LYS PIM FORTUYN SE PARTYLEIER MNR. IWAN DIENJES: "NA MY SIENING MAG DIT NOOIT GEBEUR NIE DAT 'N 15-JARIGE MEISIE SOMMER KAN VERDWYN IN 'N DEUR DIE OWERHEID BEFONDSDE ASIELSKUILING"
Geagte leser. U sal dalk nog onthou dat ons aan die einde van ons tweede onderhoud wat ons
met mnr. Iwan Dienjes in Junie gehad het, die asielskuiling in sy stad Breda (provinsie Noord-Brabant) onder die loep geneem het. Ons het tans 'n derde vraaggesprek in Nederlands met hom gehad n.a.v. die onlangse verdwyning van die 15-jarige meisie Kianna uit die provinsie Limburg wat glo drie dae op die kamer van 'n sg. 'loverboy' in 'n asielskuiling aan die Heerbaan gebly het. Die onthulling het begin met ’n uitsending van Hart van Nederland, waarin die verdwyning van die meisie uitgelig is. Daardie uitsending het gelei tot ’n golf van ontstellende meldings by mnr. Dienjes se plaaslike partytak.
Ons het die partyleier o.a. vrae gevra watter meldings op sy party se lessenaar beland het en hoe die munisipaliteitsraad op hierdie feit reageer het.
Die AVP plaas hierdie artikel omdat dit ‘n verskynsel is wat waarskynlik deur dieselfde geheime mag wêreldwyd, en veral in Suid Afrika, toegepas word om die Een-Wêreld-Regering gevestig te kry en dit dan met onverklaarde belastingbetalers se geld te bedryf!
Deur Ellen Brown
Michel Chossudovsky
28 Aug 2025
[Hierdie artikel deur Ellen Brown is op Global Research gepubliseer. Jy kan dit daar ook lees.]
Die Amerikaanse federale skuld het nou $37 triljoen verbygesteek en groei teen 'n koers van $1 triljoen elke vyf maande. Rente op die skuld oorskry $1 triljoen jaarliks, tweede slegs na Maatskaplike Sekuriteit in die federale begroting. Die militêre uitgawe is ook naby $1 triljoen, wat byna die helfte van die diskresionêre begroting verbruik.
Macmillan se winde van verandering waai stormagtig in die nuwe Suid-Afrika. Die eenkant-kampie het nou die hoofkamp geword wat die volk se skape nou huisves. Wokeness is nou die nuwe politieke evangelie. Predikante, pastore, sendelinge, biskoppe en politici propageer wokeness as goddelik geȉnspireer. Die skape (kiesers) het ingekoop in hierdie onderduimse psedo-koningkryk. Huntington is nou verhef tot die nuwe afgod, wie se deaboliese voorskrifte nou eerbiedig moet word, en Lucifer lag homself dat die skuim om sy mond sit!
Die AVP plaas graag hierdie artikel van Peter Koenig omdat dit op elke mens van toepassing is! Omdat ons as vrymens geskape is moet ons waak daarteen om slawe van ‘n stelsel gemaak te word wat deur bedenklike mense op bedenklike wyse op die mensdom afgedwing word.
Deur Peter Koenig 29 Aug
[Hierdie artikel deur Peter Koenig is die eerste keer deur Global Research gepubliseer. Jy kan dit hier lees.]
Op 7 Maart 2021 het Switserse burgers reeds gestem oor die bekendstelling van die elektroniese ID (e-ID) en die regering se voorstelle met 'n oorweldigende meerderheid van 64.4% NEE verwerp, teenoor 35.6% JA.
Jak. 4:13-17“Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” (:17).
Hierdie woorde uit Jakobus 4 gee vir enige gelowige ernstige stof tot nadenke. Hierdie woorde lê op ons ’n groter verantwoordelikheid as gewoon die onderhouding van ’n paar gebooie om ons gewete mee te sus. Dit herinner ons daaraan dat ’n opregte geloof ’n lewe van aktiewe handeling is waarin God se welbehae nagestreef word eerder as ’n passiewe lewe van valse gerustheid dat ek nie te veel oortree t.o.v. die gebooie van God nie. Christus het Hom sterk teen so ’n sogenaamde godsdienstige lewe waar ’n mens in sy hart dood is vir God, uitgespreek. “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.” (Matt. 23:27).
Op Vrydag 22 Augustus is Suid-Afrika se Staatspensioenadministrasieagentskap se uitvoerende hoof as voorsorgmaatreël geskors nadat 'n News24-blootstelling beweerde verkrygingsoortredings aan die lig gebring het wat die agentskap meer as R1,2 miljard gekos het.
Vir ‘n volk om te kan voortbestaan moet so ‘n volk homself voortdurend betuig! Dit beteken dat sy Taal, sy voorkoms, sy geskiedenis, sy kultuur, sy waardes, sy geloof, sy beginsels en sy beleid van bestuur en beheer, sigbaar en hoorbaar verkondig, getrou geleef en gehandhaaf moet word.
Dit vertoon sy identiteit wat hom onderskei van elke ander volk! Wanneer so ‘n volk dan grondgebied verkry het volgens internasionale regsbeginsel, is sy verantwoordelikheid om dit te beskaaf, te bewerk, te ontgin en dan te bewaak en te beskerm met dieselfde ywer en beslistheid as wat hy sy identiteit beskerm!