FRAKSIEVOORSITTER VAN DIE STAATKUNDIGE GEREFORMEERDE PARTY - VLISSINGEN TAK, MEVROU JANSE, "AANGESIEN ONS REEDS NOU, DEUR ONS SWAK FINANSIËLE POSISIE, NOULIKS ONDERHOUD AAN ONS STRAATMEUBELS KAN DOEN, IS ONS VAN MENING DAT DIT ONVERANTWOORDELIK IS OM NÓG GELD IN SO'N MONUMENT TE STEEK"
Na aanleiding van die Vlissingse stadsraad se besluit om nie in te stem met 'n slawernymonument nie, het ons 'n insiggewende onderhoud gevoer met mevrou Lilian Janse, die fraksievoorsitter van die Staatkundige Gereformeerde Party. Sy het verklaar dat sy nie daarvan oortuig is dat daar voldoende ondersteuning vir hierdie gedenkteken is nie.
Buitedien het die raad 'n versoenende hand uitgereik deur die uitvoerende komitee die opdrag te gee om om verskoning te vra vir die slawerny. Nog voor dit gebeur het was daar, op onwettige wyse, 'n monument op die boulevard van die stad geplaas. Dit het vir die merendeel van die munisipale raadsfraksies gevoel asof die versoenende hand nie aanvaar was nie.
Staatskuld het reeds rekordvlakke bereik en styg teen 'n kommerwekkende tempo. Dit beteken skulddienskoste oorskry nou R1 miljard per dag, aldus Dawie Roodt. Indien hierdie toestand, waar die regime elke dag een miljard rand moet opdok om net die rente te dek vir hulle opbouende skuldlas, verg dit nie baie verstand om te kan sien waarheen hulle met Suid Afrika oppad is nie!
Tensy daar aansienlike ekonomiese groei is of die staat besteding drasties besnoei, stuur die land af op finansiële moeilikheid.
FRAKSIEVOORSITTER VAN DIE LOKALE POLITIEKE FEDERASIE WESTLAND MNR DAVE VAN KOPPEN: "ONS WEIER DIT NIE NET VANWEË DIE DWINGELANDY NIE, MAAR OOK OMDAT ONS VIR ONS EIE INWONERS JARE LANKAL GEEN HUISE HET NIE"
Geagte leser. Wat die munisipale raad in Westland betref, kom geen asielsoekers na die Suid-Hollandse munisipaliteit nie, al word die raad op las van die 'Verspreidingswet' verplig om dit te doen.
Die politieke partye LPF Westland, Westland Verstandig, GemeenteBelang Westland, Forum vir Demokrasie en VVD Westland het eenparig besluit om tydens die raadsvergadering van 31 Januarie die sogenaamde Verspreidingswet - wat onlangs deur die Senaat aangeneem is - nie uit te voer nie. Ons het na aanleiding hiervan vir die tweede keer 'n onderhoud gehad met fraksievoorsitter mnr. Dave van Koppen, wat u ongetwyfel nog onthou van 'n onderhoud wat ons in Julie 2019 met hom gevoer het. Toe het sy party immers - net soos Westland Verstandig en Gemeentebelang Westland - nie ingestem met die koms van 'n Islamitiese skool nie. Ons sal vir hom vrae vra oor die versuim om die Wet te implementeer, asook oor die genoemde skool wat blykbaar in elk geval nou tog 'n feit is.
1 Pet. 2:1-10: “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.” (:9&10).
Geliefdes, wat ’n voorreg om ’n uitverkore geslag van die lewende God te wees! Maar terselfdertyd moet ons besef - wat ’n verantwoordelikheid.
Binne jou vel lê ‘n oorsprong wat strek vanuit ‘n verre verlede. ‘n Pigmentasie van interkoneksie wat die verlede met die hede verbind. Dit is ‘n samekoms van voorgeslagte in jou as wese. Jy is nou die ambassadeur van die nagelate spore van ‘n trotse wit nasie. ‘n Oorgeërfde seën het jou te beurt geval.
Jes. 29:1-24: “En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ‘n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil. Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons? o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?” (:13-16).
Op die tweede dag van 2024, in die stad Busan, Korea, het 'n terroris genaamd Kim (die moordenaar) probeer om Lee Jae-myung, die leier van die opposisieparty, die Demokratiese Party van Korea (DPK) met 'n tweesnydende dolk te vermoor, skryf Prof. Joseph H. Chung.
Die sluipmoordenaar, vermom as 'n bewonderaar van die opposisieleier, het Lee genader, Lee se handtekening gevra en met sy dolk vorentoe gespring en Lee aan die linkerkant van sy nek getref, Lee se aar deurboor, maar gelukkig nie die slagaar nie.