1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9491638

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

PAN AFRIKANISME. IS AFRIKA NOU EINTLIK NA EEUE DAARHEEN OPPAD?

NamibieBotswana Zambia one countryNamibië, Botswana en Zambië nou een land! Oornag ooreengekom om hulle grense te laat verval en ‘n nuwe grenslyn wat al drie lande insluit te aanvaar. Die oorweging is om al die bestaande wette met koloniale oorsprong te vervang met nuwe wette. Wette wat daarop gerig is om hulle lande se bevolking, mineraalregte, mynregte, eienaarskap van besighede en derglike dinge te beskerm!

Die onderlinge kultuurverskille tussen die onderskeie swart volke wat nog altyd deur al die eeue van hulle bestaan, een na die ander bewindsverandering, burgeroorloë, grensverskuiwings, politieke moorde, staatsgrepe ens. tot gevolg gehad het. Is dit nou gestop? Die oogmerk van PanAfrikanisme het sedert die vrystelling van slawe, Afrika-eenheid as doelwit gehad! Daar was egter in al daardie tyd veral twee sake wat vir ons Afrikanervolk van die uiterste belang was en die grondslag van ons beleid van Afsonderlike Ontwikkeling! Dit was naamlik die Pan Afrcanist Congress se slagkreet van “Africa for the Black man” en tweedens die ingebore haat vir die blanke ras!

Die politieke insig, vêrsig en veral politieke kundigheid van ons Afrikanervolksleiers van weleer, was wel deeglik bewus daarvan dat daar een of ander tyd in Afrika, verandering sou moes kom. Daardie besef het veral in dr. Verwoerd se tyd sterk na vore gekom in sy benadering deur die skep van grensnywerhede en die onafhanklikwording van die swart state in Suid Afrika.

Met Kaptein Ibrahim Traoré van Burkina Faso se nasionalistiese beleid as vooruitsig vir sy land en lande rondom hom, Angola se 24 uur ultimatum aan alle Chinese om uit Agola te wees, dit met verlies van Huis en Haard wat insluit besighede, fabrieke en myne, saamgelees met Namibië wat 500 Amerikaners die pad gewys het en Traoré wat vier mynbestuurders gearresteer en toegesluit het, dui op vordering op die pad van ‘n “Verenigde Staat van Afrika”.

Hoe dit ookal sy, maklik en glad sal dit gewis nie wees nie. Dat dit egter vir die Swart rasse van Afrika betekenisvol sal wees in hulle strewe na sefstandigheid en veral onafhanklikheid, buite die bereik van die gierigheid van Imperiale Moondhede, is onbetwisbaar indien hulle sou kon slaag om saam te werk! Kleiner, maar vir die Imperialiste waardevolle bates in die vorm van Lande en State met minerale en ander middele, van wie hulle die waarde van betaalmiddel afdwing tot ‘n fraksie van die Dollar bv., was nog altyd ‘n onbillike praktyk!

 

Maar dit bring ons nou by die verraad van die Joiners, die Hensoppers en die liberale, Sosialistiese, Kommunistiesgesinde Humaniste! Dink julle nou werklik dat julle aanvaar gaan word indien die PanAfrikaniste slaag met wat hulle vir Afrika beplan? Begin sommer by die André P. Brink’s, Ettiënë Le Roux’s, Breyten Breytenbach’s, Beyers Naudé’s, Willie Jonker’s, Max Du Preez’s, F.W. de Klerk’s, Constand Viljoen’s, al die DA’s, VF’s Positief, die kerke, die universiteite en kultuurorganisasies wat kapituleer het na integrasie! Dit is om van siek te word! ‘n Volk wat sy geloof, sy waardes, sy Geloftes, sy integriteit, sy Patriotisme aan ‘n groep ideoloë moes prysgee! Mense met mense se breinvlugte van beter oplossings as vaste, berekende beginsel beleidsrigtting wat bewese suksesvolle uitkoms gehad het! Hoe lyk die regime in Suid Afrika nadat de Klerk een en dertig jaar gelede die RNE, Regering van Nasionale Eenheid begin het? Géén regeervermoë, géén sweem van Nasionalisme en géén teken van enige eenheid nie! Op sy beste ‘n patetiese voorkoms van ‘n swak sirkus met katastrofale vernietigende effek op ‘n eens Eerste Wêreld Land wat nou in stof en as lê.

 

Die AVP vra, keer terug na jou God, keer terug na jou volk keer terug na gehoorsaamheid aan ons Hemelse Vader se riglyne in Sy Lewende Woord. Staak julle sinlose verdeeldheidskepping of jy ‘n Boer of Afrikaner is, of Suid Afrika ‘n Repubbliek of ‘n maatskappy is, of Donald Trump aan ons hulp moet verleen, of die Duitsers aan Suidwes se kus gaan land, of wat ookal!

Bedink liewer die Bybelse verhale van Gideon en sy 300, aan Jonatan en sy wapendraer, aan God se almag, omdat dit nie by Hom daarop aankom om deur baie of deur min te verlos nie! Die Afrikanervolk is ook God se volk! Hier aan die Suidpunt van Afrika in aansyn geroep, gelei, beskerm en bemagtig vêr bo verdienste! Kom laat ons weer verenig in geloof! Laat ons, so die Here wil, bymekaar kom in ‘n volkskongres op Saterdag 5 September 2026, dr. H.F. Verwoerd herdenk en Nasionalisme optel toe dit geval het op 6 September1966!

Skakel die kantoor van die AVP en bied u hulp aan in welke vorm ookal. Kom laat ons dit ‘n Volksbyeenkoms maak!

Vriendelike groete,

Danie Varkevisser.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie