In 1994 het die Afrikaner ‘n geleentheid gekry om as volk te kies tussen voortbestaan of selfmoord met die aanvaarding van swart oorheersing, verkans deur die slovo grondwet. Elke verkiesing is ‘n herbevestiging en wettigheid van Afrikaner vernietiging ongeag vir watter party jy stem. Die slovo grondwet bepaal dat die Afrikaner onteien is van blank Suid-Afrika en gestroop is van enige regeerfunksie. Die konsekwensie van jou deelname aan die regime se verkiesings is ‘n daad van selfvernietiging wat vatsoenlikheid moet gee aan ‘n politieke orgie.
Fil. 4:10-23: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (:13). Ons het gedurende die afgelope paar dekades menigmaal die waarskuwingskrete teen die humanisme vanuit behoudende, Christelike oorde gehoor. Die verkeerdheid en gevaar van hierdie skewe lewensbeskouïng is van verskillende kante uitgewys. En dit is aanhoudend en herhalend gedoen juis om die erns hiervan te probeer beklemtoon. Ons is immers as gelowiges die verantwoordelikheid van waarskuwing en vermaning opgelê. “Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.” (Heb. 3:13).
Die AVP plaas graag hierdie uitreksel uit die uiters goed gedokumenteerde artikel van Professor Chossudofsky wat u in Global Research kan opkyk vir volledigheid. Dit bevestig die standpunt wat die AVP reeds op ons webblad met die aanvang van die sg. Pandemie gehuldig het dat daar nie ‘n pandemie was nie maar ‘n politieke aanslag vir wêreldoorheersing.
Deur MICHEL CHOSSUDOVSKY 17 SEPTEMBER 2023
Persoonblik verkies ek aambeie bokant enige parlementȇre party in die nuwe Suid Afrika. Die feit is dat enige uitgebragte stem vir watter party ookal ‘n stem is vir die ANC. Die slovo grondwet was ontwerp om die Afrikaner van enige regeerfunksie te stroop, om nie eers te praat van selfregering nie. Huidige toestande in ons land skets ‘n haglike prentjie van finansiële ondergang, chaos, plaasmoorde, korrupsie, onteiening en beurtkrag.
Ps. 24:1-10: “Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.” (:3-5). Ons word in hierdie gelese gedeelte aan ’n baie belangrike waarheid herinner. En dit is dat ons nie kan verwag om naby aan God te leef, om in ’n gesonde verhouding met Hom te staan sonder om met erns op ons lewenswyse te fokus en heiligmaking na te streef nie.
FORUM VIR DEMOKRASIE VAN LAND VAN CUIJK SE FAKSIEVOORSITTER MEV. MARIANNE AKKERMANS:"ONS PARTY STAAN ONWRIKBAAR VIR DIE REGTE VAN BOERE EN HUL GESINNE, EN DIE BESKERMING VAN ONS EEUE OU NATUURLANDSKAP, EN ONS VERWERP DAAROM WINDMEULS EN ANDERE NONSENS"
Geagte lesers, Ons het 'n fassinerende onderhoud gehad met mev. Marianne Akkermans, wat op Donderdag, 30 Junie 2022 as faksieleier van Forum vir Demokrasie (FVD) in die Land van Cuijk munisipale raad beëdig is.
Sy het meer as 'n jaar gelede 'n lid van die Forum vir Demokrasie geword tydens 'n vryheidskaravaan in die stad Venlo (provinsie Limburg), nadat sy 'n toespraak van partyleier mnr.Thierry Baudet bygewoon het.. Dié party het destyds deur Nederland getoer om onder meer te wys op die buitensporige maatreëls wat die regering getref het wat baie mense se vryheid ingeperk het. Ons het haar vrae gestel oor sowel haar insiggewende toespraak by 'Let Women Speak Utrecht', wat op Saterdag 9 September in hierdie stad gehou is, as die feit dat sy die samesmelting tussen die munisipaliteite Boxmeer, Cuijk, Grave, Mill en Sint Hubert en Sint Anthonis wil omkeer. Ons het haar ook gevra hoekom dit so belangrik is om goed te stem tydens die komende verkiesings wat in November sal plaasvind.
Hierdie skokkende gebeurtenis na dertig jaar van die mislukking en vernietigende effek van integrasie soos voorspel deur behoudende Afrikaners, laat ‘n mens duisel van verbasing oor die kranksinnigheid daarvan.
Die bedenklike verduideliking van die oorsprong vir die “versoek” om ‘n gedenkdiens vir die afgestorwe Zoeloefiguur, en dan nog in die Monumentgebou te hou, word onderstreep deur die “eenparige” instemming van die Voortrekkemonument se bestuur, ‘n feit waarop Langner uitdruklik klem gelê het.