As jy vir “wolf” skaapwagter gemaak het, is jou boerdery daarmee heen. Een vir een sal jy geslag word agter die kraalmuur. Dit is geen geheim nie, want “wolf” het openlik verklaar – kill the farmer, kill the boer. Soveel boere het reeds die marteldood ervaar. Gegewe die tempo waarteen die moorde plaasvind, sal dit nie lank neem om ons land se boere leeg te moor nie. Êrens moet daar ‘n besluit geneem word om dit hok te slaan.
Jes. 48:1-22 “So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.” (:17).
Luister na die pragtige woorde van die Psalmdigter uit Ps. 119:7. “Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer.” Wanneer die Psalmdigter die verordeninge van die HERE ondersoek en dit leer, word sy hart met vreugde oor die regverdigheid en die heilsaamheid daarvan vervul.
KOM ONS BLAAI 'N BIETJIE TERUG IN DIE GESKIEDENIS OM TE KYK NA DIE KARAKTERS WAT AS BETROUBAAR MET DIE AFRIKANERSAAK BESKOU IS
Donderdag , 11 Februarie 2010
Onse Niel Barnard is vandag, presies 20 jaar nadat Mandela vrygelaat is, sommer pure grootman in die pienk media-nuus vir sy onontbeerlike rol in die hele proses. Sakkie is egter nie so seker dat onse doktor, soos hy dikwels genoem is, so gelukkig is met die hele verloop van sake nie. Volgens Operation Deep Search se ondersoekers het Barnard homself gesien as die man wat die ANC na die onderhandelingstafel moes bring om vir homself ‘n stewige posisie in die nuwe regering te verseker, maar ‘doktor’ het blykbaar nie in sy voortvarende jeug die wese van ‘n Swart kommunis geken nie.
Hoe groter die leun hoe meer aanneemlik is dit vir die oningeligtes. Apartheid is gesmous aan die wêreld deur Afrikaner haters so asof dit blanke oorheersing oor swart volke was. Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Apartheid het juis ten doel gehad dat een volk nie ‘n ander oorheers nie.
‘n Volgende wanopvatting is dat apartheid ‘n skending van menseregte was. Apartheid het juis menseregte in perspektief geplaas.
Nuwe studies beweer dat baie "Covid-pasiënte" deur toegepaste meganiese ventilasie dood is, maar ons het dit destyds geweet en nou skryf mense die geskiedenis oor. (Deur Kit Knightly Global Research, 23 Mei 2023) 'n Nuwe studie van die Noordwes-Universiteit het tot die gevolgtrekking gekom dat die meerderheid van "Covid19"-pasiënte wat ventilators gebruik het, eintlik deur bakteriële longontsteking dood is, nie deur die beweerde virus nie.
SGP-RAADSLID MNR HARM-JAN POLINDER: "MY PARTY HET DIE MOSIE NIE ONDERSTEUN NIE OMDAT DIE REËNBOOG VIR ONS 'N HEELTEMAL ANDER BETEKENIS HET"
Geagte leser, op hierdie webwerf is al talle artikels gepubliseer oor die dwingelandy van die sogenaamde diversiteit-lobby wat byvoorbeeld selfdegeslagverhoudings propageer en die
LHBTIQ- en genderideologie bevorder. Ons het al berig oor onderwysers wat verwarring skep deur vir kinders die vraag te vra: 'Is jy seker jy is 'n seun of 'n dogter?' Dit sal duidelik wees dat hierdie denkwyse lynreg indruis teen die woord van God, Wat immers alleenlik die man en die vrou geskep het. Die ander ding wat nie reg is nie, is die feit dat daar op talle plekke in Nederland, op 'Coming Out Day', die reënboogvlae wapper. Soos ons weet het hierdie reënboog in die Bybel 'n heeltemal ander betekenis. Daar is ook reeds christelike munisipaliteite waar die vlag op dié dag uitgehang word.
Ons het met die raadslid mnr Harm-Jan Polinder, wat in Nunspeet saam met sy kollegas die Staatkundige Gereformeerde Party verteenwoordig, 'n insiggewende onderhoud gehad omdat sy fraksie as enigste party die mosie van die linkse partye PvdA en GroenLinks nie ondersteun het nie.
Waarvoor staan die Afrikaner Volksparty?
Inleiding:
Wat vanoggend hier gebeur, is nie net van historiese belang nie, dit is die kulminering van 40 jaar se frustrasie deur versaking van beginsel en beleid, met die vernietigende gevolg wat ons tot op die rand van totale uitwissing as Afrikanervolk gebring het!
Kyk vir ‘n oomblik om u rond,...... raak bewus van die gees van stryd en vernedering, van verguising, van onreg en verdrukking. Maar voorsitter, word tegelyk gewaar van die nalatenskap van... eerbare volksleiers en beklee uself vanoggend met die wapenrusting, aan die nageslag deur hulle (fotos teen die muur) nagelaat en wat hierdie historiese gebou adem , nl. onwankelbare geloof in die God van ons vaders, die gees van verset teen die onreg ons aangedoen, die wil tot behoud van ons Godgegewe erfenis en die moed vir die oënskynlik onoorwinbare stryd.