Macmillan se winde van verandering waai stormagtig in die nuwe Suid-Afrika. Die eenkant-kampie het nou die hoofkamp geword wat die volk se skape nou huisves. Wokeness is nou die nuwe politieke evangelie. Predikante, pastore, sendelinge, biskoppe en politici propageer wokeness as goddelik geȉnspireer. Die skape (kiesers) het ingekoop in hierdie onderduimse psedo-koningkryk. Huntington is nou verhef tot die nuwe afgod, wie se deaboliese voorskrifte nou eerbiedig moet word, en Lucifer lag homself dat die skuim om sy mond sit!
Die skape se oë en ore werk nie mooi saam nie. Ook die brein registreer nie wat die oë sien nie. Alle rede is nou poer in sy maai in. Die pers het van dekadente politici superwesens gemaak, en die skape blêr saam. Die wit-plakkerskampe is nou vele se nuwe woning. Sommige politici ly aan verstandelike hardlywigheid, terwyl die toilette
kerm onder die winde van verandering. Die les wat die skape nou leer, is dat jy moet eers verlore wees voordat jy apartheid kan waardeer. Jakkals en wolf as herders, patroleer die skaapkamp en hulle bly honger vir jou eiendomlike, daarom is die mishoop jou enigste hoop in die nuwe Suid-Afrika onder hierdie vervloekte regime.
Die rekenkundige rekeningstate van die munisipaliteite lieg nie. Niemand weet wat van die geld geword het nie.
Die woke politici is geseën met orale, klankryke twakpraat omdat rekenkunde nog nooit hulle koppie tee was nie, en baie is onalfabete. Potlood in die hare, en korrupsie wat pla. Disfunksie word opsetlik bedryf om chaos van die boeke te bewerk volgends die handves van regte in ‘n woke gemeenskap. Aanspreeklikheid is bloot teoreties.
Jy moet totaal blind wees om nie te besef dat die reënboognasie ly aan Brandskiekte (‘n skaap jeuk-siekte). Die egaliteitswetgewing (BBEE) is verantwoordelik vir die rampspoedige uitkomste. Hul jeuksiekte laat hulle krap in die
geldlaaie en veral waar dit nie jeuk nie! Zondo het reeds moed opgegee met die wokers. Die waarheid is dat die regime in die Amoeba-stadium van menslike morele ontwikkeling verkeer. Instede van ‘n nasionale dialoog, is ‘n skaapskȇr nodig om die “wol” te knip. Dit is juis die wolwe in skaapklere wat geskeer moet word. Luise floreer in ‘n wollerige omgewing. Dié verpesting het altyd ‘n gasheer nodig om uit te suig om ‘n bestaan te maak. Groetnis van huis tot luis.
KLAAS WAARSEGGER
NS: Die enigste punt op die agenda van die nasionale dialoog behoort te wees; hoe raak ons ontslae van die huidige parlement met al sy teenwoordige woke partye.