30/12/2018
O HERE, U wat die nasies skei en die grense van ons woonplekke vasstel, het ook aan ons ‘n eie Vaderland geskenk. Deur swaarkry en beproewing het U ons volk gebrei en tot selfstandige volkskap gelei. In die stryd teen roofdier en barbaar, geknel deur droogte en rampe, het U ons Voorouers gehard en uitgered in tye van Nood. Dit het hulle geleer om hule knieë te buig voor U. Al ons stede en dorpe was om kerke gebou. In tye van afdwaling, het U deur beproewing ons weer teruggeroep. In ure van nood het U ons hulpgeroep gehoor. Ons dank U vir U besondere barmhartigheid, Leiding en Genade.
2 Pet. 1:3-21
“En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;” (:5-8).
Suid-Afrika word algemeen beskou as ‘n “Christelike land”. In 2001 het bykans 80% van die bevolking verklaar dat hulle Christene is. As hierdie opname dan korrek is – waarom lyk hierdie land soos wat dit vandag lyk? Die bevolking is negatief. Die ekonomie is op die randjie van ‘n ineenstorting. Die infrastruktuur stort in duie. Die regering van die dag en hoë sakelui is korrup. Die mediese- en ander dienste is in ‘n chaotiese toestand. Daar is soveel kerke wat dwaalleer verkondig en talle mense vind nie meer ‘n geestelike heenkome nie. Dit lyk veel eerder na die slagveld van Satan as ‘n woonplek van God.
Die ontstaan en voortstuwing van die Afrikaner Volksparty was ‘n noodwendigheid vir die herbekragting van ons volk se Nasionalistiese beginsels en strewes. ‘n Betuiging van kontinuïteit tussen verlede hede en toekoms. Dit is ‘n party wat trots is op sy diep wortels in Suid-Afrika as Vaderland. ‘n Party met sy oog steeds op die horison waar hy ‘n skoner en mooier dag sien breek oor blank Suid-Afrika. ‘n Party met visie en vêrgesigte wat nie onwerklike drome droom nie maar volksideale daadwerklik nastreef.
Oupa, Ouma, ons land is in ‘n gemors, om dit lig te stel! Was dit moontlik om dit te voorkom? Indien wel, hoe kon dit voorkom gewees het, en indien nie, waarom nie? ‘n Brandende vraag wat ons nageslag sekerlik gaan vra en die reg het om te vra! Wat sommiges selfs nou-al vra!
Dat daar in elke mens se lewe ‘n tyd kom waarin jou antwoord op sekere vrae lotsbepalend gaan wees en waar géén geleentheid vir enige vorm van ontduiking deur slimpraatjies, wit leuens, ontwyking, misleiding of uitoorlêery gaan help nie maar eerder gaan bydra by die bepaling van jou lot.
So het die politieke besluite wat ons geneem het na die sluipmoord op dr. Verwoerd, ‘n ingrypende invloed gehad op die gangbare toestand in Suid Afrika. Het die besluite wat ons vandag en môre neem, ‘n positiewe of negatiewe invloed op hoe dit in die toekoms gaan lyk en hoe dit ons gaan raak.
JESAJA 61
1 LUISTER na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
2 Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig.
3 Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
4 Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want ’n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as ’n lig van die volke.
MNR. KERST HUISMAN: "EK PROTESTEER MET MY AKSIE TEEN HIERDIE ONREGVERDIGE VONNIS"
"IN MY OË IS MEV. JENNY DOUWES DIÉ SIMBOOL VAN DIE PADBLOKKADE".
Ons het 'n insiggewende vraaggesprek gehad met mnr Kerst Huisman wat op Donderdag 23 November in die Friese stede De Harkema (Harkema) , op Dinsdag 4 Desember in Surhústerfean (Surhuisterveen) en op Woensdag 12 December in Drachten gewandel het om te protesteer teen die uitspraak van die regbank wat die 34 sg. Blokkeerfriezen veroordeel het. Soos bekend is het hulle hul motors op die pad van die A4 geparkeer net om hul kinders te beskerm teen die gemors wat die Sinterklaasfees in Dokkum wou teiken. Die motoriste wou nie hê dat dit versteur moes word nie.
"Meneer Huisman wat bracht u tot deze ludieke actie?"
Die verwagtings wat die Internasionale Wêreldordedrywers probeer bewerkstellig het met die Ramaphosa aanstelling,het nog kant nog wal geraak. Die deurlopende verval, korrupsie, wanbesteding, gebrek aan beplanning,
toenemende moord en verkragting sedert 1994 het in 2018 toegeneem tenspyte van Ramaphosa!.
Die doel daarmee was ooglopend om ‘n klimaat te skep waarin die Afrikaner dermate gedemoraliseerd moes raak, dat enige verandering aanvaarbaar moes wees en die aandag afneem van die feit dat ons besig is om van ons land en alles wat daarmee saamhang, beroof te word.