Jer. 31:1-40: “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.” (:31-33).
Dit bly maar in die teologie ’n algemene gesig dat daar strominge is wat tot die uiterste gaan. Die een gaan in die rigting van ’n algehele verwerping van God se gebooie en gehoorsaamheid aan Sy Woord. Die ander gaan weer in die teenoorgestelde rigting van ’n slaafse onderhouding van insettinge en gebooie terwyl daar geen plek vir die werk van Christus en die Heilige Gees gelaat word nie.
Ons is by die einde van ‘n internasionale turbulente 2023. Steeds is daar ‘n voortslepende agteruitgang van ons eie land se toestand op elke enkele denkbare terrein van beskaafde, geordende, ontwikkelde en vooruitgaande landsregering. ‘n Agteruitgang wat Suid Afrika reeds tot gelykstelling met donker Afrika se moeras van rommelstatus afgetrek het, sonder vooruitsig van lig in hierdie donkerte.
Internasionaal is daar ‘n maalkolk van militêre ingryping van groot moondhede in die landsbestuur van kleiner onafhanklike state. Onverkose selfgeskepte ekonomies bemagtigde organisasies soos die Wêreld Gesondheids Organisasie, die Wêreld Ekonomiese Forum die Verenigde Nasies en ‘n hele handvol ander wat sonder dat hulle deur volke, lande of instansies daartoe verkies is, dwangmaatreëls op elke land en volk in die wêreld van toepassing maak deur derglike lande en volke se regerings se samewerking vir sulke dwangmaatreels daartoe te oorreed, korrupteer, dwing en/of omkoop!
Die begin van hierdie artikel onder die opskrif: ‘n OORLOG SONDER KOEËLS …. WAAR HET DIT BEGIN? Word deur Totius in besonderheid vanuit die Skrif verder belig sodat daar géén twyfel by u sal bestaan dat skeiding ‘n sonde word wanneer dit tot eenmaking gedryf word! Om net weer die draad op te tel, gaan lees weer die eerste artikel wat onlosmaaklik aan hierdie tweede deel verbind is!
Mag hierdie “sitaat” rigting in u en u kinders en hulle kinders se lewens vestig met die “ontbreekte” toerusting om u beginselstandpunt oor rasseskeiding nie net te regverdig nie, maar ook die sondigheid van die teendeel daarvan te kan uitwys! Daarmee is die skeldterm van “rassisme”, soos deur ons vyande misbruik, ook in die doofpot gestop! (Danie Varkevisser Afrikaner Volksparty)
1 Kor. 10:23-33: “Want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.” (:26). Paulus herhaal hierdie waarheid in vers 28. En dit is nie alleen deur die mond van Paulus wat die HERE ons hieraan herinner nie, geliefdes. Hy het alreeds deur die mond van Moses hierdie boodskap aan Sy volk verkondig.
“Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” (Deut. 10:14). En in Psalm 89:12 lees ons weer van Etan se getuienis hiervan. “Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid — Ú het dit gegrond.”
‘n Hoëveldse boer maak ‘n afspraak by die plaaslike verkeersowerheid vir een van sy swart werkers om ‘n bestuurslisensie te bekom. Die toetsbeampte vra vir die boer: ”Oom Barend, voordat jy die moeite doen, ken die man sy padreëls?” As jy van die boekie praat waaruit hy moes leer, kan ek onomwonde ja sê. Hy ken hom van voor tot agter en weer terug, antwoord Barend. Nou goed dan toets ek hom gou. John, wat is die eerste ding wat jy moet doen as jy ‘n nuwe voertuig gekoop het? Nou...die eersta deng....djy tjek hom die water en die oil, antwoord John vol selfvertroue.
Ons is nou weer in die vooraand van ‘n algemene verkiesing. Die parlementêre partye doen ‘n beroep op lewendes en selfs die dooies om ‘n stem uit te bring vir die party van jou “keuse”. Dit alleen moet jou nekhare laat rys. Dit is ‘n erkenning van die gemeenskaplike strewe van die partye tot die voortsetting van swart oorheersing.
Die slovo grondwet het swart oorheersing verskans wat geen keuse laat nie. Jy as kieser word vertel dat as jy nie gaan stem nie, jy geen rede het om te kla nie. Wat hulle nooit sal erken nie, is dat die klagtes dan nou juis gaan oor die gevolge van hul ontrou, vrotsigheid en verraad wat hulle vorige stemmery volgens voorspelling, op ons afgetrek het.
Die AVP poog om lig te werp vir die ongelowige en oningeligte postmoderne Afrikaners wat met skuld belaai is oor ons Afrikanervolk se rassebeleid van Afsonderlike Ontwikkeling. ‘n Bybelfundeerde beleid wat verketter is deur die Engelse, Jode en veral liberale predikante wat dr. D.F.Malan se slagspreuk van Apartheid in 1948, wêreldwyd as ‘n euwele beleid wat so euwel is dat dit as ‘n misdryf teen die mensheid, wat strafbaar is met die dood, voorgehou is!
Vir die ware Afrikaner nasionalis was dit egter van meet af aan Bybelsverantwoordbaar en ‘n antwoord op God se skeppingsorde as teenvoeter vir die sondige Babeloniese eenmakingsbenadering waarvan ons die gevolge vandag beleef! Ons plaas dit vanweë die lengte daarvan in twee aflewerings. Let daarop dat hierdie aanslag sonder koeëls reeds in 1944 op ons volk aangelê is en uiteindelik sukses behaal het met die moord op dr. H.F.Verwoerd op 6 September 1966! Hoeveel nader aan 666 wil u kom?