Shaun Jacobs • 21 Februarie 2024
Daar is gevestigde belange agter die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-skema in Suid-Afrika, wat daarop gemik is om dit te gebruik om dele van die staat vas te lê en regeringshulpbronne te dreineer.
Dit is terugvoer van
, Wits Skool vir Bestuur, wat aan Newsroom Afrika gesê het dat die NGV 'n bedreiging vir beide die openbare en private gesondheidsorgstelsels is.
Nah. 1:1-15: “Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.” (:7).
Ons word in hierdie gedeelte deur die profeet Nahum aan twee kante van God bekend gestel. Die kant van God se toorn en wraak teenoor Sy vyande en andersyds die barmhartigheid, lankmoedigheid en goedheid teenoor Sy volk. Die een kant van God is so deel van Sy wese as die ander kant. Ons kan nie, soos menige mens deesdae probeer doen, vir God besluit dat ons van Sy liefdevolle kant hou, maar nie van die eienskappe van Sy grimmigheid en woede nie.
Ry saam met Mike Smith terug in die geskiedenis en tel die draad op waar hy in die stof en as van Suid Afrika gesmyt lê en vertrap word!
Die AVP doen die moeite om Smith se navorsing uit Engels te vertaal sodat ons jeug, en ook volwassenes wat uit die nasionale denkstroom uitgeprop was, weer toegerus kan word om die hedendaagse leuen van die waarheid te kan onderskei!
Daar was 35 aflewerings en ons plaas dit terwille van die lengte daarvan in 10 aflewerings, met erkenning aan Mike Smith vir ‘n monumentale stuk werk! Terwille van spasie het ons sy fotos weggelaat.
Fil. 4:10-23: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (Fil. 4:13). In hierdie brief aan die Fillipense lewer Paulus getuienis daarvan dat hy al menige uitdagende omstandighede in sy lewe moes trotseer. Hy maak ook spesifiek melding van die feit dat hy hierdie omstandighede nie uit eie krag trotseer het nie, maar deur die krag van Christus. Hierdie getuienis van Paulus raak ’n saak aan waarvan ons op verskeie plekke in die Woord lees. En dit is die besef en verstaan dat ons maar Een Bron van krag het waarop ons kan vertrou.

DAVID SORENSEN
David Sorensen is die stigter van die webwerf StopWorldControl.com en Hope for Humanity ministries. David het 'n meestersgraad in media en kommunikasie aan die Universiteit van Wetenskap en Kuns in Gent, België, en werk as 'n "sendingjoernalis" wat kritiese waarhede rapporteer wat deur hoofstroommedia gesensor word. Hy het agt boeke geskryf en verskeie webwerwe met 'n groot wêreldwye gehoor gebou.
Ps. 105:1 – 45: “Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.” (:4).
Geliefdes, ’n vermaning wat deur menig van God se boodskappers aan Sy volk gerig is, is hierdie een waar God die mens daartoe roep om Hom te soek. God vermaan en roep die mens daartoe om Hom van harte te leer ken en ’n goeie verhouding met Hom te bou. Hoe duidelik is hierdie wekroep van God nie ook deur die mond van die profeet Jesaja nie. “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.” (Jes. 55:6).
Dat die aanslag reeds baie jare gelede van subtiel na duidelik sigbaar en selfs fisies verskuif het, is onbetwisbaar. Die probleem is egter dat ons nie daarin kon slaag om ons Afrikanerburgers te oortuig van die gevolge van die totale aanslag indien ons dit nie gesamentlik by die stembus stuit nie!
Die slagkreet van verandering, alles verander mos en daarom moet ons saam verander of anders agterbly, was die oortuiging. “The WINDS OF CHANGE” van Harold MacMillan, eerste minister van Brittanje in die vroeg sestigs was egter deur wyle dr. H.F. Verwoerd ferm maar kundig gestuit en moes hy derhalwe fisies verwyder word sodat die verandering kon voortgaan.