DIE DRENTHE PROVINSIE SE STATELID MNR. BERT VORENKAMP: "DIT IS ABSURD DAT STATUSHOUERS LANGS BEJAARDES BLY!"
Die behuisingsvereniging 'Woonborg' wil in die stad Roden se ouetehuis Noorderkroon
sogenaamde 'statushouers' plaas. Statushouers is persone wat eers asielsoekers was maar nou erken is as vlugtelinge.
Die Nederlandse bejaardes, wat nie meer selfstandig in hul eie huis kan bly nie, moet nou aanvaar dat hierdie voormalige asielsoekers langs hul gaan bly. Hierdie belaglike voorstel kom van die vroeër genoemde vereniging 'Woonborg', wat meen dit is reg om so te maak omdat hulle die eienaar is.
N.a.v. van hierdie plan het ons Drenthe se Statenlid vir die Party vir die Vryheid, mnr Bert Vorenkamp, vir verduideliking gevra. Meneer het op 3 Mei dadelik vrae gevra aan 'Woonborg'.
Dit is vir die AVP belangrik om name geheg te kry aan die “kriptiese” term, DIE GELDMAG waarna altyd los en vas verwys word as die mag wat skynbaar die hele wêreld beheer. Hoewel hierdie manne nie in regerings as politici sit wat mense soos F.W. de Klerk kon oorreed om sy volk te verraai sodat hulle daarby kon baat nie, beheer hulle deur middel van ekonomiese maatreels die politici in talle regerings om hulle doel te bereik
Dit is lank reeds nie net meer die AVP se voorspelde gevolg vir Suid Afrika nie, maar word reeds geruime tyd deur die outeurs van “verandering” én goedgelowige Afrikaners wat de Klerk op sy kranksinnige politieke dwaalpad gevolg het, erken en gekritiseer!
Steeds egter, is die de Klerkstigting met sy handperde Solidariteit en Afriforum oortuig dat rasseskeiding nie die oplossing is nie.
SENAATFRAKSIESEKRETARIS VAN VLAAMS BELANG MNR. PETER LEMMENS:DIE TV-REEKS WORD HOOFSAKELIK VANUIT 'N SOSIALISTIESE EN POLITIEK-KORREKTE PERSPEKTIEF VERTEL"
Geagte leser. In die eerste maande van 2023 is op die Vlaamse sowel as op die Nederlandse
televisie 'n reeks geloods wat as titel dra:Het verhaal van Vlaanderen. Dadelik was daar kritiek geuiter op die reeks omdat die storie nie op 'n regte manier die geskiedenis vertel nie. Ons het n.a.v. hierdie feit 'n insiggewende onderhoud gehad met mnr. Peter Lemmens, wat as fraksiesekretaris aan die party Vlaams Belang se senaat verbind is. Meneer Lemmens het in die Vlaams Belang-tydskrifuitgawe van 4 April 'n boekbespreking gehou omdat die boek wat oor die storie verskyn het, genuanseerder is. Ons het hom o.a. vrae gevra hoekom die skrywers van die reeks nie heeltemal die waarheid spreek nie, en selfs beweer dat België reeds bestaan het in die sestiende eeu.
Ons mislukte staat se oorsaak is niks anders as die dwelmdenke van FW de Klerk en sy apostels van die DA wat voorheen bekend was as die PFP. Dit is algemene kennis dat al vervel ‘n slang, bly hy steeds ‘n slang. As jy jou landsbestuur oorhandig aan ‘n krimenele bende moet jy nie hemel op aarde verwag nie. ‘n Misdaad sindikaat oorhandeig nooit sy lede uit aan die gereg nie.
Luk. 6:17-49: “Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” (:36). Barmhartigheid is een van die kenmerkende eienskappe van God. Ons lees in Exodus 34:6 van Moses se getuienis hiervan. “En toe die Here by hom verbygaan, het Hy geroep: Here, Here, barmhartige en genadige God, …;”. En baie jare later getuig die profeet Joël saam met Moses oor hierdie selfde eienskap van God. “…en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid,…” (Joël 2:13). En natuurlik is daar geen gebrek aan die getuienisse hiervan deur koning Dawid nie.
Job 41:1-25: “Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.” (:2)
Hierdie woorde is dalk iets wat ons samelewing met sy “die wêreld skuld my iets” mentaliteit meer gereeld moet hoor. Hierdie verwerplike houding is wêreldwyd onder veral die Westerse beskawing te bespeur. En dit is besig om samelewings te verrot. Ons kan dit ook hier naby aan ons sien. Dit is nie alleen die swart volke rondom ons wat hierdie mentaliteit het nie, maar ook onder ons eie volk is dit nie meer ‘n ongewone verskynsel nie.