Die voormalige onwettige “president” Jacob Zuma se onderneming om nie vir die ANC in volgende jaar se verkiesings te stem nie, het in die media ’n opskudding veroorsaak. Volgens politieke ontleders sal dit, volgens hulle, “waarskynlik” nie so ’n groot impak maak as wat hy dink nie.
Die AVP is van mening dat die feit dat die media Zuma se byeenkoms in Soweto, waar hy die nuwe party Umkonto we Sizwe aangekondig het by gewoon het, dui op die media se paniek en daaropvolgende onmiddelike aanslag op sy moontlike sukses, deur dit dadelik af te maak as ‘n oefening wat nie ‘n ernstige impak op die verkiesingsuitlag sal hê nie.
MEV. JEANETTE VAN KLAVEREN: "MOORD VAN ONGEBORE BABAS KAN NOOIT 'N OPSIE WEES NIE"
Geagte leser. Ons het 'n insiggewende vraaggesprek gehad met een vrou wat dikwels saam met
'n ander vrou waak naby 'n aborsiekliniek in die Suid Hollandse hawestad Rotterdam. Na ons siening wys dit van watter geestelike stoffasie sy gemaak is want hierdie wake is geensins sonder risiko nie. Voorstanders van aborsie verwyt hierdie vrouens dat hulle hul opdring, dog daar is nooit bewys gelewer dat dit ook gebeur. Ook word hulle stelselmatig swartgesmeer. Vanwee haar veiligheid het ons mevrou 'n skuilnaam gegee. Haar regte voornaam en van is bekend.
Die mens kan slegs tevrede gestel word deur die wete van die self en die eie lewensbeskouing. Dit is onselfsugtig om vir iemand anders te sterf, maar lafhartig om vir ‘n onderdrukker te lewe. So ervaar ons vandag BBBEE as aasdier politiek.
SKATTINGS VAN "POSITIEWE GEVALLE" IS BETEKENISLOOS. BEIDE DIE “LOCKDOWN” EN DIE "ENTING" HET GEEN WETENSKAPLIKE GRONDSLAG NIE.
Deur prof. Michel Chossudovsky
Global Research, 12 Desember 2023 Skrywer se nota en opdatering
Die wêreld is al meer as drie jaar in 'n krisistoestand, ondanks die feit dat die WGO en die CDC (met die gewone innuendos) onomwonde bevestig het dat die RT-PCR-toets gebruik is om elke enkele beleidsmandaat te regverdig, insluitend inperkings, sosiale distansiering, die masker, inperking van die arbeidsmag, sluiting van ekonomiese aktiwiteit, ens. gebrekkig en ongeldig is.
Dieselfde geld vir die bekendstelling van die mRNA-entstof in Desember 2020. (Die AVP se waarneming van die begin af! Maar kyk wie het saamgespeel!)
1 Sam. 16:1-13: “Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” (:7).
Die mens het maar die begeerte om deur sy samelewing aanvaar te word. En hierdie begeerte na aanvaarding speel seker ’n groter rol in die menslike gedrag as wat ons dalk besef. Ja, hierdie begeerte is so groot dat ons dikwels sal voorgee of dinge sal doen gewoon om ander mense te probeer beïndruk. Hierdie kan baie gevaarlik wees aangesien dit menigmaal daartoe lei dat ons só hard probeer om ander mense te beïndruk dat ons God in die proses teleurstel en selfs verloën.
www.gelofteland.org
Die grootste probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd sal ontrek soos talle volksgenote wel gedoen het. In die Afrikanervolk se bestaan was stryd, uit sy aard en omstandighede, ʼn wesenlike bestanddeel van sy hele geskiedenis. Die Blankes is swaar beproef in hierdie jare van stryd. Ons is beroof van ons lewensstandaard. Ons is beroof van ons sosiale sekuriteit en die politieke mag wat ons in hierdie land gehad het. Die res word stapsgewys van ons weggeneem soos ook ons eiendom wat sonder vergoeding gesteel word.
Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word.
GELOFTELAND
Die Blankedom is bekend vir sy onbaatsugtigheid. Weens sy hoofsaaklik Christelike inslag het die leuse "leef en laat leef" vastrapplek in die Blanke se denke gekry. Om aan andere te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê, bestaan as amperse vanselfsprekende beginsel by feitlik alle Blankes. Die vraag vandag is egter of hierdie uitgangspunt nie juis die ondergang van die Blanke gaan beteken nie, en daarby, of dit enigsins nog met redelikheid toegepas word.