ROTTERDAM SE CHRISTENUNIE-RAADSLID MNR TJALLING VONK: "EK VERSTAAN NIE HOEKOM DIE GEBED NIE TOEGESTAAN SOU WEES OP HIERDIE ONDERWYSINSTELLING NIE"
Geagte leser. U onthou miskien nog ons onderhoud uit 2018 wat ons met mnr. Frans van Zaalen,
die partyleier van die ChristenUnie van die Albrandswaard se tak (Provinsie Suid-Holland) gehad het n.a.v. die verontwaardiging van die sosialistiese Party vir die Arbeid wat hom ten deel geval het toe hy drie Bybelaanhalings genoem het tydens 'n raadsvergadering, en die vraaggesprek wat ons in 2019 met mnr Henk-Jan Molenaar die partyleier van die Staatkundige Gereformeerde Party van die Woudenbergse tak (Provinsie Utrecht) gevoer het, vanwee die inisiatiefvoorstel wat deur dieselfde sosialiste saam met die partye Gemeentebelangen Woudenberg, Groen Links en die liberale VVD ingedien was om die gebed - waarmee eers elke vergadering begin het - te skrap.
2 Pet. 1:3-21: “IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”(:3&4). Geroepe as deelgenote van die goddelike natuur. ’n Saak wat myns insiens deesdae in ons godsdiensoefening heeltemal verwaarloos word. Daar is soveel fokus op die een of die ander wat die mens moet doen om ’n vreugdevolle en voorspoedige lewe te kan lei en die seën van God te geniet.
Kan daar dan ‘n groter gevaar as oorlog wees wat ‘n volk se voortbestaan bedreig? Die antwoord setel in ons volk se afgelope geskiedenis sedert sy ontstaan. Sonder om elke oorlog waarin ons volk betrokke was sedert die 1700’s tot en met die laaste wêreldoorlog in besonderheid uiteen te sit, was ons volk se betrokkenheid in die verskillende oorloë voldoende om ons volk se voortbestaan tot vandag toe te bevestig. Om die waarheid te sê was ons volk na elke oorlog hegter gebind en spreek ons taal in sy digkuns, letterkunde en woordeskat van nasionalisme, volkstrots, vaderlandsliefde en Godsbegrip wat aangrypend en internasionale verbasing en respek afgedwing het, aanduidend van die feit dat oorlog nie die einde van ‘n volk beteken nie!
Neh. 8:1-19:“En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is. Daarop het Nehemía — hy was die goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die Here julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor. Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting.” (:9-11).
PARTYLEIER MNR. BART VAN DER TANG VAN DIE SGP-TAK RHENEN: "NA DIE MENING VAN ONS PARTY IS DIT BAIE BELANGRIK DAT DAAR VOLDOENDE ONDERSTEUNING ONDER ONS INWONERS IS, ANDERS IS ONTVANGS OP DAARDIE PLEK NIE VERSTANDIG NIE"
Geagte leser. Ons het 'n interessante onderhoud in Nederlands gehad met mnr. Van der Tang, die partyleier van die Rhenense afdeling van die Staatkundige Gereformeerde Party n.a.v. die feit dat 'n asielsoekersentrum vir 200 bewoners, wat by die Prattenburg-landgoed gevestig sou word, nou
geskrap is. Op 23 Januarie het honderde inwoners van die dorpie Elst 'n inligtingsvergadering oor hierdie asielskuiling by die Prattenburg-landgoed bygewoon.
Die naweek het vrywilligers van 'n aksiekomitee, wat deur mnr. Jan Scheffer in die dorp gestig is, reeds 2 800 handtekeninge teen die asielhuisvesting ingesamel deur 'n petisie.
Talle inwoners van Elst wou hê die munisipaliteit moes hoogstens 120 vlugtelinge huisves en dat hulle ook eweredig onder die drie dorpsentrums verdeel moet word. 70 in Rhenen, 25 in Elst en 25 in Achterberg. Die burgemeester het nie gedink dit is 'n goeie plan nie, want verspreiding oor die drie dorpsentrums sou veels te duur wees. Ons het mnr. Van der Tang o.a. vrae gevra welke party in die raad voorstander was van dié blyplek en wat die rede was dat hulle daar mee ingestem het.
2 Kor. 12:1-10: “En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” (:9). Elkeen van ons het sekerlik al die hoogtepunt sowel as die laagtepunt van krag in ons eie lewe ervaar. Daardie kere wat dit gevoel het asof ons onstuitbaar is en geen ding op aarde vir ons ’n hindernis te groot of te klein kan inhou nie. En hoe maklik is ons nie deur klein hindernisse van hierdie hoogte afgewerp nie! Ons beland dan dikwels só laag in die afgrond van moedeloosheid dat dit voel asof niks in hierdie ganse heelal ons weer sal kan opbeur nie.