Ps. 119:129-136: “Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.” (:133). Die woorde van die Psalmdigter laat my dink aan die woorde van koning Asaf in Psalm 73:2&3. “Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly. Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.” Koning Asaf erken dat hy byna in hierdie saak gestruikel het. Hy het byna die weë van die HERE verlaat omdat hy na die goddelose rondom hom gekyk het en mense gesien het met wie dit heel voorspoedig gaan terwyl hulle buite die weë van die HERE wandel. Inteendeel, dit het vir Asaf gelyk het asof dit met diesulkes selfs beter gaan as met hulle wat in die wet van die HERE wandel.
Omdat politiek te make het met ‘n bepaalde beleid, gerugsteun deur ‘n vaste beginsel, spreek dit vanself dat sulke leiers wat daaroor met mekaar verskil. teenoor mekaar te staan sal kom, elk met ‘n gevolg wat saamstem met die beginsel en die beleid wat sy of haar leier propageer.
Die beginsel bepaal gewoonlik die sukses of mislukking van die beleid en in hoofsaak setel die verskil internasionaal en veral plaaslik, tussen Nasionalisme en Liberalisme. Nasionalisme is waar jy ‘n voorkeur vir die eie nasie en ras koester teenoor die liberalisme wat veral godsdienstig en staatkundig vrysinnig is. Uiteraard plaas dit mense in verskillende kampe wat in teenkanting teenoor mekaar te staan kom en selfs vyandig teenoor mekaar kan optree.
Dr Theuns Eloff en sy dissippels se verklaing is in wese ‘n witskrif , of moet ek liewer sê ‘n swartskrif van hoe ‘n mens ‘n mislukking vooraf beplan. Die pleidooie wat geeȉs word van die regering is gelyksaande aan die gedagte om die krummels van die grond af te lek, wat van die ANC se “gsteelde´ tafel afgeval het. Om voor te hou dat kulturele regte vir die Afrikaner opsigself die chaos in ons land kan besweer, is dwelmdenke. Kulturele regte kan die staatkundige aanspraak van die Afrikaner in Suid-Afrika in ewigheid nooit herstsel nie, en sy verklaring beklemtoon juis dat ons ondergeskiktheid aan swart dominansie gelate moet aanvaar.
Dit is steeds dieselfde Flip Buys, wat op 13 Maart 1997, drie jaar na de Klerk se abdikasie en tenminste 25 jaar se stryd, ‘n brief aan mnr Marais gerig het. Stryd wat deur mnr. Jaap Marais en almal van die Herstigte Nasionale Party van destyds, gevoer is om die voorsiende verval, wat Buys nou op kripties wyse in die Afrikanerkoerant van die HNP erken, te probeer voorkom! Buys se brief aan mnr Jaap Marais:
Hierdie brief het in die Afrikanerkoerant van die Herstigte Nasionale Party verskyn. Die AVP plaas dit met die doel om kommentaar daarop te lewer
Die verdiepende krisis in die land laat baie Afrikaners só moed verloor dat hulle meer oor die probleme kla as wat hulle iets daaraan doen. Dit geld selfs vir diegene wat al dekades gelede die komende krisis voorsien het, in ’n tyd toe hulle vir hulle versiendheid aangeval en uitgestoot is as politieke uitgeworpenes. Die gevaar bestaan dan dat mense ’n soort leë troos vind in die feit dat hulle reg was, in plaas daarvan om dit wat verkeerd is, reg te maak. Dit kan daartoe lei dat hulle in die praktyk merendeels heimweeklubs kan word wat terugdink aan ’n verlede toe dinge gewerk het, in plaas daarvan dat hulle skeppende en energieke organisasies is wat aan ’n beter toekoms bou.
Heb. 2:1-18:“maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.” (:6&7). Die skrywer herinner ons aan die bekende Psalm 8 waarin koning Dawid van dieselfde saak spreek. “wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
Wyle mnr. Jaap Marais wie se beginsel en beleidsrigting steeds deur die AVP verteenwoordig word, word tenspyte van die meerderheid Afrikaners se gebrek aan ondersteuning, feitlik daagliks reg bewys. Die feit dat Isaac Matshego, ekonoom van Nedbank, verduidelik dat Nedbank die regering se doeltreffendheid in die lewering van onderwys, behuising en sekuriteitsdienste monitor en hul maatstawwe daarop wys dat Suid-Afrika se regeringsdoeltreffendheid sedert 1996 in 'n afwaartse spiraal neig, bevestig die korrektheid van daardie herhaalde waarskuwings!