpteer is om dié onreg in ons land voort te sit.
Génesis 1:1-31: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (:26&27).
In die gelese gedeelte bevoorreg God ons om ’n klein stukkie van die wonderlike gebeure tydens die Skepping aan ons te openbaar. Hy leer ons hierin hoe die heelal sy ontstaan gehad het, maar ook wat die oorsprong van die mens is. Die oorsprong van die mens is eenvoudig – dit het ontstaan op die oomblik toe God dit so besluit het. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, ...”.
PARTYLEIER VAN FORUM VIR DEMOKRASIE MNR. TOM PANIS: "DIE DIREKSIE EN DIE KOLLEGE KAN DAAROP STAATMAAK DAT EK VERGAANDE VRAE SAL STEL, WANT NA MY MENING WORD 'N GROOT ONREG AANGEDOEN AAN HUURDERS WAT SOMS REEDS 60 JAAR DAAR WOON"
Geagte leser. Na aanleiding van die feit dat Behuisingsvereniging Velison Wonen, van huurders wat al amper hul hele lewe op die Planetenweg in IJmuiden woon, hul motorhuise en solders wil verwyder en dit daarna in 21 huise wil omskep, het ons 'n insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met mnr. Tom Panis, wat in die munisipaliteitsraad an Velsen setel as partyleier van Forum vir Demokrasie.
“DRAGON ISLAND”
Bogenoemde benaming is seker die mees gepaste beskrywing van die politieke opset in die nuwe
Suid-Afrika. Predatore par excellence waar die Afrikaner die prooidier geword het. Die klaarblyklike motief is om die Afrikaner te terroriseer tot totale oogawe en ondergeskiktheid. Polities populȇr word die woorde grond hervorming (grondroof) gebruik as eufemisme vir die uiversiële roof van die Afrikaner eiendomlike.
HOU HOM IN ERKENTENIS!
Rom. 1:18-32
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande
ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,...” (:28-31).
OM GOD LIEF TE HÊ
1 Kor. 8:1-13
“Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.” (:3).
‘n Treffende stelling. Watter mens wat in God glo wil nie beslis weet dat God hom ken nie? En tog
is daar baie mense wat hulle met godsdienstige sake besig hou, maar sonder dat daar ’n ware verhouding tussen hulle en God bestaan. Die rede hiervoor is dat daar in hul godsdienstige aksies geen liefde is nie – dit bestaan uit gewoonte of gewoon aangeleerde kennis. Laasgenoemde is veral kenmerkend van soveel teoloeë in ons tyd wat ’n groter aanhang vir hul sogenaamde akademiese kennis as vir God het. En dit verduidelik natuurlik vir ons waarom dit hulle min traak dat God se Woord en insettinge geminag, verdraai en vertrap word, want hulle voel nie iets vir Hom nie – daar is in hulle geen liefde vir God nie.
2024 lê op sy rug met toenemende wetgewing wat daarop gerig is om die Afrikanervolk van die geskiedenis se verhoog af te vee.
Beide die onteiening sonder vergoeding en die Bela wet op onderwys is deur die onwettige regime se “president” finaal onderteken in die onwettige mandaatlose proses wat die Afrikaner
seggenskap oor alles wat sy eie is van hom ontneem het en steeds gebruik word onder die voorwendsel van “demokrasie”. “mensereg” en nasionale eenheid, sonder dat enige van hierdie beginsels in hulle mondering bestaan of bewys kan word.
Op ons weg na ‘n nuwe jaar is die vooruitsig op Afrikanervryheid en onafhanklikheid maar bleek. Terwyl die filosofie van perseptologie steeds aangewend word om verwagtings te skep waar daar geen hoop op verandering kan of sal wees nie, is die tragiek dat die meerderheid van ons volk steeds saamgesleep word in ‘n proses van magsdeling met ‘n swart meerderheids regime waarvan die gevolge na dertig jaar reeds in skerwe rondom ons lê.