Jes. 64:1-12:“En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.” (:7). Die profeet Jesaja maak in hierdie gedeelte melding van ’n baie belangrike saak. Hy verwys na sy volksgenote waaronder daar niemand is wat die Naam van die Here aanroep nie.
Volksgenote, welkom by ‘n reeks praatjies en standpunt-stelling van die Afrikaner Volksparty. Vandag praat ons oor die politieke teater in die nuwe Suid-Afrika. Ons is nou weer in die aanloop tot ‘n algemene verkiesing. Uit vele oorde sal u nou aangepraat word om te gaan stem. Volgens hulle het jy kwansuis geen reg op kritiek as jy nie jou stem uitbring nie.
Die werklike rede is om jou gevangene te hou binne die konteks van die Slovo grondwet.
Om lewens te red, is dit belangrik dat die Covid-19-entstof sonder versuim wêreldwyd gekanselleer en gestaak word!
Deur prof. Michel Chossudovsky Global Research, 9 Julie 2023 (Met Google vertaal in Afrikaans omgesit)
Gepubliseer op 1 Julie 2023. Opgedateer op 6 Julie 2023
Ek het sopas 'n belangrike artikel deur Dr. Emanuel Garcia wat fokus op hoeveel sterftes geassosieer word met die Covid mRNA-entstof sedert die begin van die Entstofprogram in middel Desember 2020.
Emanuel Garcia sê tereg dat die “bewyse daar is. Dit is oorweldigend”.

Dit is met leedwese dat ons verneem het dat Oom Marten du Preez vanoggend oorlede is, Hy was vir ons almal 'n voorbeeld as getroue volksgenoot en diep gelowige.
Johan Theunissen.
Ek wil graag daarby voeg dat Oom Marten 'n navolgenswaardige patriotiese Afrikaner was wat nooit sy bydrae tot ons volk se vryheidstryd afgeskaal of weerhou het tot aan die einde van sy lewe nie! In sy nalatenskap sal dit steeds voortduur as riglyn vir elkeen van ons wat ons bydrae hetsy deur fisiese betrokkenheid, ditsy finansieël, vir welke rede ookal aan ons stryd om weer vry te wees, ontsê het. Ek eer hom as 'n ware bittereinder en lofwaardige Afrikaner Strydros. Ons medelyde met elkeen van sy nasate en bid u toe die seën van ons hemelse Vader. Ons is saam met u dankbaar dat hy rustig en op natuurlike wyse op pad na sy ewigheidsbestemming kon gaan. Hy was beskerm en geseënd om in hierdie troebel tyd van ons volk se bestaan op so 'n wyse kon heengaan.
Danie Varkevisser.
Luk. 3:1-20: “Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.” (:18).
Daar is aan die meeste dinge op aarde maar altyd voordele en nadele aan verbonde. Die voordeel van voertuie is dat ons soveel makliker by ons geliefdes kan uitkom. Die nadeel hiervan is dat ons nou so maklik hierheen en daarheen rits dat ons al minder tyd maak om by ons geliefdes uit te kom. Die voordeel van selfone is dat ons soveel makliker met ons geliefdes kan kommunikeer, die nadeel hiervan is dat dit ook vir soveel ander doeleindes gebruik word dat ons meer tyd op hierdie toestelle as saam met ons geliefdes deurbring wat tot slegter menseverhoudings aanleiding gee.
Deur die groot gat van die ozoonlaag loer die duiwel om te sien wat vang die ANC nou weer aan. Hy prewel by homself – soos ek gedink het – Rasmal en magsbehep. Hy glimlag breed en behaag homself, daarin dat hy sy boodskap so goed gepropageer het. Die pragtige reënboogstorie wat die kommunistiese sekel verskuil daar agter. Elkeen vir homself en net die ANC en ek vir almal se welsyn. Ja, bekook die politiek met ‘n duisterheid sodat niemand kop of stert kan uitmaak nie.
Die diktatoriale optrede van die Nederlandse regering om die reg van sy burgers om hulle misnoë met die bestuur en beheer van die regering te betuig te ontneem deur ‘n noodtoestand af te kondig, is tipies van ‘n regime wat nie meer in belang van sy kiesers en die mandaat wat hulle deur verkiesing verkry het, te handhaaf nie. Die doel is om boere te keer om te betoog.