Deur Peter Koenig Global Research, 30 Junie 2023
Die antwoord dring homself op: Waarskynlik die Satan self. Omdat daar geen internasionale wetgewing is wat sulke menslike tirannie toelaat nie. Dit is niks anders as 'n elite-gemaakte "Wêreld Orde" wat diktatoriale, militêr-afdwingbare bevele oor die mensdom afdwing. (Die AVP standpunt is ook dat hulle nie verkies of aangestel is deur enige volk of nasie of instelling nie! Waar kom hulle gesag vandaan waarmee hulle feitlik die hele wêreld intimideer? Watter papbroek regeerders is in lande verkies wat sulke tirannie toelaat om op hulle burgers aan wie hulle verantwoordbaar is afgedwing te word? Die Afrikanervolk is bepaald nie aan een van daardie organisasie onderdanig asook nie aan die ANC Regime wat in elke geval ‘n onwettige regime is wat deur bedrog in beheer van Suid Afrika gekom het!)
Matt. 10:1-42: “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.” (:37&38). Ons het in ons vorige oordenking na die lewens van die profeet Hábakuk asook Dawid en Moses verwys. Hierdie mense wat God nie alleen in tye van voorspoed liefgehad en gedien het nie, maar ook in tye van swaarkry en beproewing het hul liefde vir Hom nie verkoel nie.
MNR JAN VAN PUTTEN: : "ONS WOU MET ONS AKSIE DIE SLAGOFFERS ONTHOU WAT 40 JAAR GELEDE DEUR DIE TERREURORGANISASIE ANC OM DIE LEWE GEKOM HET"
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met 'n woordvoerder van die
Geuzenbond. Hierdie groep het op Saterdag 20 Mei in drie stede in Nederland straatnaamborde wat Mandela se naam dra tydelik gewysig in name van slagoffers wat op dieselfde datum 40 jaar gelede in Pretoria dood gelaat is toe 'n motorbom met 40 kg plofstof in Kerkstraat ontplof het. By die terreurdaad is 19 burgerlikes dood en 217 wreed vermink.Die aanval is deur die militêre vleuel van die ANC, uMkhonto we Sizwe uitgevoer.
Omdat die Geuzenbond ook 'n voorvegter is van die Nederlandse taal en hierdie verdedig, sal ons behalwe oor hierdie feit ook vrae stel oor aksies wat hulle gehou het op andere plekke in Nederland en Vlaanderen
MNR ARNO HUURDEMAN: 'NA MY SIENING IS HIERDIE UITSPRAAK 'N GROOT OORWINNING VIR VRYHEID VAN SPRAAK
Geagte leser.
Ons het n.a.v. die feit dat die Distrikhof van Sentraal-Nederland tot die gevolgtrekking gekom het dat die provinsie Utrecht nie mag ingryp teen mnr. Arno Huurdeman uit Baarn nie. Huurdeman is 'n boer wat sedert Augustus verlede jaar agt onderstebo Nederlandse vlae op die weiveld se landgoed langs die A1 deurpad geplaas het. Die hof is van mening dat die belangrikheid van vryheid van uitdrukking voorrang het bo provinsiale wetgewing, wat daarop gemik is om die landskap te beskerm.
Die boer het toe die vlae gehang as 'n uitdrukking van sy ontevredenheid met die die Nederlandse regering se stikstofbeleid. In April vanjaar het die provinsie Utrecht hom ingelig dat hy die vlae moet verwyder. Hy kry toe ook 'n geldboete van 1000 euro per week met 'n maksimum van 4000 euro. Mnr. Huurdeman het teen hierdie eis geappelleer en hy het die voorlopige regshulp versoek om die straf op te skort totdat 'n besluit oor sy beswaar geneem sal word. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met hierdie boer.
Die kantoor van die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OGSA) het sy jaarlikse oorsig van plaaslike munisipaliteite gepubliseer, wat ouditresultate vir die 2021/22-boekjaar dek Die oorsig het 'n algehele afname in die finansiële gesondheid van Suid-Afrika se munisipaliteite weerspieël, met die oorgrote meerderheid wat nie 'n skoon oudit ontvang het nie.
Háb. 3:1-19: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. ...” (:17-19). Ons weet dat Job saam met die profeet Hábakuk met reg kon sê dat hulle hoop in die lewe op die HERE was. Hulle het nie hul hoop op verganklike dinge, rykdom of voorspoed gestel nie, maar op die HERE.
Dit is blykbaar hierdie beginsel, wat die AVP as begin vir die oplossing vir die knel waarin die Afrikanervolk ons bevind, of nie verstaan word, of as onhaalbaar beskou word, wat Afrikanersaamhorigheid belemmer. Dit is tog nie ‘n vreemde benadering in ons volk se geskiedenis nie. Inteendeel was dit ‘n baie suksesvolle benadering wat teen die Engelse regering toegepas en baie geslaagd was. Die volgehoue afdwing van die Engelse taal in ons skole wat selfs met straf en vernedering teen ons voorgeslagte aangewend is, is bloot met leidelike verset teëgewerk totdat ons Afrikaanse taal in 1921 op die wetboek sy plek behaal het!