HART VOOR KAMPEN SE WOORDVOERDER MNR PIET BERGSTRA: ONS FRAKSIE HET DADELIK VRAE AAN DIE KOLLEGE VAN BURGEMEESTER EN WETHOUDERS GESTEL NA AANLEIDING VAN HIERDIE BERIG
Geagte leser. ’n Geheimsinnige koeidood tref beesboer Jaap Bos van die Gelderse dorpie
Noordeinde naby Kampen wat lê in die provinsie Overijssel.. Die afgelope jare het byna die helfte van sy koeie gevrek. Meneer Bos het ondersoek laat doen, maar die oorsaak is nog nie gevind nie. Hy vermoed dat besmette grond wat by 'n dyk opsypel, wat onlangs naby sy weiveld gekom het, die rede kan wees. As gevolg van hierdie ernstige situasie het ons 'n insiggewende onderhoud gehad met die woordvoerder van Hart voor Kampen, mnr. Piet Bergstra.
2 Kor. 3:1-18: “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17). Die mens het van nature ‘n diep-gewortelde begeerte na vryheid. Dit is seker daarom dat gesprekke wat handel oor vryheid ons maklik sal interesseer. En so val gedeeltes uit die Woord van God wat oor vryheid handel ook vir ons wel ter ore.
Ek het nog altyd gewonder of die DA se drywers met die maan gepla is. Om ‘n pakt te maak met die “maanmanne” is in wese ‘n selfontkenning. Dit is onhebbelik, soos om in al elf tale die ondergang van Suid-Afrika te bespreek sonder ‘n positiewe uitkoms.
Ons is nou weer in die aanloop tot ‘n algemene verkiesing. Uit vele oorde sal u nou aangepraat word om te gaan stem. Volgens hulle het jy kwansuis geen reg op kritiek as jy nie jou stem uitbring nie.
Rom. 4:1-25: “En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.” (:19-22).
HART VOOR BLOEMENDAAL SE FRAKSIEVOORSITTER, MEV. MARIELYS ROOS:
"ONS WORD GEDWING OM DIE PROBLEME VAN DIE CENTRAAL ORGAAN ASIELZOEKERS (COA) OP TE LOS TERWYL DAAR NIE EERS GEEN WOONSTELLE VIR DIE EIE BEVOLKING IS NIE"
Geagte leser. Ons het n.a.v. die feit dat die munisipaliteit Bloemendaal, in die provinsie Noord-Holland, verplig is om 90 asielsoekers in te neem, 'n baie insiggewende vraaggesprek in Nederlands gehad met die fraksievoorsitter van die Hart voor Bloemendaal-party. Mevrou Roos, wat toe met ongeveer 550 stemme gekies is deur die burgers van haar stad, Sy is sedert 2014 raadslid en vervul sedert Mei 2014 haar huidige funksie. Sy was amper twee maande 'n deel van die fraksie van Liberaal Bloemendaal. Daarna het mevrou in Junie die reeds genoemde party opgerig. Ons sal haar nie net vrae vra oor die dwingelandy by die opvang van asielsoekers nie (hierdie asielsoekers is afkomstig uit sogenoemde 'veilige lande' en bestaan glo net uit jongmanne). Ons sal egter ook gesels oor haar boek 'Alles is hier geheim', wat in 2018 in die winkelrakke gelê het. Hierin beskryf sy sake wat die lig nie kan verdra nie en toegesmeer word.
Voorbeelde is: 'n Raad wat geheime besluite neem tydens geheime vergaderings, wat kompromitterende inligting laat verdwyn, wat telefoongesprekke met inwoners geheim opgeneem word, en huisprokureurs wat in die hof lieg.
WOORDVOERDER MEV. LENNIE BUNNIK VAN DIE BURGERINISIATIEF 'BEHOUD ONS POLDERLANDSCHAP': "ONS BEPLEIT 'N DIREKTE EN GESONDE BALANS TUSSEN BOER EN NATUUR"
Geagte leser. Ons het 'n baie insiggewende onderhoud gehad met mev Lennie Bunnik,
verteenwoordiger van die burgerinisiatief 'Behoud Ons Polderlandschap'. Volgens mevrou is dié inisiatief bedoel om mense in te lig oor wat in De Meije gebeur met betrekking tot boere en stikstof. Sy bepleit 'n gesonde verhouding tussen boer en natuur en wil die natuur in haar dorp bewaar - want dit is hoe ons dit sien', sê Bunnik, .Ook is mevrou van mening dat die stikstofsensitiewe natuur en boere goed kan saamgaan as boere innoveer. Sy beklemtoon dat daar baie idees daarvoor is , maar dit val ongelukkig telkens op dowe ore. Net as die boere hoop sy dat die Boer Burger Beweging dit kan verander. en dat daar eindelik geluister sal word.