Macmillan se winde van verandering waai stormagtig in die nuwe Suid-Afrika. Die eenkant-kampie het nou die hoofkamp geword wat die volk se skape nou huisves. Wokeness is nou die nuwe politieke evangelie. Predikante, pastore, sendelinge, biskoppe en politici propageer wokeness as goddelik geȉnspireer. Die skape (kiesers) het ingekoop in hierdie onderduimse psedo-koningkryk. Huntington is nou verhef tot die nuwe afgod, wie se deaboliese voorskrifte nou eerbiedig moet word, en Lucifer lag homself dat die skuim om sy mond sit!
Die AVP plaas graag hierdie artikel van Peter Koenig omdat dit op elke mens van toepassing is! Omdat ons as vrymens geskape is moet ons waak daarteen om slawe van ‘n stelsel gemaak te word wat deur bedenklike mense op bedenklike wyse op die mensdom afgedwing word.
Deur Peter Koenig 29 Aug
[Hierdie artikel deur Peter Koenig is die eerste keer deur Global Research gepubliseer. Jy kan dit hier lees.]
Op 7 Maart 2021 het Switserse burgers reeds gestem oor die bekendstelling van die elektroniese ID (e-ID) en die regering se voorstelle met 'n oorweldigende meerderheid van 64.4% NEE verwerp, teenoor 35.6% JA.
Jak. 4:13-17“Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” (:17).
Hierdie woorde uit Jakobus 4 gee vir enige gelowige ernstige stof tot nadenke. Hierdie woorde lê op ons ’n groter verantwoordelikheid as gewoon die onderhouding van ’n paar gebooie om ons gewete mee te sus. Dit herinner ons daaraan dat ’n opregte geloof ’n lewe van aktiewe handeling is waarin God se welbehae nagestreef word eerder as ’n passiewe lewe van valse gerustheid dat ek nie te veel oortree t.o.v. die gebooie van God nie. Christus het Hom sterk teen so ’n sogenaamde godsdienstige lewe waar ’n mens in sy hart dood is vir God, uitgespreek. “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.” (Matt. 23:27).
Op Vrydag 22 Augustus is Suid-Afrika se Staatspensioenadministrasieagentskap se uitvoerende hoof as voorsorgmaatreël geskors nadat 'n News24-blootstelling beweerde verkrygingsoortredings aan die lig gebring het wat die agentskap meer as R1,2 miljard gekos het.
Vir ‘n volk om te kan voortbestaan moet so ‘n volk homself voortdurend betuig! Dit beteken dat sy Taal, sy voorkoms, sy geskiedenis, sy kultuur, sy waardes, sy geloof, sy beginsels en sy beleid van bestuur en beheer, sigbaar en hoorbaar verkondig, getrou geleef en gehandhaaf moet word.
Dit vertoon sy identiteit wat hom onderskei van elke ander volk! Wanneer so ‘n volk dan grondgebied verkry het volgens internasionale regsbeginsel, is sy verantwoordelikheid om dit te beskaaf, te bewerk, te ontgin en dan te bewaak en te beskerm met dieselfde ywer en beslistheid as wat hy sy identiteit beskerm!
Die woord woke of wokeness is deesdae in algemene gebruik in die volksmond. Die woord woke het ontstaan in Amerika vanuit ‘n swart ideologie wat in wese anti-wit beteken het. Die term impliseer politieke korrektheid en ‘n patalogiese haat vir alles wat as westers beskou was. Die woord woke of wokeness is geskep om die Amerikaners ‘n bietjie dommer te maak met ‘n woordgebruik wat min mense werklik verstaan het. Met die verloop van tyd het die woord ‘n totale ander betekenis verkry en is ook ‘n uitgebreide betekenis toegeken wat insluit dekadensie, seksvryheid, veelgodery, geslagsverandering, satanisme en alles wat te doen het met die onderwȇreld.
MNR. JAN BAAK: "BAE MENSE WORD NIE DEUR 'N KOPDOEK GEPLA NIE EN GEE NIE OM DAT HULLE DEUR SO'N PERSOON BEDIEN WORD NIE, MAAR NA MY MENING NORMALISEER JY DIE UITDRUKKING VAN HIERDIE 'GODSDIENS', WAT ISLAMISERING MAAR NET VERDER KAN VERSNEL."
Geagte leser. Ons het 'n derde vraaggesprek in Nederlands gehad met mnr. Jan Baak, wat u
ongetwyfeld nog sal onthou het van ons vroeër onderhoude. Die aanleiding is die feit dat die Aldi-supermark onlangs dit nodig gevind het om via Facebook 'n vrou met kopdoek in 'n video te toon. Aan die einde van die video staan 'Meer werkplezier dan je denkt', wat 'n oproep inhou om te gaan aansoek doen.
Bekommerde burgers het ontsteld gereageer op hierdie uiting om die islamideologie te normaliseer en bevorder, en het aangedui dat hulle nie meer by daardie winkel hul inkopies sal gaan doen nie, maar hul geld elders gaan spandeer.