Geloof is gerig op die moontlikheid van verlossing op aarde en ook na die lewe self. (Vrede op aarde en in God ‘n welbehae). Goddeloosheid het nou ook magneties geword in die NG kerk. Die stem van die vreemde word nou gepropageer in hierdie land as sogenamde bevryding van ons as mens.
NP van Wyk Louw het dit goed vasgevang in sy skrywe oor Raka die aapmens. Die gemeenskap is vertel dat Raka toegelaat moet word in hul gemeenskap, want daar skuil niks sleg in hom nie. Raka is toe toegelaat in die gemeenskap wat ‘n spoor van verwoesting en bloed nagelaat het.
Dit is duidelik uit die vorige en hierdie media artikel uit Daily Maverick dat die Amerikaners begin besef dat dit dalk nie so ‘n goeie beleid was om die Afrikaner se beheer en bestuur in te sluit by hulle buitelandse beleid van “Regime Change” wanneer regerings nie aan hulle eise wil toegee nie!
Wanneer die mens sy wil op ander deur ongeregtigheid begin afdwing, figureer die beginsel van God se eis van gehoorsaamheid aan Sy gebod nie meer nie. Dit het noodwendig die gevolg dat ongeregtigheid ook in so ‘n regime se grondwet ingeskryf sal word en en dat onreg die oorhand oor reg verkry!
BLOOMBERG 8 April 2024
Suid-Afrika het meer as ’n jaar daaraan bestee om sy grootste handelsvennoot en grootste buitelandse belegger, die Europese Unie, te frustreer deur nie te reageer op versoeke vir ’n hoëvlakberaad nie,
>>> VOORMAN MNR EDWIN WAGENSVELD: "AS EK NIE IN DIE EEN STAD MY REG OM TE BETOOG MAG UITOEFEN NIE DOEN EK DIT SOMMER IN 'N ANDER STAD"
Geagte leser. Ons het 'n sewende vraaggesprek gehad met mnr Edwin Wagensveld, die voorman van Pegida n.a.v. van sowel die suksesvolle koranverbranding op Sondag 9 Maart. 2024 ism die anti-islamgroep SIAN (Stopp Islamiseringen Av Norge) by die Noorse parlementsgebou ( Stortinget) as sy protesdemonstrasie in Rotterdam wat op Vrydag 22 Maart het plaasgevind. Meneer Wagensveld het eintlik beplan om op Saterdag 23 Maart in Arnhem 'n koran aan die brand te steek. Maar vanweë die feit dat die Burgemeester van Arnhem verklaar het dat hy ondanks 'n groot polisiemag nie sy veiligheid kon garandeer nie, het hy die protes verbied. Wagensveld het op daardie weiering soos volg gereageer:
Ek wil graag vir jou dankie sê, @ahmedmarcouch ?? As daar iemand is wat dit duidelik maak aan die Kafir -- ons, die ongelowiges -- wat vir ons wag wanneer Islamiete in die meerderheid en in beheer is, is dit jy, Ahmed. Jy is die handboekvoorbeeld waaroor Pegida en ander al jarelank waarsku. Jy is 'n lobbyis vir die Sharia, wat die Kafir -- ons, die ongelowiges -- van fundamentele regte wil ontneem en jy kyk weg van geweld, dreigemente en terreur van jou eie godsdienstige gemeenskap. Ons het meer as 80 jaar gelede donker tye gehad, Ahmed. Selfs toe was daar mense wat ander in die naam van 'n bose ideologie onderdruk en burgers van fundamentele regte ontneem het. Selfs toe was daar mense wat dit nie aanvaar het nie en weerstand gebied het, en ek, die Kafir -- die ongelowige -- sal nie toelaat dat 'n Islamis soos jy my van my basiese reg om te demonstreer ontneem nie!
MEVROU ELISABETH VAN VLIET: "MYNS INSIENS IS DIT NIE INTIMIDEREND OF VEROORDELEND OM HULP AAN MA EN KIND TE BIED NIE."
'n Vrywilliger van die pro-life-organisasie 'Kies Leven' het Woensdagmiddag 20 Maart ses uur agter tralies by die polisiestasie in die Noord-Brabantse hoofstad, Den Bosch, deurgebring,
uitsluitlik omdat sy glo pamflette aan verbygangers uitgedeel het.
Sy is beveel om aan die ander kant van die kliniek te staan, wat sy geweier het. Die dame was van mening dat sy niemand pla nie. Omdat sy bly staan het waar sy was, was sy deur buitengewone ondersoekbeamptes na 'n polisiestasie geneem. Ons het n.a.v. hierdie feit 'n insiggewende onderhoud gehad met hierdie mevrou wat in haar eie woorde nie verwag het dat sy aangekeer sou word net omdat sy pamflette aangebied het nie. Op haar versoek laat ons haar onder 'n skuilnaam aan die woord. (ns haar regte voornaam en van is bekend):
Mat. 5:13-16: “JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.” (:13).
Op 6 April 1654, 370 jaar gelede, lê Jan van Riebeeck ’n gelofte af. Dit is twee jaar nadat hy met sy reisgeselskap in die Kaap aangeland het. En in hierdie gelofte bring Hy die eer aan God toe wat hulle reisgeselskap veilig van Europa na die Suidpunt van Afrika gebring het.
Van Riebeeck se opdrag van die VOC was om ’n halfwegstasie aan die Suidpunt van Afrika te vestig.
Matt. 28:1-10: “Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel. En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.” (:6-10).