Op Vrydag 22 Augustus is Suid-Afrika se Staatspensioenadministrasieagentskap se uitvoerende hoof as voorsorgmaatreël geskors nadat 'n News24-blootstelling beweerde verkrygingsoortredings aan die lig gebring het wat die agentskap meer as R1,2 miljard gekos het.
Volgens die publikasie is Madiehe daarvan beskuldig dat sy nie alleen toesig gehou het oor bedenklike verkryging, maar ook derglike onreëlmatighede wat die SPAA blootgestel het aan miljarde verliese, aangemoedig het.
Oudergewoonte is dié huidige uitvoerende hoof, Kedibone Madiehe, met volle betaling as voorsorgmaatreël geskors na hierdie bewerings van ernstige wanbestuur
News24 se ondersoeke het bevind dat die SPAA na bewering 'n fiktiewe huurooreenkoms en opknappings aangegaan het wat hulle meer as R1.2 miljard sal kos.
Volgens die joernalis Bianke Neethling van Daily Investor, is die staatspensioenfonds as gevolg hiervan in ernstige moeilikheid • 26 Augustus 2025
'n Amptenaar van die Nasionale Tesourie sal die rol van waarnemende uitvoerende hoof by Suid-Afrika se Staatspensioenadministrasieagentskap (SPAA) oorneem. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het gesê Madiehe is geskors om ondersoeke na hierdie bewerings toe te laat sonder om enige huidige SPAA-werknemers te benadeel.
Net maar nog ‘n simptoom van die afwyking van ‘n suksesvolle beginselbeleid waaroor daar vroegtydig gewaarsku was dat dit, behalwe jou spaargeld wat ook nog ‘n teiken is, deel sal word van die “vinnige en onomkeerbare verdeling van rykdom” as oogmerk van die “freedom charter” van die ANC regime.